blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Nuut bygevoeg: wys / wegsteek
wordpress:
Meer inligting oor wordpress.com as platform Vir die meeste mense is Wordpress.com seker die beste plek om te skryf, want dit is betroubaar, en bied meer interaksie met ander bloggers as enige ander platform.


wordpress nuut bygevoeg:
Die Jaaif van Joni – Gedagtes, opinies en stories van iemand soekend   
Kreukels en plooie – Skryfsels oor en uit eie ondervindings   
Noem-my-Skottie – My journey, my lewe in Skotland   
Die Afri-Franse Meisie   
Safari Sunset   
PoemGirl – For poems and written pieces.   
Die Aarde en die ruimte   
Gildenhuys'e se Reise Stap saam en beleef die reis… kom deel saam in ons herhinderinge.   
Nikao – Conquer Through Love/ Oorwin Deur Liefde   
Mandjies vol liefde – Tuisgebakte, vars gemaakte en netjies verpakte mandjies vir elke geleentheid.   
1917 wordpress items           Bladsy 2 van 40: vorige | volgende     
Lees Matteus 5:38-42 in ten minste twee verskillende vertalings. (hier is vier moontlikhede) 2020 Direkte Vertaling 38 “Julle het gehoor dat gesê is, ‘’n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand’. 39 Maar Ek sê vir julle dat julle nie ‘n slegte mens moet teengaan nie. Nee, as iemand jou op jou regterwang klap, draai ook die ander een vir hom. 40 En as iemand jou voor die hof wil daag en jou onderkleed wil vat, gee hom ook die bokleed. 41 En as iemand een myl van jou afdwing, u loop twee myl met hom saam. 42 Gee aan wie van jou iets


Onlangse inskrywings

Baie geluk, Boeta. Jy is vandag op 8 Junie 2021, ses jaar oud. Jy het so ‘n mooi groot seun geword. Ouma is baie trots op jou, want jy het nog nooit opgehou veg teen die bande wat jou siekte om jou kom bind het nie. My eie superster, dit is wie jy is. Ouma was vir ‘n baie lang tyd stil met die briewe, maar vandag is ‘n baie spesiale dag en daarom wil ek baie graag my hart vir jou wys. Liefste Herman, Ouma was so stil omdat Ouma in die vrede van



Onlangse inskrywings

Through the looking glass. Rosy, calm, picturesque.Perfect family having all.O, but life is such a joll! Do you not see the cracks?Do you not see the pain?The imperpections, the angst!The fear of… no gain. No, you only see the mask!The one I put on every day for all to see.The loving, hardworking and caring me.The … Lees voort →


Onlangse inskrywings

Tot nou toe sou ek graag wou roem daarop dat ek die spilpunt van ons huishouding is. Ek wou graag glo dat alles sonder my in duie sou stort. Dis nie dat ek gebelgd rebelleer teen my kuikens se groterwordende onafhanklikheid nie. Ek weet dit is die natuurlike verloop en gesonde gang van die lewe. In die tyd wat ek chemo moes deurstaan was ek ontsteld oor ek my klein seuntjies in die steek laat. Toe was ek hulle alles en ek moes dit goed doen. Nou neem hulle my in lengte en vaardighede verby. My raad is bloot ‘n aanbeveling en niks gebeur meer as ek met groot outoriteit tot drie tel nie.



Onlangse inskrywings

‘n Pad is anderse stuk grond of roete. Dit bring mee die verloop van jou lewe en wese. As mens na die betekenis van ‘n kruispad gaan kyk sien mens soveel raak. Ek staan vandag in gebed saam ‘n besondere mens by so kruispad. ‘n Vriend van my het Covid 19 gehad en in die hospitaal beland. Die wat hom ken weet sy hart is so groot soos hy is. Hy borrel van binne en buite. Sy lewe spreek van uitdagings en uitlewing vir dit waarin hy glo. Sy spore is spore wat diep getrap is en vir altyd tasbaar in ons sal wees. Vandag staan hy voor sy kruispad. Alhoewel hy nou negatief is



Onlangse inskrywings

Hierdie oulike wiskunde les vorm deel van ons kurrikulum. In kwartaal 3 is een van ons temas wilde diere in die veld. Ek deel graag hierdie les met julle om in jou klas of huis te gaan toepas. Gebruik die diere prente vanaf die tema tafel. Die kinders behoort redelik vertroud te wees met die diere. Plaas die prente op die tafel met ʼn getallekaart langs elkeen. Verduidelik aan die kinders dat hulle iets van die dier in die prent moet tel soos die getallekaart aantoon. Prent van ʼn luiperd met getallekaart 3. Die luiperd het 2 ore en een stert. Prent van ʼn krokodil met getallekaart 2. Die krokodil



Onlangse inskrywings

Wat is dit om n ware kind van God te wees? Maar soos in regtig egtig nie speel-speel nie. Ek skryf as Saartjie omdat die goed wat ek te sê het net te heavy is. Dit is net te erg, net te real want die verskoning van ons is maar net mense het net heeltemal te gemaklik te raak. Hier praat ek met myself en vat een van daai skerp kombuis messies en vlek die Waarheid tot op die been oop. Sny deur die spiere en vleis en senings en kom tot waar dit saak maak. Hier doen ek selfondersoek en kyk is ek nog regtig op die cliché wat mens noem smal pad is? Loop ek die pad


Onlangse inskrywings

Hi! So if you have been following my blog for a while you will know I am working on writing my own book this year. I was trying to write an original song for my book but ended up with another poem and I thought I would share it. Poem: I met him while I was travelling. The wind was blowing whispers into my ears. I got lost along the way.



Onlangse inskrywings

Wat ek nooit weer kan terugkry nieuit my lewe is dingemooi en dierbaarhiervan koester ek die herinneringeEk wou dat ek hierdie dingemooi en dierbaarin ‘n grote potalmal kon bewaarMaar ek is jammervir elk oomblikmooi en dierbaarwant dis onmoontlikOm hulle almal te bewaardarem skryf ek hieroorin al my gedigteso bewaar ek wat ek verloor


Onlangse inskrywings

Die Goue Vroue is ‘n handjievol Suid-Afrikaanse vroue – oud en jonk – wat lief is vir skryf. Ons is geanker in die werklikheid maar spoor mekaar met bloguitdagings aan om te fantaseer. “The Talking Stick” dien in hierdie geval as inspirasie tot wonderbaarlike stories…elke Goue Vrou kry haar beurt. Hierdie rondte pak ons in alfabetiese volgorde aan. Dit werk so: as jy die praatstok vashou is dit jóú beurt! Jy praat en die ander moet luister sonder om jou in die rede te val. As jy klaar is met jou storie, gee jy die praatstok vir die volgende persoon aan. Volg hierdie skakel as jy ons Goue Vroue se stories in volgorde wil lees: https://fresh.inlinkz.com/party/fe16b378ba494670a41c59177986b352


Onlangse inskrywings

Juniemaand is gewoonlik die afwagtingsmaand, die laaste voorbereidingsmaand indien ons in die gelukkige posisie is om te kan reis. Nie sedert Covid-19 nie, “to state the obvious”, soos die Ingelse sal sê. Nou word ons gedwing – nie altyd onwillig nie – om ons binnekamers weer te leer ken en lief te hê, letterlik en figuurlik. Maar ek sou bittergraag weer wou reis. Net om weer die vreemdeling in ‘n vreemde land te wees, met vars oë na mense en dinge te kan kyk, te fokus op die lewe buite myself en ‘n kykie na ‘n ander leefwyse te kan hê… Dus gaan ek vanoggend weer terug in die tyd.


Onlangse inskrywings

Ek glo met my hele hart aan die Hiernamaals en ‘n geestesdimensie. Daar was in die dae rondom my geliefde pa se heengaan ‘n paar opmerklike vreemdhede. Dinge wat my laat voel dat hy tóg nog op ‘n manier in my lewe betrokke is. Dalk is dit maar net wensdenkery, ‘n manier om die Groot Verlange te stil. Hoe dit ook al sy, die klein insidente bring troos en help my cope in ‘n donker tyd, en is daarom vir my kosbaar. Die eerste gebeurtenis was ongeveer twee weke voor my pa se dood. Hy het vertel dat iemand in die nag by sy kamervenster na


Onlangse inskrywings

Onder gebed laat ervaar Abba Vader my weer die mense wat opgesluit en vasgeketting is in die Asvaal afgebrande gedeelte….  Daar is so baie mense vasgeketting wat die saad van […]


Onlangse inskrywings

Liewe Persoon, Hulle sê elke diertjie het sy plesiertjie, en dit is dan ook inderdaad so. En nee, ek praat nou nie van guitighede soos aaptwak rook of dop-met-skop in die buitekamer brou nie. Ek praat van dinge wat jou siel voed – hoe eienaardig dit ookal vir ander mag wees. Miskien kyk jy elke Sondag ‘n re-run van Het van Verlangekraal, dalk is jy verknog aan gebreide bedsokkiess of, kan jy nie genoeg van die Kardashians se streke kry nie en verslind jy graag ‘n broodjie met sardientjies en grondboontjiebotter. Ek judge nie. In ons geledere is Pilletjie byvoorbeeld geheel en al verslaaf aan skryfies.



Onlangse inskrywings

Gesonde debat en kritiese vrae is belangrik in ‘n demokrasie. Ook in geloofsgemeenskappe. Ek het oor die afgelope paar weke die voorreg gehad om op te … Meer


Onlangse inskrywings

Gestorwe goue lower val in klam en koue nattigheid waar enkel rye bome staan, verwese in die wintertyd. Ek stap in verlate lane wat glinster in die sagte reën, deur silwer spieëls van plasse, en dink aan jou, alleen. Die helder gloed van ons gedeelde tyd bly steeds my jas wat in lentes of ook in koue dae altyd weer gemaklik pas. Mag jy vandag daar vêr my hand in joune voel en weet: Die hunkering wat winters in my bring bly steeds als vir jou bedoel.


Onlangse inskrywings

Warning: Highly contagious! ‘Syndrome” – a set of symptoms which together indicates a particular disease or abnormal condition.’ – Oxford Advanced Learner’s Dictionary. Hein Anton Klein-Werner’s song, the ‘Südwestlied’ says everything: something happens to you when you experience Namibia for the first time: Und sollte man uns fragen:Was hält euch denn hier fest?Wir könnten nur sagen:Wir lieben Südwest! Believe me! What exactly happens to you is hard to explain – your heart and soul are captured and remain captive for life. This condition is irreversible. No one warned us. We did not anticipate that this syndrome would bring us back, and back, and



Onlangse inskrywings

Die nou al ‘n paar dae nadat die toer geëindig het. Op die plaas in die Kalahari was daar nie opvangs nie. So hier kom die laaste blog nou. Die grondpad was ‘n killer!!!. Sand, klippe en wilde sinkplaat. My Gravel bike het swaar geloop. Op ‘n stadium het ek kop onderstebo gaan staan en vir Louwrens my backup gesê; “ek dink nie ek gaan hierdie ding gedoen kry nie…” Maar hy het moed ingepraat en ek het verder gegaan. Dawie my draf partner het net so swaar geleef. Hy sê dit was ‘n baie rowwe dag. Maar, ons is daardeur. En as



Onlangse inskrywings

Almal in die land, of ten minste almal in Gauteng, weet dat hierdie winter begin het met ‘n hoofletter W. Ons dog nog dis herfs en daar is tyd vir ligte oopknoop-truitjies en blommetjie-sjaals en toe tref ons vriespunt en dryf Eskom na nog weke se loadshedding omdat ons al wat ‘n verwarmer is aansit. Dis seker dubbel so erg, want die bietjie mense wat in kantore kan werk sit steeds die hele gebou se lugverkoeler aan, en die hordes wat van die huis af werk moet ‘n plan maak om te keer dat hul vingers aan hulle keyboards vasvries. So met die koue kom die memes mos op sosiale media, en die een sê “If



Onlangse inskrywings

Written by Dr Nické Theron, Pediatrician, blog: Pediatrics and Playdough. I am sure you know the feeling of standing in the aisle at Dischem, looking at all the bottles and gummies and syrups that says, “Multivitamins for Children”… It can be very confusing to decide what your child needs. But do children even need supplements? When and how much? Let us look at some facts: Vitamins are organic substances produced by plants or animals, while minerals are inorganic elements found in the ground and water, and taken up by plants or ingested by animals. Our bodies need both to function normally. The best source of Vitamins and Minerals is



Onlangse inskrywings

Ek luister na ‘n getuienis van iemand en ek wonder…Wat is jou getuienis?Daai een wat jou totaal en al van jou wentelbaan af gegooi hetWat jou fatsoene in jou lewe gebring hetJou kontoere verander hetJou dink oorweldig hetJou gedaante verlig hetDaai een wat die kyk in jou oë verander hetDie woorde oor jou lippe gestol hetDie een wat jou twee keer laat dink hetJou laat glimlag hetDie getuienis wat jou heel gemaak hetDie seer gesond gemaak hetJou lewend gemaak het Jou vry gemaak hetWat is jou getuienis?



Onlangse inskrywings

So vra my boetie vanoggend of ek vandag 70 is, my antwoord, nee 70 – 49, so dus 21. Alweer 21. Lekker. Aan die begin van my grootmens-lewe met sterre in my oë en ‘n huppel in my stap. Vandag op 21 gaan ek gevra word om te trou. Ek gaan sjampanje drink en ‘n sleutel kry. Daarna gaan ons in ‘n piepklein staatshuis bly met pers kombuiskaste. Daar gaan ek leer om doeke te was met my hand, want ons kan nie papierdoeke bekostig nie. Ons gaan net een blou Toyota karretjie hê om mee te ry en die wêreld gaan maklik wees. Later gaan ons ons eerste huis


Onlangse inskrywings

Ek loer gereeld wat op die internet beskikbaar is wat ouers kan gebruik om hulle kinders tuis te help ontwikkel. Hierdie oefeninge is baie oulik uiteengesit en maklik om te volg. Volgens Lisa is dit vir graad 2 … Ons gaan vandag slim dinge leer! Ons gaan in onewe getalle tel, totale en kleingeld bereken, […]


Onlangse inskrywings

My liewe Volla, Gister het ek die mooiste kar onder die son gegroet, want ek moet vir ‘n ander kar plek maak in my hart se garage – net nog ’n onvermydelike deel van grootword. Dankie vir agt lekker jare en 130 000 veilige kilometers saam. Ek kon skaars ry toe ek jou gekry het, maar jy was geduldig en nou weet ek nie of ek ooit weer so gemaklik met ‘n kar sal kan ry soos wat ek met jou gery het nie. Ek gaan dit mis om deel van die Volla-kultuur te wees – iets wat mens nooit sal kan begryp as mens nie self op ‘n tyd een gery het



Onlangse inskrywings

Been places! Meimaand is reismaand. Korreksie – Meimaand wás reismaand. Vandag in 2012, 2014 en 2018 was ons óf in San Francisco, óf in die vliegtuig op pad Amerika toe, het in iewers in die middel van die maand geskryf. My Memories op Facebook is aan die een kant ‘n pyniging, omdat 2020 se beplande reis nooit plaasgevind het nie en as dinge goedgaan, waarskynik ook nie voor 2023 gaan gebeur nie. Aan die ander kant is Facebook se Memories wonderlik! Dit neem my terug na dit wat ons die voorreg gehad het om te ervaar. Mei is ook die maand van nostalgie vir my. Sover my Facebook Memories strek, is dit



Onlangse inskrywings

Die kerklike, Christelike kalender begin met Advent. Die 2020-2021 kalender het begin op 29 November 2020. Vandag (30 Mei 2021) is die begin van week 27 op die kerklike kalender. Die “gewone” kalender begin op ‘n Sondag, en vandag is die begin van week 22 (waar die eerste Sondag (03 Januarie) van die jaar die eerste week van die jaar se begin was). Baie kerke in Suid-Afrika en regoor die wêreld gebruik leesroosters om hulle Sondae- en ander dienste en boodskappe uit te werk. Een van hierdie leesroosters, wat ook deur sommige gemeentes in die NG Kerk hier in Suid-Afrika gebruik word, is die Revised Common Lectionary. Ek gebruik ook


Onlangse inskrywings

My wife and I like to do take-aways on Friday evenings. We make all our other meals ourselves, but Friday evenings are reserved for shamelessly introverting on the couch together, with takeaways and a movie. One of the takeaway places we’ve enjoyed most here in Cambridge is called Chi – an Asian fusion restaurant in the town centre. We order their food via Deliveroo, who brings it right to our front door. Super convenient. A few weeks ago, I was on my way to the gym when I was passing Chi. They were about to open up, and I could see one guy in the kitchen. I suddenly had this desire to thank the person for


Onlangse inskrywings

http://www.sienervanrensburg.com F.H. Pretorius,Swartruggens,Noordwes Provinsie. [Hierdie artikel verskyn ook op die FB blad van Elsa Muller – NIKLAAS SIENER VAN RENSBURG- BOODSKAPPER VAN GOD. https://www.facebook.com/groups/427103870673448/ Sluit gerus hier aan en kom help om die Waarheid in Siener se visioene te laat seëvier! Alle verdere besprekings van my artikels en ook Siener se visioene vind met my medewerking op daardie blad plaas as u daarin sou belangstel.] ——————————————————————————————————– Goeiedag, Ek het in vorige artikels gesê dat ek beplan om uit te brei oor ons stamlande, en dan baie bepaald Nederland en die aangrensende Franse vasaalstaat Vlaandere. My fokuspunt in alle gevalle is die


Onlangse inskrywings

Wat sê oom Cyril vir neef Emmanuel? “Your hinterland is there” (Kyk hier) Op die agtergrond is die Uniegebou, ontwerp deur Sir Herbert Baker wat ook die Cecil John Rhodes standbeeld ontwerp het!



Onlangse inskrywings

I have been living with depression for more than thirty years now. That is not as bad as it may sound, because during this time I have grown and learned a lot, even to the extent that I can now honestly say I am grateful for the experience. You will notice that I said “living with depression” and not “suffering from depression”. My choice of words highlights the most important change that I have experienced during this time — the change from a victim to somebody taking charge of her own situation. When the pandemic hit us, I found myself in a better position than many others, because through my years with depression I have



Onlangse inskrywings

So my Seroquel XR 150mg dosage has been lowered to 50mg, and I’m not sure how i feel about it. I presume that my psychiatrist knows best. My medication has been lowered because I’m struggling immensely with fatigue. As in, sleeping the whole day away. And really, lowering the dosage has done wonders for me in that department.. But mentally? I’m a mess. For the most part, I’m okay. I feel okay, and I’m not sure how else to describe it. But where normally I’m okay and that’s all, I now have what feels like a buzzing in my head. This buzzing is my racing thoughts. My fears. My


Onlangse inskrywings

Scrapy se Maandag=Wasdag Uitdaging No 13. Van verlede Vrydag is dit al wat ek doen. Ek probeer myself loswoel uit die arms van onthou, maar dit wil my nie laat gaan nie. My ousus se skoonseun is oorlede en verlede Vrydag was sy gedenkdiens. Verversings is daarna by ‘n koffiehuis (‘n gewone huis tussen ander ou huise) in ‘n (vir my) baie bekende voorstad en straat aangebied. Die straat!!! Die straat waar ek en sy tieners was; die straat met die kaffee op die hoek waar ons uitgehang het saam met ouens in nou swart broeke wat definitief nie my ouers se goedkeuring sou wegdra nie. Sy was saam met my by die


Onlangse inskrywings

15 jaar terug het ons troue gehou. Omdat my sus verloof geraak het voor my en sou trou in dieselfde jaar het ons gevoel dat dit nie regverdig sou wees om te verwag my ouers moet vir ons troue betaal nie so ons het alles self gedoen en betaal, dit was ń bitter klein troue, letterlik 20 mense. Maar dit was nogsteeds so spesiaal en intiem. Baie dinge het daardie dag skeef geloop, maar as ek terug dink vandag het dit ons net voorberei op hoe die huwelik regtig is, dis nie smooth sailing nie, daar is goeie dae en slegte dae, daar is die dae wat mens mekaar sleep en dan dae wat jy hardloop hand aan hand.



Onlangse inskrywings

Ek hou niks van die woord, waarskynlik, nie. Ek wonder wie het hierdie woord uitgedink? Hierdie woord skep vals hoop, en dit neem dikwels weg wat gesê of belowe is. En nou mag jy dalk dink: “Waarskynlik nié?”. Waarskynlik se kern element is twyfel. In Jakobus 1: 6-8 staan daar dat ‘n mens wat altyd aan die twyfel is, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. Ek het al groot vrae gevra oor sake wat my toekoms raak, en dan die antwoord gekry van: Waarskynlik nie. Of, waarskynlik ja. Dit beteken absoluut niks. Dit beteken: Ek weet nie. So waarom sê ons nie vir mekaar,



Onlangse inskrywings

Dit gaan oor onthou – die klipstapeling van herinnering. Ons vergeet so gou wat God gedoen het. Is ons werklik so anders as die karakters in die stories van geweld en geloof in Joshua en Rigters? Die verwyt van die Rigters-skrywer is sommer al in die tweede hoofstuk: Al die mense van sy [Joshua] leeftyd het gesterf, en die volgende geslag se mense het nie die Here geken nie. Hulle het ook nie geweet van sy groot dade wat Hy gedoen het om vir Israel te help nie. (Rigters 2:10) Regtig? Hoe kon hulle vergeet? Hulle het sewe jaarlikse feeste gehad om hulle aan die wonderdade van


Onlangse inskrywings

Met manlief wat ‘n geesdriftige motorsport-kyker is, het ek maar so deur die jare ook begin saamkyk. Dit is nogal opwindend, veral as mens ‘n bietjie meer weet van die samestelling van die spanne, die reëls, die persoonlikhede en politiek. Een aspek wat my nog altyd op die punt van my stoel laat sit het, is die kuipestoppe. Die vinnigste kuipestop ooit is in 2019 in Brazilië aangeteken. Die charismatiese Max Verstappen se kuipespan het in ‘n verstommende 1.82 sekondes ál vier die Red Bull renmotor se bande vervang. As dinge skeefloop op die baan, is ‘n vinnige besoek aan die kuipe dikwels ál wat tussen die eindstreep en onttrek staan.



Onlangse inskrywings





Onlangse inskrywings

Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.Volg skakel https://fresh.inlinkz.com/party/7978d243e406473ca23727d75a9a2a46 om by die Inlinksblad te kom waar al die stories in hierdie reeks gelys word. Ons koppe is nog eintlik bietjie aan die draai, die hele wereld en alles om ons voel so



Onlangse inskrywings

Terwyl ek aan inhoud vir die nuutste toepassing (wat ek van nou af ‘n app sal noem, want dis wat die HAT hom noem) werk, noem ek vir die een wat dit vir my gaan laai van die ‘voice’ van die app. Dit is die toon wat die inhoud inneem en al is die inhoud voorgeskryf, het ons so ‘n bietjie ruimte om die inhoud op ‘n meer kreatiewe wyse aan te bied. Dit behels die skrif, grootte, prentjies en selfs hoe ons ‘n nuwe onderwerp inlei. Die persoon wat dit op die app gaan laai is ‘n ervare, afgetrede onderwyser met wysheid en grysheid en tonne ondervinding en verstaan onmiddellik wat ek bedoel. Jare



Onlangse inskrywings

“Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees” Ps 118:24 Dit was ‘n hele ruk gelede dat die Stem in my kop in my stiltetyd vir my gesê het : ‘Hier is ‘n nuwe dag. Moenie dit beskou as net nog ‘n dag om om te kry nie. Geniet dit! Goed of sleg: Vat daaraan, proe dit, ruik dit, luister daarna. En as dit aand word, dink terug: Wat het hierdie dag met jou gedoen? En jy daarmee? Dan het jy regtig geleef – en beleef.’ Ek het bietjie vergeet hiervan, totdat ek weer in my joernaal geblaai het. Maar ek onthou nog die


Onlangse inskrywings

”Hy het teruggekom.Die een wat die blomme op haar kar gelos het.En hierdie keer het hy nie gekomom iets te bring nie,hy het gekom om iets te vat. Vir haar. En nou word Claire Winters iewers in ’n sel van sement gevange gehou. Eers plaas sy haar hoop op haar speurderbroer. Hy weet wie die man is wat haar ontvoer het. Maar nog ’n lang, donker dag eindig met ’n toebroodjie en ’n glas water en Derek kom nie. Claire besef hierdie keer sal sy haarself moet red. Voordat haar verstand heeltemal in die swart van die kelder oplos.” Die enigste uitweg



Onlangse inskrywings

“I have 6 bugs. Bilharzia, Rickettsia spotted fever, Lyme, Mycoplasma, and two Chlamydia’s.” Ek lees dit op een van my vier liefkinders se ondersteuningsblad: The Jadin Protocol op fb. My ma-hart ruk en skommel soos ‘n roeiboot sonder spane oor die water. Tussendeur luister ek RSG, ‘n praatjie oor Bilharzia. Die slotwoorde: genesing is ‘n tydsame proses.Geduld. Ons wil altyd alles dadelik reg en mooi en goed hê. Leer ons GEDULD, Here. Leer ons om U volkome te vertrou in en met alles. Ja, ek tik dit in hoofletters. Geduld en bowe-al VERTROUE. Want ons is nie alleen nie. Tóg glo ons nie dat die Heilige Gees elke dag by en met



Onlangse inskrywings

Hermanus is in the privileged position to not only be a great summer destination, but also have more than enough to lure holidaymakers to its shores during wintertime. The reason? The annual return of the Southern Right Whales, of course!


Onlangse inskrywings

Ons deel graag die maand die bladmusiek vir ‘n splinternuwe worship song vir Pinkster deur Manna met die naam “Heil’ge Gees”. Laai dit gerus af en gebruik in jou gemeente se Pinksterweek. Heilge Gees_chordDownload Die liedjie is gebore by ‘n liedjieskryf byeenkoms van lede van GK Linden se jeug worship groep en is spesifiek geskryf om te sing by die kerk se Pinksterdienste.


Onlangse inskrywings

Die Jood op die Ashoop Weduwees het dit nooit maklik nie, en ryk weduwees se lewens is soms nog moeiliker, veral as sy ‘n weduwee is wat ‘n plaas of meer as een plaas van haar oorlede man geërf het. En as die weduwee in die omgewing van Pofadder boer en sy het meer as een plaas, dan kan die lewe vir haar baie interessant en selfs dodelik word. Lien (skuilnaam) was so ‘n weduwee. Op ‘n manier het ons Meerkatman en Lien se paaie gekruis. Lien was ‘n weduwee en die Meerkatman was ‘n wewenaar in die Karoo waar onverbonde vrouegeselskap so skaars soos reën is. Jy hoef



Onlangse inskrywings

[18/12/19] Jy lê weer met jou kop op my maag, in my arms met jou lyf gevou om myne.Soos ‘n anker hou jy my vas. Ek probeer los breek en weg dryf; ek probeer wegkom van die storm of tsunami of watokal my hart gaan tref. Maar jy hou my geanker.Ek span kettings om my hart. In my kop maak ek besluite, dit word gefinaliseer.En dan met net die regte woorde van jou word die kettings weer gebreek.Jy gebruik altyd die regte woorde, ek hoop altyd dis opreg.Jys hartseer en bang, jou kop behoort nie aan jou self nie en jy kry nie aanvaarding van dié by wie jy dit die graagste wil hê nie. Ek


Onlangse inskrywings

met ‘n ou dame hond en voëltjies wat kwêtter met lepelê en vermaaklikheids vermaak maak ons planne planne van bestemmings wat bestem is stem jy saam saam is beter beter as gister van gister word vergeet want al die ly, het gelei tot hier hier langs jou met ‘n ou dame hond en voëltjies wat kwetter


Onlangse inskrywings

As jy glo soos ‘n kind in die Hemel… Hoeveel landerye, windpompe, vetskape met hanslammers, Propvol beeskrale vars gebakte brood met egte botter pap en kaings en hoenders wat op wolke eiers lê is daar nou al in die kind se Hemel met al die boere wat daar rond loop…



Onlangse inskrywings