Nuut bygevoeg: wys / wegsteek
VIDEO
Onlangse inskrywings
Maandag 25 Oktober tot Vrydag 5 November (opening op 22 Oktober) Die Vriende van Helpmekaar Trust bied einde Oktober ʼn uitstalling aan van skilderye deur Karin Preller, ʼn oud-Helpie wat ná matriek in 1980 eers regte gaan studeer het en daarna visuele kunste. Ná die voltooiing van haar meestersgraad in 2001 het sy gereeld uitgestal en haar laaste solo-uitstalling, Almost No Memory, was verlede jaar kort voor die koronaviruspandemie. Haar werk is in die versamelings van die Johannesburg Kunsmuseum, Sasol, Absa, Unisa, Oliewenhuis-kunsmuseum, die ATKV, die kantoor van die Openbare Beskermer en Standard Bank. Sy is tans besig met ‘n doktorsgraad aan die Universiteit van Johannesburg. Prof. Derek van der Merwe, voorsitter van Helpmekaar Kollege se direksie en lid van
Onlangse inskrywings
LitNet se Stemme is ’n reeks van 10 kort, kragtige monoloë, geskryf deur gevestigde en opkomende dramaturge, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Antoinette Kellermann vertolk Breyten Breytenbach se monoloog Teenstemtweespraak. Breyten belig die teks, spesiaal geskryf vir Stemme, LitNet se monoloogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en KKNK, as volg: “Die onderliggende van die kort teksie is natuurlik dat die aktrise ’n brief ontvang van ’n afgesterfde woordvermorser wat kla, wat graag wil ‘terugkom’ om ‘by die huis’ begrawe te word, en sy het reeds genoeg probleme van haar eie (waarvan die woordvraat nie enige benul het nie) – en vir wat wil hy haar nou so kom pla?” Marthinus Basson het die regie waargeneem.
Onlangse inskrywings