blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Nuut bygevoeg: wys / wegsteek
wordpress:
Meer inligting oor wordpress.com as platform Vir die meeste mense is Wordpress.com seker die beste plek om te skryf, want dit is betroubaar, en bied meer interaksie met ander bloggers as enige ander platform.


wordpress nuut bygevoeg:
My Mapstieks – "Eendag is vandag"   
Sagte Klippe – persoonlike blog   
Om 'n uitjie te skil   
Enelda | Just another mommy trying to cope   
Binnetoe   
malmoeder   
Woordewoeker – Nicolette van Schalkwyk   
Koegas tot Parys – My lewe en reise van Koegas in die Noord-Kaap tot Parys in Frankryk.   
GELOOFSBONDVERGADERING 2018 – 'n Initiatief van die Joubert Prinsloo Wolmarans Stigting   
Cappuccinos in 1931 - Normale mense inspireer   
1943 wordpress items           Bladsy 1 van 41:   | volgende     
Back to basics, thanks to Eskom. One liner Wednesday



Onlangse inskrywings

Die dikbekkerigheid van ontevredenes getuig gewoonlik van slordige kopwerk.


Onlangse inskrywings

Dit is daardie tyd van die jaar. Meeste van ons sal wonder waarheen 2019 gegaan het. Ander sal weer die tyd gebruik om die jaar in perspektief te stel. Ek aan die anderkant sal meeste van die tyd net te dankbaar wees 2019 lê byna op sy rug en vir hom ‘n stewige “voertsek” toesnou op ‘n slegte dag, want hierdie jaar was darem een taai en moeilike bliksem gewees vir my persoonlik. Ek gaan nie nou in oor watter verliese ek deurgemaak het in 2019 nie. Om ‘n goeie vriend en my twee geliefde diere te verloor is uiters hartseer genoeg soos dit is. Ek was ook deur ‘n operasie om al vier van my verstandtande te verwyder, ek



Onlangse inskrywings

Openbaring 12 Die Groot Stryd waarin die gelowiges hul bevind “En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. … En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog […]


Onlangse inskrywings

Nog ‘n week van beurtkrag is verby. Nog ‘n week van sukkel. Nog ‘n week van baklei met mekaar omdat die regering dit goed dink om ons te frustreer met beurtkrag… Ons is almal nou al moeg vir beurtkrag. Ons is keelvol en elke keer wanneer die ligte WEER afgaan slaan ons drie duisend bollemakiesies. Maar die feit is dat maak nie saak hoe kwaad ons raak of hoe erg ons onsself opwerk oor die situasie nie, Wat wel sal werk is om pro-aktief te wees in hierdie’donker tye’. Hierdie wenke het ek op ‘n vriendin se Facebook raakgelees wat sy via WhatsApp ontvang het: Received this message via WA this morning. Loadshedding Wisdom! I live in Zambia, and



Onlangse inskrywings

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse. Senior Jeug Alpha Ons groep EPIC Jeugleiers het so paar jaar gelede die uitdaging aanvaar om die Jeug Alpha se materiaal, wat net in Engels beskikbaar is, na Afrikaans te vertaal. Jeug Alpha is ‘n wonderlike manier om ‘n geloof-grondslag vir jou kinders te lê. Die Video Clips is ongelukkig steeds in Engels, maar regtig baie oulik en ‘user friendly’. Jy kan die sessies met of



Onlangse inskrywings

The North-West University is excited to welcome you back in 2020. As you may have learned in previous years, just after you got settled in nicely, the first and most important step to resume your studies is to register! All students are required to pay the necessary fees in order to register each year. Online registrations will be open


Onlangse inskrywings

“Like stardust glistening on fairies’ wings…little girls’ dreams are of magical things.”



Onlangse inskrywings




Onlangse inskrywings

Scrapy vra dat ons oor mense in en oor ons omgewing moet skrywe. Ek is al sedert 2009 so effe aan mense uitgebrand en die Liewe Vader is so goed vir my hakkieshart en seer siel dat Hy voorsien dat ek buite ‘n dorp ver van mense kan leef en asemhaal. Tussen berge. Beskerm en geborge en vry van die samelewing se marmotwiel bestaan. Hier in my eenkant wees het ek my gesin teruggekry. My arme man en kind moes in my jonger jare opsy staan vir die allemansvriend weergawe van my. Die dinamiese netwerker en bedelaar vir ‘n sogenaamde ‘goeie saak.’ Ek het baie mense geken, dikwels



Onlangse inskrywings

God ons Moeder – Deel 3 GOD ONS MOEDER – DWAALLEER Die Bybel leer nie dat ‘n ‘hemelse moeder’ bestaan ​​nie. God is die ‘hemelse Vader’ (Lukas 11: 2). Die kerk word voorgestel as ‘n bruid, geliefd deur Christus (Efesiërs 5: 25-33). Die kerk kan nie die bruid van Christus en ook Sy moeder wees … Lees meer DIE DWAALLEER VAN GOD DIE MOEDER


Onlangse inskrywings

Ons taal is ‘n taal wat kinders kan verwar. Veral wanneer letters soortgelyk kan klink maar anders gespel word. Die Russe het ‘n ander plan. Hulle spel woorde met die regte letter en dan word kinders geleer watter letters sagter maatjies het sodat hulle die woorde reg uitspreek. Julle sal nogal verras wees om te weet watter letters as watter se sagter maatjies saamwerk. Interessante taal, Russies. Wat Afrikaans betref, het ek gevind dat leerders dikwels sukkel om te verstaan of ‘n woord op ‘n “d” of ‘n “t” eindig. Sukkel jou leerders ook daarmee?En hoe leer jy hulle om die woorde reg te spel? Ek glo nie aan lyste met


Onlangse inskrywings

Vyf Gebede om te Bid in Nastrewing van ‘n Rein Hart Deur Whitney / 11 Desember 2019 / Saligsprekinge “Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom gaan staan? Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is, wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie.” – Psalms 24:3-4 Watter spesifieke snellers of “drukpunte” gedurende jou week sal dít wat regtig in jou hart omgaan, tot uiting bring? Vir party is dit om na ‘n lang dag op kantoor in spitsverkeer vas te sit. As jy klein kindertjies het, kan dit die nie-so-eenvoudige maar beslis-heiligende proses op Sondae wees om jou gesin gereed en by die deur



Onlangse inskrywings

www.youtube.com/watch Hartklop… Hannes van der Walt


Onlangse inskrywings

Hoekom kan ek dit net nie regkry nie??? …



Onlangse inskrywings

Spier – Die Mosaïk Kraal Tweede in ‘n reeks van drie Daar is by Spier groot klem op die skep van mosaïke. By die Mosaïk Kraal, daargestel deur Spier Arts Academy, is daar 25 werke te siene, seker die grootste opelug uitstalling van sy soort in die land. Die omvang die werke is groot … vanaf realisme … Lindile Maganya Timothy Zantsi – skoolkinders … tot abstraksie. Ferdinand Kidd – abstraksie Selvin November – abstraksie Colijn Strijdom – abstraksie Landskappe en natuurtonele Karen Cronje Maya LeMaitre – blare Frans Coertse Ekspressionisme Lindile Maganya – figure Kleur eksperimente Frans Smit Jill Trappier ‘n Verblydende ervaring … Willem www.loertoer.wordpress.com Bridgewater, Somerset-Wes Desember, 2019 My foto’s



Onlangse inskrywings

Die lekkerste gevoel was nog altyd debateerbaar as jy my vra. Hongerpyne uitwis was nog altyd ‘n gunsteling. Nie vandag nie. Vandag het die tor in my kop heeltemaal van sy stokkie afgebliksem omdat my blaas besluit het dit is tyd NOU tyd om te laat gaan en ‘n tsoenami los te laat. Net een probleem! Die naaste kakhuis was ‘n entjie weg! Daar was wel ‘n paar kleinerige potplante, ‘n paar bome in die parkeer area en ‘n asblik of twee tot my beskikking. Twee van die opsies was baie aanloklik, behalwe die bome buite. Veral die potplant met sy plastiek bloom. Eerstens, die weer. Ek wil nie môre in die koerant onthou word as die ou wat gaan


Onlangse inskrywings

Ek kan dit nog so duidelik onthou. Ek het iemand vir wie ek baie respek gehad het, gevra om vir my te bid. Toe hy vra waaroor hy moet bid, was al wat ek kon sê dat ek gevoel het daar was iets verkeerd met my. Diep binne-in my. Ek, ‘n volwasse persoon, het nie die regte woorde gehad nie. Dit was ‘n skande. Laat ek dit duidelik stel; dit was nie ‘n skuldgevoel nie. As jy skuldig voel, besef jy dat jy ‘n fout gemaak het. ‘n Skande is wanneer jy voel dat jy die fout is. Daar is ‘n groot verskil. ‘n Skande oortuig ons dat die ware


Onlangse inskrywings

Dinge is nog baie rustig hier by die dam. Ouboet is heel bedaard, het net baie gewig verloor. Dis goed so, want die nuwe huisma is streng, sy sorg dat hulle beter kos kry en nie so vreeslik baie stysel gevoer word nie. Ek sê rustig, maar eintlik is ons in die middel van ñ krises. Ons huis het begin lek! En vir iemand wie se huis in die mark is, is dit slegte nuus. Niks kan gedoen word eens ons nie ten minste vier dae sonskyn kry nie, dis nou hierdie mense wat oor ñ week Mosambiek toe vertrek. Nouja… Ek durf vanoggend die oorstroomde pad Harties dorp toe aan, Boeta se



Onlangse inskrywings

Die foto het ek uit die resepteboek wat ek vir my kinders gemaak het geneem. Gee ‘n idee van die park. Ons huis was bietjie hoër op aan regterkant. Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging. Jou Omgewing. Dit sluit die mense in, en net hier raak dit ‘n tameletjie want in die stad is dit elke man vir homself. Eerstens is Dinsdae my wasdag, en met die heerlike reën wat nou al amper ‘n week “non stop” val, is net die nodigste “goedjies” vanoggend gewas, en oor die banke en tafels gedrapeer. Ons kan dit doen want daar gaan definitief nie ‘n buurvrou, of man vinnig oorkom vir ‘n geselsie of om iets te leen nie. Die stad



Onlangse inskrywings

Daar is n paar produkte in die Literatuur wat kankerwerende eienskappe bevat. Dit is waarskynlik beter om dit te beskrywe, dat dit kankergenesende eienskappe bevat wat voorkomend gebruik moet word. Die produk wat hier beskrywe word, is Curcumin. Die aktief in borrie. Met hul bio-opneembare uitdagings en voordele. Inleiding Die effektiwiteit, die veilige farmakologiese waarde van curcuminoïede noop mens om die potensiaal te kyk van curcumin as hulpmiddel teen kanker, as anti-oksidant en die ander waardes wat dit as natuurlike plant en middel mag hê teen verskeie siektes. Die gebruik van borrie, (curcumin is die aktiewe bestanddeel in borrie) word al eeue lank gebruik in die Ayurveda gebruike. In die moderne era is daar vele belangrike studies in die Literatuur



Onlangse inskrywings

Twee geleerdes. Grafika: DWV Bo die meeste van ons se vuurmaakplek Vrydagmiddag het die twee mekaar in die kafeteria raakgeloop. As dit op die fuïstiese intensiteit inwerk, het die kosmedehideloog gesê, sal daar hipotiewe vibrasie wees. Ek stem nie saam nie, het die metafilohaploloog geantwoord, dit is te navrant. Gladnie, het die kosmedehideloog teengewerp. Die stuwing van die haplopieps sal dit volledig negeer. Ja, maar jy vergeet van die insouciance van die leptone, sê sy kollega. Nee, maar ek sluit die trippe uit, beduie die kosmedehideloog effens uit die hoogte. As jy kyk na die trappe se frekwensies besef jy dit is matematiese trone. Die metafilohaploloog dink ’n rukkie en dan kom hy met sy finale, verwoestende argument: die varkies



Onlangse inskrywings

Gestalte en gier 10: Man agter raam Ek loer hier uit, kruip weg vir jou, meneer die kunstenaar. Ek erken: ek is bang vir wat jy van my gaan maak. Sal dit doodgewoon wees, met ‘n uitdrukking wat mense nie bedreig nie, my hande in my skoot? ‘n Stillewe met mens. Sal ek ooit weer ‘n voet kan roer, buite hierdie vernisde rame? Watse soort lewe skenk jy aan my, meneer die kunstenaar? Gestalte en gier 11: valbyl raam Ek weet nie wie jy is nie, meneer die kunstenaar. Ek weet maar skrams wat jy wil doen. Moet ek naderstaan, my nek op die blok lê sodat



Onlangse inskrywings

Ek kan nie glo dat nog ‘n jaar met al sy heerlike stories vinnig besig is om tot ‘n einde te kom nie. Elke jaar wonder ek of ons nie al die bron van goeie boeke uitgeput het nie, net om nog skatte te ontdek! Die jaar het ons ‘n bietjie meer Engels ook in […]


Onlangse inskrywings

Psalm 13 (6): Gebed en lofsang, lofsang deur gebed Daar is ‘n geweldige kontras in hierdie Psalm: dit begin met ‘n klaaglied en dit eindig met ‘n loflied. Aan die begin sing Dawid op die laagste moontlike noot; in die laaste verse jubel hy in hemelhoë tone. Hoé het dit in Psalm 13 gebeur dat […]


Onlangse inskrywings

Iets waarmee ek al ‘n geruime tyd worstel, is ware geluk. Ek kyk om my rond en soveel mense lyk gelukkig en ander wees sielsongelukkig. Ek het vriende wat in huwelike is. Twee mense wat absoluut vir mekaar gemaak is, twee mense wat mekaar aanvul en tot gevolg gelukkige kinders het. Kies ‘n mens om gelukkig te wees? Is dit ‘n keuse wat jy moet maak? Of is jy gelukkig weens jou omstandighede? Wat is julle gevoel hieroor?


Onlangse inskrywings

Na ‘n lang droogte en met riviere wat skaars geloop het, trek moeder Natuur haar wolkkombers oor groot dele van Suid-Afrika en giet emmersvol heerlike lawende water uit. Tot dusver het ons binne ses dae 130mm gehad. Dinge raak bietjie woes op sommige plekke. Foto’s en video’s van motors wat wegspoel en winkels en huise wat onder water is, word oral op sosiale media gepos. Dis nie vreemde gebeure nie. In my leeftyd het dit al ‘n hele paar maal gebeur en dit het beslis niks te doen met klimaatsverandering nie. Tog vreemd hoe sensasioneel elke natuurramp deur die media toegedig word aan klimaatsverandering. Hierdie dinge gebeur al eeue lank. Die natuur is nie stagnant nie en sal ewigdeur verander



Onlangse inskrywings

So als het begin die dag toe Josua Willem Lombard huis toe gekom het. Die dag toe ek besef ek en my man verskil soos dag en nag. Die dag toe ek besef Mans is van Mars en Vrouens van Venus… Die heel eerste eye-opener was toe my man ons 3-dae oue seuntjiebaba IN SY DOEK wou huis toe bring want dit was warm… Dit nadat ek maande lank beplan het aan sy coming-home outfit met matching bersie en dummy-clip . Ons gaan kamp so 3 weke terug vir die eerste keer met 10-maande oue Josua, en niks was duideliker as die feit dat mans en vrouens net



Onlangse inskrywings

Gedig deur Clinton V du Plessis Foto gevind op die internet met geen verwysing na die outeur daarvan nie. Die outeur kan dus ongelukkig nie gekrediteer word nie. “Imagine,” pleit John Lennon met oorgawe en bebril maar toe sterwe óók hy, soos alle dromers, gewelddadig en bloedbevlek. Desnieteenstaande bly ek pleit: gee my ’n lappie aarde, nie te ruim nie, omring met boom met min heining wat sal roes maar met net genoeg water ek wil soos ’n kindjie klein op die grond kniel aartappel plant, boontjie leer rank knoffel laat knol ’n sonneblom of twee moet geel spiraal, die oggend weldadig begroet, die by toelaat om te



Onlangse inskrywings

Theme: Faith (Part 14 – Wells) (Key verses: Gen 21:14-34) We are discussing the foundational theme of faith as we are learning from Abraham as God’s Old Testament type of the route the faith of Christ will take us on. … Lees voort →


Onlangse inskrywings

“For He is kind to those who are ungrateful and wicked.” This is Jesus. KINDNESS: * Kindness in words creates confidence. * Kindness in thinking creates profoundness. * Kindness is not because of who they are or what they do in return. It is because of who you are. * Kindness starts within. We choose to be either kind or rude. * We are made kind by being kind. * No act of kindness, no matter how small, is ever wasted. * True Kindness never expects a reward in return. * What wisdom can you find that is greater than kindness? * Kindness begins with the understanding that we all struggle. * Unexpected kindness is the most powerful agent of


Onlangse inskrywings

Hierdie week gesels ons oor ons eie omgewing. Die omgewing en sy mense waarmee ons te doen kry. Almal is welkom om saam te skryf. Ons skryf in Afrikaans. Ons is trots op ons taal en wil die taal laat voortleef. Hoe kan die taal voortleef? Skryf mense, skryf. As jy geskryf het kan jy jou skakel in my kommentaar plak sodat andee lesrs ook jou avonture kan lees en beleef. Geniet dit en leef jou uit! Dankie aan die volgende persone wat verlede week saam geskryf het: Kameel is altyd dadelik met haar skrywe: https://kameel179438031.wordpress.com/2019/12/02/kameel-loop/



Onlangse inskrywings

Hierdie week was my inspirasie maar min, dis die einde van nog ‘n skooljaar en ek dink soos ek het baie mammas en pappas ook ‘n groot sug van verligting gegee, ons spruite het dit darem gemaak. Ons het dit gemaak! En soos dit hoort is baie van ons so super trots, ons loop oor daarvan, en dis goed en dis nodig want ek voel mens moet spog, jou kinders het dit nodig, hulle het nodig om te voel hulle is die moeitewerd, hulle word raakgesien. Maar so ook vergeet baie van ons dat die lewe nie ‘n kompetisie is nie, ons kinders is nie ons “gateway” na sukses nie. Hulle is nie veronderstel om uitstal goedjies te wees, wat


Onlangse inskrywings

Daar is 3 mense in my lewe wat tans swanger is. Die een met haar eerste baba. Sy kom sit gereeld langs my by die werk en dan wil sy net ‘n drukkie hê of net haar kop op my skouer kom sit. Sy kom vra elke nou en dan of iets wat sy voel “normaal” is en soms soek sy na raad. Wat my die meeste pla is nie dat sy kla oor haar rug of haar seer lyf nie. Ook nie dat sy moeg is en oorweldig voel deur al die emosies waardeur sy gaan nie. Waaroor sy die meeste kla is ma’s. Jip..MAMMAS! Gister lees ek dié post op ‘n baie groot en populêre mamma groep op



Onlangse inskrywings

My ma is ‘n vrou wat, met ‘n aand-atletiekbyeenkoms, haar trui uittrek omdat haar dogtertjie koud kry. En dan verduidelik dat ‘n ma nie kan koud kry solank haar kinders warm aangetrek is nie. My ma is ‘n ma wat vir weke lank twee fietse as verjaardaggeskenke in ‘n spaarkamer kan wegsteek – sonder dat haar kinders snuf in die neus kry. My ma kan die heel lekkerste en mooiste eetgoed maak met kinderpartytjies – vir haar kinders én kleinkinders. My ma is ‘n ma wat die kombuisdeur toetrek terwyl haar kinders Wielie Walie kyk, net om ‘n halfuur later met ‘n stomende bord pannekoeke te voorskyn te kom. My ma is goed met blokraaisels invul en legkaarte bou. En


Onlangse inskrywings

First published in Rapport, May 2019 Een van die boeke wat Pierre Loti oor sy affair met ‘n haremvrou in Istanbul geskryf het, hoewel daar sommige is wat glo die storie het nie verloop soos wat dit hier geskryf is nie Liefde met die eerste oogopslag gebeur wel. Pierre Loti, ‘n Fransman wat versot op Turkye was, sou saamstem. Hoe het Pierre Loti in Turkye beland Pierre Loti was die skuilnaam van Louis Marie-Julien Viaud. Hy was ‘n Franse vlootoffisier en skrywer wat op 26-jarige leeftyd vir die eerste keer Istanbul besoek het. Julien Viaud, oftewel Pierre Loti, was lid van ‘n oorlogsvloot wat in 1876 na Istanbul gestuur is. Liefde met die eerste aanblik Kort na sy aankoms sien



Onlangse inskrywings

Soms dink ek aan die glas vol wit. Die wit wat teen die muur gebreek en op die grond gemors het. Dalk vang die aanhoudende reën my net. Nostalgie. Neerdrukkend. Dit is nou al grys van Woensdag af. Dalk is dit die konstante alleenheid. Ek voel vandag sielsalleen. Eintlik al vir ‘n rukkie. Soms, op … Lees meer It’s no use crying over spilt milk


Onlangse inskrywings

‘n Meisie word swanger. Min mense is deesdae nog so gesteld op maagdelikheid. Amerikaanse flieks oor grootword gaan almal oor hoe jy jou maagdelike onskuld kan prysgee. Hulle strewe daarna. Ondervinding word trots oorvertel en hoog aangeskryf. Maagdelikheid is ‘n grap met meer as net ‘n sweempie spot. Nie eers vir Maria se maagdelikheid is […]


Onlangse inskrywings

~ All you need to know… Written by Dr Nické Theron, Pediatrician. When Eran was 8months old we woke one night to a cot full of vomit. Things deteriorated from there… Two days of diarrhoea (with stools leaking through everything) and vomiting with a mild fever followed. I am grateful that it was a very mild episode and he was never dehydrated, but I still had a lot of worry and washing! I have spent many nights admitting children to ICU with severe dehydration and I know how fragile they are, but there is a lot you can do at home to prevent a crisis. Let us look at the



Onlangse inskrywings

Nogal gereeld, die afgelope tyd, op sosiale media, sien ek die vergelyking, dat iemand, of persone, so dom soos grond is. Waar dit vandaan kom, weet ek nie, maar dink nie, dat dit, ‘n goeie vergelyking is nie, grond is nie dom nie. Die mensdom, het sy bestaan, aan grond, te danke. Wat ek wel agterkom, is dat ek, aan die domkant is. Die nuwe tegnologie, laat my dom voel. Ek probeer nie eens die ontwikkelinge verstaan nie, maar geniet, die bietjie, wat ek kan baasraak. Wat my laat besef, dat ek baie dom is is wat nou in ons omgewing, aan die gebeur is. Ons is destyds, met ons skuif hierheen, onder andere, uitgekryt as dom,



Onlangse inskrywings

“Maar hulle gaan net daar slaap!” Wat het hierdie woorde, Fred Mouton, Bun Booyens en Tribal Echo met mekaar te doen? Alles – As jy soos ek probeer orde en struktuur skep van die warboel in jou kop teen die einde van die jaar, voordat ons die illusie van die Reset knoppie kan druk om volgende jaar weer voor te begin. “Maar hulle gaan net daar slaap!” Hierdie woorde hoor ek dikwels as mense van die dorp vir hulle kinders of ander familie plek soek, in die besigste tye, en dan boonop afslag wil hê omdat die mense net in ons gastehuis gaan slááp, verder gaan hulle mos heeldag by hulle



Onlangse inskrywings

Dit is nou nie meer so snaaks dat mense swerf oor die wêreld nie; ons eie mense werk al in soveel lande, verhuis na enkele jaar na derde en vierde bestemmings. Ek lees pas op ‘n WhatsApp kletsgroep hoe ‘n klompie Nederlanders op mekaar se skouers huil oor die gevoel dat hulle “ontuis voel” waar hulle is (na etlike omswerwinge), en dat hulle sukkel om tot rus te kom in ander lande. Elkeen dink dit gebeur net met hom of haar. In Doha het die Franse ambassade ‘n aandpraatjie gereël (2009) waar ‘n sielkundige die kenmerkende aanpassingsfases van “expats” uiteengesit het; dit was insiggewend, reeds ‘n verskynsel of verskynsels wat baie goed nagevors is. Mense wat hul geboorteland verlaat,



Onlangse inskrywings

Wees jouself. Iets wat soms moeilik is om reg te kry wanneer jy in die heilige teenwoordigheid van die asembenewende God sit. Dis nou as jy my eerlike opinie en ervaring se terugvoer vra. Om heeltemal oop te maak en God te vertrou met wat in die binnestes van jou hart aangaan is uitdagend. Wat as daar iets is waarvoor jy moet bely? Tog is ek so dankbaar dat Abba daar is, dat Hy wel wil hê ek moet na Hom kom en dat Sy hart so sag en verwelkomend wink. Altyd. Ek dink partykeer gaan ons te vinnig oor dié tipe waarhede want hulle raak cliche‘s van te-veel-hoor en dan maak ons hulle nie



Onlangse inskrywings

Wil jy saam woordsnoer? So maak mens : Jy kan  ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het. Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe. Onthou om die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou … Continue reading "Woordsnoer: Kersfees"


Onlangse inskrywings

Dat jou Au Pair op die ou end vir 4 jaar onder jou dak sou bly en na die eerste 2 jaar nie eers sou Au Pair nie. Dat jou kinders en jou diere so gewoond aan haar sou raak dat hulle nie meer weet hoe ‘n huis sonder haar was nie. Dat jy ‘n gereelde toeloop van maats, dates en haar ma oor jou drumpel sou sien. Dat jou koskas, wyn en spesery rak as algemene besit beskou sou word. Het jy ooit geweet hoeveel raad jy sou moes uitdeel en hoeveel van jou eie geskiedenis ‘n padkaart vir haar sou wees? Het jy vooraf gedink dat jou eetgewoontes en opinies oor wat koffie is en



Onlangse inskrywings

Gewone mense, wat buitengewone dinge doen, fasineer my . . . ek gebruik spesifiek nie die woord inspireer nie, want buitengewone dinge, is nie noodwendig iets goeds of eerbaar nie. Gewoonlik weet ons nie wat hierdie dinge alles behels nie, totdat ons ‘n bietjie dieper delf. Ek wil graag glo dis my opregte belangstelling in mense, wat my dryf om die storie agter die storie te probeer uitvind. Selfs al ontstel dit my, maar elke nou en dan word ek ook verras en inspireer dit my, indeed. Dit gebeur te dikwels dat ons ‘n opinie van iemand vorm, bloot uit dit wat ons van hul



Onlangse inskrywings

Dagstuk 5 John Newton het die grootste deel van sy vroeëre lewe op see deurgebring. Hy was die seun van die bevelvoerder van ’n handelskip, adelbors van die Britse vloot, en meester van ’n slaweskip. Newton het op drie-en-twintigjarige ouderdom die see beter geken as wat hy die land geken het. Die Here het ’n groot storm op see gebruik as ’n baken om deur die duisternis wat Newton se vroeëre lewe gekenmerk het, te sny. Van daardie punt af en verder het John Newton sy lewe deurgebring in diens van God. Hy het uiteindelik ’n Anglikaanse predikant geword en was die outeur van baie gesange, insluitend “Amazing Grace.” John Newton se laaste jaar was soos die son wat



Onlangse inskrywings

Swaar, draai die donker My helder lig Verlig, jy bring my lig Verlig my siel My doringdraadkombers Drupppels skarlaken My kelkiewyn Jy ken my pyn Ek roep jou naam Onthou jy, ons samesyn Ons dors na sielewees Diepdonker, kwiksilwer sterreblink… (c) Hanneliese Desember 2019



Onlangse inskrywings