blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
lees: verhale, skrywes, opinies, blogs, stories, boeke, geselsies, interessanthede
Is jy ‘n gelowige, en wil jy jou bediening laat groei? Hier is hoe dit in die Bybel gedoen is. Handelinge 2:41, 2:47b, 4:4, 5:14, 6:1, 6:7, 9:31, 11:21, 11:24b, 16:5, 17:4, 17:12, 17:34, 18:8 en 19:10 vertel ons keer … Lees voort →

Onlangse inskrywings

26 Mei 2019Ons is vanoggend net na ontbyt in die Geblergasse Hotel oppad Praag toe. Eers sukkel ons ‘n hele tydjie om ons gehuurde Fiat Talento uit hul nou garage te kry. En ek bedoel nou! Vienna is naby die Czech grens en ons stop by die eerste petrol-plek langs die pad om ‘n Vinjette te koop. Dit is die padbelasting in Czech, Hongarye en Slovenië. In laasgenoemde was dit 30 euro en vir Praag betaal ons 17 euro. It all adds up.My eerste indrukke van Praag is goed. Hulle het mooi ou geboue. Die Charlesbrug en brugtoring is sover vir my die mooiste. Hul mense is vriendelik en hulpvaardig, hul melk smaak erg baie na koei en hul


Onlangse inskrywings

by Hans Myburg N Graansillo in Weethalle


Onlangse inskrywings

ILeon de Kock se biografie van André P. Brink (André P. Brink en die spel van die liefde) aktiveer 'n belangrike debats- en brandpunt. Wát mag in 'n biografie opgeneem word en wát moet liefs verswyg word?Is dit dalk hierom dat Barthes sy outobiografie in die derdepersoon geskryf het: Roland Barthes par Roland Barthes?V.S. Naipaul het indertyd opgemerk dat hy nie omgee wat oor sy turbulente lewe geskryf word nie. Kennelik 'n man wat gevoel het dat sy romans steeds sou bly staan.My life is short. I can't listen to banality.Daar is ook skrywers wat soos 'n poppemeester beheer word deur die biograaf sodat lesers wat die werklike skrywer geken het dikwels voel dis 'n hagiografie.Mag 'n ander mens ingesleep


Onlangse inskrywings

Vertel ons ietsie oor jouself? Vorige boeke? Is jy self ‘n hekelaar? Wat beteken hekel vir jou persoonlik? Ek woon in Johannesburg en werk in Inligtingstelsels. Ek het twee romans op my kerfstok: Sabina’s (onder die skrywersnaam Nadia de Wet) en Heildronk op ‘n Gypsyromp. Dit het onderskeidelik in 2008 en 2010 verskyn. Ek het vir lank nie geskryf nie omdat Inligtingstelsels my ingesluk het. Ek hekel self, maar sal my nie uitgee as ‘n voorslag nie! Ek geniet dit vreeslik en dit help my beslis om stres te ontlaai. Al die tellery help geweldig: mens kan mos nie tel en stres tegelyk nie. Vertel ons meer oor Hilda Steyn? Wat is haar spesifieke bydrae tot die boek? Wat


Onlangse inskrywings

Banaras aan die Ganges-rivier in Indië. Banaras (voorheen Waranasi/ Varanasi) is 'n heilige stad van die Hindoes in Indië aan die Ganges, in die Indiese staat Uttar Pradesh. Die stad lê in die noorde van die land en is een van die heiligste stede vir Hindoeïsme ter wêreld. Daar is ongeveer 1,700 tempels en ’n groot aantal moskeë en torings. Jaarliks dring ’n miljoen pelgrims saam op die trappe wat na die rivier lei, om in die heilige water te baai. Banaras het ’n groot handel in landelike produkte en is bekend vir juweliersware, systowwe, tjalies, speelgoed, ens., en veral vir koperware. Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965 Laat weet as u oor addisionele inligting beskik


Onlangse inskrywings

Die vrome goeies weet in fyn besonderhede selfs van vreemdelinge se kwaad.

Onlangse inskrywings

Dankie aan Hester vir die week se Lê-jou-eier uitdaging. Met my rug stokstyf gespan sit ek tussen Hitler en Mark Twain. Ek het lankal opgegee om te probeer sin maak van die twee se politieke gepratery. Gasvry die was ek wel, maar nou bevind ek myself in ‘n doodloopstraat. “Waar bly Frannie.” Sy het my belowe om die tweede skof – wanneer die twee mans, en sy bietjie gesuie is – te kom uithelp met die geselsskap. Haar insette sal definitief meer intelligent wees as die paar woorde wat ek vanaand geuiter het. Dit lyk in elk geval of die twee mans hulle whisky kan vat. Sy moet nou net nie te diep in die bottel loop kyk


Onlangse inskrywings

Ma, Gabby het vanoggend wakker geword en gesê, bel my ouma, ek gaan vanaand by hulle slaap. En natuurlik ontdek sy toe haar Rock Star partytjie rok! Oupa, dans met my!!! Hy het, ouma het Dancing Queen musiek opgesit. So. Sondagaand, en hier weergalm Mamma Mia alweer in die huis! Ouma se kind… En ons twee sing saam, en giggel! Arme oupa het kamer toe gevlug. Nee my vrou, nie alweer nie! Maar engel onthou, ons het DRIE kleindogters wat hierdie musiek-wêreld ontdek. En net een ouma wat dit saam met hulle doen.


Onlangse inskrywings

KOOP HIER | BUY HERE Hekel en word heel 295.00Hekel ’n pad na genesing Hier is ’n hekelboek met ’n verskil. Vir die eerste keer in Afrikaans vertel vroue hoe hekel hulle deur moeilike en donker tye gehelp het. Stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, die dood van ‘n kind tot emosionele en fisieke mishandeling. Een-en-twintig dapper vroue maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Omstandighede wat nie verander kan word nie, word deurgaans op ’n konstruktiewe en kreatiewe wyse hanteer en Hekel en word heel vier hierdie vroue se onblusbare gees. Die leser sal vol hoop voel ná die lees van die stories. Ons het ’n


Onlangse inskrywings

Joernaal Dit is Sondag. ‘n Dag van net rustig wees en Gilmore Girls kyk op Netflix. Dit is ook amper twee weke na my operasie en ek is goed oppad na herstel, iets wat nie eintlik so maklik was soos wat ek eers gedink het sal wees nie. Stel dit so, ek voel heelwat beter as wat ek ‘n week gevoel het nadat ek vir dae aaneen op onsoliede kos geleef het en baie geslaap het as gevolg van die swaar medikasie. Die aand van die operasie was ek ontslaan en my ouers het my huistoe geneem en vir my gesorg. Ek was baie moeg as gevolg van die verdowingsmiddel en al wat ek wou gedoen het was


Onlangse inskrywings

Liewe Dagboek, ek weet spring cleaning word gewoonlik in die lente gedoen, maar hier by my is die kalf in die put. Alles is vol stof en niks is meer op sy regte plek nie. Met die rondskuiwery van die meubels en ander gebruiksartikels, moet ek op ‘n skattejag gaan om tog net ‘n skoon handdoek beet te kry. Ek het dus my tyd daaraan gewy om die huis min of meer in orde te kry. Dit beteken dat ek letterlik die hele dag op my stofsuier rondgery of aan die wasgoedpale rondgehang het. Alles is min of meer leefbaar, behalwe die Karen se kamer – ek het net vir haar ‘n slaapplek in orde gekry,

Onlangse inskrywings

Dit is Sondag. ‘n Dag van net rustig wees en Gilmore Girls kyk op Netflix. Dit is ook amper twee weke na my operasie en ek is goed oppad na herstel, iets wat nie eintlik so maklik was soos wat ek eers gedink het sal wees nie. Stel dit so, ek voel heelwat beter as wat ek ‘n week gevoel het nadat ek vir dae aaneen op onsoliede kos geleef het en baie geslaap het as gevolg van die swaar medikasie. Die aand van die operasie was ek ontslaan en my ouers het my huistoe geneem en vir my gesorg. Ek was baie moeg as gevolg van die verdowingsmiddel en al wat ek wou gedoen het was om in die

Onlangse inskrywings

‘n Mens gaan gewoonlik met redelike selfvertroue deur die lewe en dan gebeur daar iets onverwags wat jou weer laat besef dat jy glad nie in beheer is nie. Met ‘n skok hoor ek die week dat my onkoloog aan ‘n hartaanval oorlede is. Ek het nooit gedink dokters gaan dood nie. Hulle tree gewoonlik af en dan hoor jy niks verder van hulle vir ‘n paar jaar en as hulle dan dood gaan, sug jy… “Hy/sy was darem ‘n goeie dr.” As jy egter nog onlangs land en sand gesels het en hy van sy planne vir jou vertel het, is dit anders. Hierdie man het was toe dit baie sleg met jou gegaan het, die een met


Onlangse inskrywings




Onlangse inskrywings

  Bedevaartslied (Psalm 121) Ek slaan my oë op na jou skouers en jou nek dan weer af na jou borste en jou dye waar sal my hulp vandaan kom? my hulp is in die naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het want ek wil onheil pleeg in sonde met jou leef jou sonsteek gee bedags jy moet so jags wees snags… Lees meer

Onlangse inskrywings

Grafika: DWV Morgon och infart . Havstruten, solskepparen, styr sin väg. Under honom är vattnet. Oggend en aankoms . Die seemeeu, sonskipper, stuur sy koers. Onder hom is water. Die wêreld sluimer nog soos ’n veelkleurige klip onder die water. Onverklaarde dag. Dae – soos skriftekens van die Asteke! . Musiek. Ek staan gevang in die Gobelin-tapisserie, met arms in die lug – soos ’n figuur uit die volkskuns. Gobelin-tapisserie


Onlangse inskrywings

Mens moet handewas as jy met vullis gewerk het. Hoe ek gaan skoonkom, weet ek nie. Pas terug van ‘n wandeling op ‘n eg-Afrikaanse webblad. Daar gons dit oor gister se inhuldiging op Loftus. En daar was nie een enkele blou makarapa met wit horings nie. Goeiste Verbaas ek my vir wie toe vir FW […]

Onlangse inskrywings

First published in Die Burger, March 2017 As jy ‘n pikkewyn op ‘n dak sien koning kraai, is jy op die regte plek Met die naderry sien ek ‘n uitgelate pikkewyn, snawel na die hemel gestrek, op die dak van die pikkewyn-en-seevoël-sentrum in Kleinbaai naby Gansbaai. Sy – dalk haar – uitbundigheid is aansteeklik. Met die uitklim doen ek onwillekeurig ‘n paar Happy Feet-danspassies. Die Afrika-Pikkewyn-en-Seevoël-Sentrum het in Februarie 2015 hul deure oopgemaak. Met my besoek was ek gelukkig genoeg dat daar verskeie pikkewyne was waarna ek kon kyk. Een pikkewyn het in een hoekie op sy eie gesit en vere vir die ander pikkewyne gevoel. Maar met ‘n houding, gehoor. So asof hy homself as verhewe bo die ander


Onlangse inskrywings

Dit is weer daardie tyd van die Jaarvergadering. Re-organisasie. Die werwing van stemme, nie op ‘n politieke grondslag nie, maar amper net so ernstig. Dit is nou vir die bestuur van die Duitse Sportklub en vir die direkteure van die plaaslike koöperasie. Verlede naweek, die van die sportklub en vandag, Sondag, die van die koöperasie. Eersgenoemde, ‘n rustige byeenkoms. Geen verrassings nie en afgeloop, soos beplan. Die prosedure hier, is as volg. ‘n Groep besluit, hulle wil graag aan die stuur van sake staan en hulle kom dan op lys A, indien ‘n ander groep, voel dat hulle, dit wil doen, kom hulle op lys B. Indien ‘n persoon, van die vloer af voorgestel sou word, besluit hy/sy,


Onlangse inskrywings

Ek is baie bly om Nieu Zeeland te kan verwelkom! Versprei asb my link aan Afrikaanse mense. Julle en Australië lê op my hart!


Onlangse inskrywings

Saterdag 25 Mei was ‘n besige dag gewees. Net voor agt opgestaan; gestort; pap geëet en eerste bondel wasgoed in wasmasjien gesit. Trompie geloop. Bertus wou die oggend kom werk aan sy “bordjies” maar laat weet hy gaan die oggend “design”werk doen. Ek het drie bondels wasgoed gewas. Om twee uur moes ek ‘n vergadering … Continue reading "Liewe Dagboek: Dag 25 & 26 Mei"

Onlangse inskrywings

Vir sy program in Johannesburg sluit Ben Schoeman die werk van Kodály, Tsjaikofski en Rachmaninoff in – werke met besonderse klankkleurmoontlikhede asook melodiese prag Deur JOHAN MYBURG Ben Schoeman, die Suid-Afrikaanse konsertpianis wat ‘n geruime tyd al in Londen woon, is op 8 Junie in die Linder-ouditorium, waar hy ‘n uitvoering vir die Johannesburg Musiekvereniging (JMV) sal gee. Ben het in 2016 sy doktorsgraad in musiek aan die City, University of London en die Guildhall School of Music and Drama verwerf. Schoeman is nietemin geen vreemdeling in Suid-Afrika nie, soveel te meer sedert hy ‘n pos as senior lektor aan die Universiteit


Onlangse inskrywings

Musiek: Wasgoedlyn

Onlangse inskrywings

Ons mensdom het die geneigdheid om ander mense een of twee keer te probeer help en dan te verwag hulle moet wees waar ons is en nie meer foute maak nie, asof ons self ook nie foute maak nie. Ons vergeet dat ons omstandighede dalk heeltemal anders is as die ander persoon s’n, dat ons dalk geleenthede en voorregte gehad het wat die ander een nie gehad het nie. Die ander persoon het dalk ervarings en omstandighede in sy lewe gehad, en het dalk steeds, wat hom kniehalter of onseker maak om sekere dinge te doen. Ons vergeet dat ons al 56 jaar, of hoe oud elkeen van ons is, groei en werk aan onsself. Ons het nie gekom waar

Onlangse inskrywings

Partykeer kort ‘n mens so grondpad in jou lewe. Of jy dit loop, of jy dit ry te perd of met ‘n voertuig. Enige een gaan werk. Dit is die idee wat tel. Dit maak jou kop skoon. Hoe verder jy met die grondpad ry, ry jy eintlik in die toekoms in en die verlede bly stukkie vir stukkie of meter vir meter agter. ‘n Grondpad is soveel beter want jy moet hele tyd fokus om mooi te ry deur al die gate en die slegte deel van die grondpad. Dit help met die rowwe pad wat jy agter los soos jy vorentoe ry.

Onlangse inskrywings

Een van die mees bekende karakters uit die wêreld van mitologie wat redelik algemeen in fantastiese stories voorkom, is Medusa. Sy is ‘n gruwelike heksagtige wese met slange vir hare, en die bose eienskap dat enige persoon wat haar aanskou … Continue reading →

Onlangse inskrywings

As kind het ons nooit luukse vakansies gehad nie. Nie see of bos vakansies nie. Maar wel plaasvakansies by van my stiefpa se familie. Twee verskillende plase maar altwee in die Vrystaat. Ons het so week op die een en n week op die ander en. Gekuier dit was van my lekkerste vakansies ek het nie omgee as die maatjies oor hulle see vakansies vertel het nie. Want ek was op die plaas. Die oopstes die gasvryheid plat sout op die aarde mense. Om te gaan kyk wat hulle op die lande doen. Laat aand kuiers op die stoep ek wat op n matras le die volgende oggend in die kamer wakker word En later jare hoe die kuiers minder

Onlangse inskrywings

What a wonderful gift: “In fact, I want you to take an entire day off every week. You don’t have to, but I invite you to gladly because it will shape your soul. One day out of every 7, step out of the routines and paces of this world to declare and remember your freedom from them. My peace and freedom are not an equation. They are not dependent on any conditions of this world. They are a gift that is continually poured out by the Holy Spirit – your advocate sent by my Father to remind you of all these things.” May we respond to His invitation to Sabbath this week in ways that

Onlangse inskrywings

van ‘n paar weke, is ek weer terug hier met ietsie vrolik vir ‘n Saterdag. Terugreis vanaf Swakopmund. Die dorp was ‘n week lank toe onder ‘n miswolk. Hier ry ons onder die miswolke uit ooswaarts en oppad huis toe. Die dag dreig om te breek… Daar kom die son… So in die vinnige verbygaan, ‘n foto van Spitzkoppe, naby Usakos. Ek het ‘n artistieke aanslag gebruik, om die selfoonfoto meer aanskoulik te maak.. Die Schnauzers reis maklik vir drie dae aaneen, sonder enige probleme. Hier lê tweetjies knus in ‘n bedjie op die agterste sitplek… Frankie het permanent ‘n balletjie in sy bek en weier dat ons dit vat… Ek het hierdie keer nie my kameras saamgevat


Onlangse inskrywings

“Ek moet nog vanaand die koek bak”, sê Rita. “Die verjaardagkoek?” maak ek net dubbeld seker. Dis die naweek van boet Jacob se 30ste verjaarsdagpartytjie, maar daar kan mos baie redes wees hoekom mens 7 uur op ‘n Vrydagaand aankondig jy moet koek bak… “Ja, is ‘n hippie koek, ek gaan die kleure meng, net eers ‘n resep kry,” bevestig sy en bel vir Bella. Vat my ‘n oomblik of drie om die inligting te verwerk. Die Hippie Verjaarsdag is geskeduleer om môreoggend 11 uur af te skop en sy het nog nie ‘n resep nie! Sjoe… Hier kom ‘n ding! Oomblikke later kondig die selfoon aan dat Bella ‘n resep gestuur het. “Nee, gaan nie werk nie”, verklaar


Onlangse inskrywings

submitted by /u/willtellthetruth [link] [comments]

Onlangse inskrywings

TYD VIR DIE SPESIALE AANBODDit sluit om Woensdag die 29ste om 18:30...!Twee gelukkige lesers kan my boek: 'n Deugsame vrou waarvan die verkoopsprys R45 is heeltemal gratis kry met die aankope van my hele stel digbundels teen slegs R370 - koerier koste is uitgesluit.VIR JOU GRATIS BOEK MOET JY tussen nou en Woensdag jou stel digbundels aankoop. Die 5 de en die 10 de persoon se inbetaling vir aankope wat ek kry sal dan my boek: 'n Deugsame vrou wat 'n topverkoper is en 'n moet hê vir elke vrou wat meer soos Spreuke se vrou wil wees gratis ontvang saam hulle reeks digbundels.Die bewysstrokie moet aangestuur word na die FB page se inboks voor die boeke gestuur sal word.


Onlangse inskrywings

Kombineer die woordvaardigheid van Nadia de Kock en die kreatiwiteit en talent van Hilda Steyn, en die uitkoms is ’n hekelboek van ’n heel unieke aard. Voeg nog daarby een en twintig ware lewensverhale, en dit word veel meer as ‘n handwerkboek. Die stories is uiteenlopend, die gemene delers die trauma, verlies en ontnugtering wat die betrokke mense en gesinne beleef het. Die mooi lê egter in die getuienisse van hoe hekel elkeen uit die diepste depressie en vertwyfeling gehelp het. Keer op keer lees ek dat die ritme van die hekelaksie, die tel van steke, selfs die gevoel van die jaarn, wondere verrig vir die gemoed wat swaar trek. Baie van die mense het ook in hulle onderhoude vertel


Onlangse inskrywings

It’s 11pm at night and outside I hear hadedas and crows… now if I was superstitious it means that my time is up, so if you don’t hear from me tomorrow, I should have been more superstitious. It’s cold tonight.... Continue Reading →

Onlangse inskrywings

Effe siekerig die laaste tyd. Skoon gister in die bed gebly. Is dit met julle ook so? As ek siekverlof neem dan lê ek. Voel skoon skuldig as ek moet ry om medisyne te gaan haal. Ek voel maar baie gou skuldig. Kos niks om my sleg te laat voel nie.Maar vandag moet ek my hare laat sny. Elke ses weke snipper ek. Eintlik wil ek lê maar as ek nie snipper nie lyk ek soos Daisie de Melker. So die grieplyf sleep ek haarkapper toe.My heerlike vereduvet is op die bed. As ek kon kies het ek heeltyd net onder my duvet gebly.Nou moet ek op en aantrek om die hare te laat snipper.


Onlangse inskrywings

Gister was dit die graad R’s se Oupa-en-Oumadag by die puik laerskool waarheen Gabby nou gaan. Hulle het ons hemelhoog geprys met gediggies en wyshede, die mooiste items aangebied en die lekkerste verversings voorgesit. Ek het maar net opnuut my hoed afgehaal vir die onderwysers wat ‘n massa vyfjariges so mooi gedissiplineerd laat optree het. My liewe skoondogter het beplan om drie kaartjies vir die een Ouma-en-Oupadag (vir my en haar ouers) en twee kaartjies vir die ander dag (vir Gewese Liefling en sy geliefde) te koop, sodat ons paaie nie hoef te kruis nie. Toe is die tweede dag se kaartjies reeds uitverkoop. Ek het my dogter verseker dat ek rêrig nie sou omgee om die dag saam met

Onlangse inskrywings

Dit was ’n onbegonne taak vir die arme skrywers van seisoen 8, om aan miljoene (fanatiese) bewonderaars se verwagtinge te voldoen, om al die moord en geweld en intrige in seisoene 1 tot 7 te regverdig, en om die beste TV-reeks van die 21ste eeu netjies af te rond. Ek is seker daar was baie laat aande, bitter sterk koffie en uitgerafelde senuwees. Seisoen 8 was net so frustrerend en bevredigend as die eerste seisoene, wat ook maar goeie en slegte episodes gehad het. Die enigste verskil? Met die vorige seisoene het ons die foute vergewe, want daar sou nog ’n seisoen wees om daarvoor te vergoed. Natuurlik is dit nie die geval met die laaste seisoen nie (en


Onlangse inskrywings

Ek weet nie van julle nie, maar my familie, praat altyd van: “Soek jou dam se eende”; of “Hou by jou dam se eende”. By implikasie, vereenselwig jou met mense wie jou tipe waardes het, min of meer jou tipe opvoeding, jou geloof en ter bonus, dalk ook jou belangstelling en intellek. Ek glo egter dat “dam se eende” ‘n dieper, onverstaanbare geestelike aspek insluit waarop ons nie ons vinger kan lê nie. Hoe is dit moontlik om in Turkye te beland, en te voel of jy daar gebore was? Hoe is dit moontlik dat jy iemand by ‘n kuierplek, ‘n kamp-plek of by ‘n stapklub ontmoet, en julle beleef woordeloos of julle mekaar al lewenslank ken? Waarom kan die


Onlangse inskrywings



Onlangse inskrywings



Onlangse inskrywings

Klik hier om hierdie nuusbrief aanlyn te lees. Klik hier om deze nieuwsbrief online te lezen. The post Voertaal: Jouw bezoek aan Amsterdam appeared first on Voertaal.


Onlangse inskrywings