Teenstemtweespraak
2021-09-16
LitNet se Stemme is ’n reeks van 10 kort, kragtige monoloë, geskryf deur gevestigde en opkomende dramaturge, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Antoinette Kellermann vertolk Breyten Breytenbach se monoloog Teenstemtweespraak. Breyten belig die teks, spesiaal geskryf vir Stemme, LitNet se monoloogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en KKNK, as volg: “Die onderliggende van die kort teksie is natuurlik dat die aktrise ’n brief ontvang van ’n afgesterfde woordvermorser wat kla, wat graag wil ‘terugkom’ om ‘by die huis’ begrawe te word, en sy het reeds genoeg probleme van haar eie (waarvan die woordvraat nie enige benul het nie) – en vir wat wil hy haar nou so kom pla?” Marthinus Basson het die regie waargeneem.
Mees onlangse inskrywings
Hierdie bladsy is 'n wyser na:
Drama | LitNet
platform: litnet
merker: lees
Die doel van die wyser is:
1. Sodat mense kan sien watter detail van hulle blogs of webladsye hier geindeks is.
2. Vir nuwe blogs en webbladsye help dit dat soekmasjiene hulle kan opspoor.
- Besoek gerus die blik voorblad vir die nuutste publikasies wat aan jou 'n goeie oorsig gee van wat in Afrikaans op die Web gebeur.