Nuut bygevoeg: wys / wegsteek
Onderwysers aan die Pionierskool maak met groot sukses gebruik van die multisensoriese tuin in hulle lesse. Die direkte en konkrete ervaringe wat moontlik is in die tuin, sowel as die feit dat verskillende sintuie betrek kan word, maak die leerproses interessanter en meer effektief in, onder andere, Sosiale Wetenskap (Geskiedenis en Geografie), Natuurwetenskap en Tale. Ter verheldering, die volgende voorbeelde: Annannet Oliver, ‘n onderwyser van graadses-leerders, moes in Geskiedenis die tema oor inheemse groepe en die gebruik van plante vir medisyne behandel. Sy het die leerders in die tuin geneem en hulle aan die blare van veral die verskeidenheid malvas laat ruik en voel en gesels oor die gebruik van plante vir, ondermeer,
Onlangse inskrywings
VIDEO
Onlangse inskrywings
Dit is ’n liedjie oor liefde met die eerste oogopslag en om kanse te waag,” sê POSDUIF se hoofsanger, James Boland, oor die betekenis agter hulle nuutste enkelsnit, STELLENBOSCH SOMERSAAND, wat pas vrygestel is. Hierdie goedvoel-popsnit, met ’n tagtigs-aanslag, is geskryf deur Boland, Nick Jordaan en Nathan Woodman, vervaardig deur Brendan Campbell en gemeng deur Hugo Ludik. “Stellenbosch is ’n pragtige dorp, met goeie mense en mooi geboue. Ons wou ’n liedjie skryf wat hierdie skoonheid versinnebeeld deur ’n liefdesverhaal en bekende plekke by te voeg,” deel James. “Dit is een van ons gunsteling-liedjies om op te voer en is ’n unieke Afrikaanse snit, met ’n nostalgiese gevoel.”
Onlangse inskrywings
Ons is ń groep vroue, die goue vroue, elkeen van ons het ń stukkie goud in haar. Ons flans woorde bymekaar en maak stories, ons elkeen het ń huisie in Rebusfontein. Dit is ons realiteit, weg van realiteit. Jy kan kom saam skryf, of andersins saam met ons, ons avonture beleef. Volg ons volgende verhaal op die onderstaande link. https://fresh.inlinkz.com/party/58bfda52c1464dd6bd728872e5955344 Die GV geniet die mooi plekke in die Boland, die kosse, die wyn en die musikale samesyn. Dis op hierdie laaste noot wat die Boytjie van Brackenfell, Pedro Kruger, ter sprake kom. Hy het dit flou gekap op Franchhoek se wynroete en toe ons hoor sy volgende
Onlangse inskrywings
Ons is ń groep vroue, die goue vroue, elkeen van ons het ń stukkie goud in haar. Ons flans woorde bymekaar en maak stories, ons elkeen het ń huisie in Rebusfontein. Dit is ons realiteit, weg van realiteit. Jy kan kom saam skryf, of andersins saam met ons, ons avonture beleef. Volg ons volgende verhaal op die onderstaande link. Daar is gedagtes rond gegooi en bedink, daar moet ń nuwe avontuur gebeur. So het Trommeltjie na ń bus begin soek, want sy was lus vir reis, toe Toortsie dit hoor het sy daddlik besluit dit moet ń parmantige pers bus wees. Daar is foto’s gedeel en gewik en geweeg. Uiteindelik het ons die regte bus gekry,
Onlangse inskrywings