blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Blik maak 'n aktiewe indeks van Afrikaans op die oop web (dws nie MySpace en Facebook nie). Niemand weet wat alles volgende hier gaan verskyn nie.
Blik poog om aan jou die beste goed te wys soos dit gepubliseer word. Van akademies, boeke en blogs, landbou, politiek, resepte, rugby en romanza tot zef.

Platforms

Die Afrikaanse Internet bestaan hoofsaaklik by die volgende platforms:
Hier is

Merkers

Dieselfde blogs en websites hierbo gelys, kan ook min of meer so gekategoriseer word:

Hoe dit werk

By blik.co.za kan jy nuwe blogs en webbladsye ontdek, en sien hoe die Afrikaanse web gebou word. Hier is tans 5390 blogs en webbladsye gelys, en meer word voortdurend bygedra. Ouer bydraes skuif ondertoe, en verdyn redelik gou van die voorblad af, maar bly nog steeds gelys onder die platforms. Elke webbladsy en blog het ook 'n item blad, wat die inligting wys wat blik van jou site stoor. Gebruik die soekfunksie om die item blad vir jou blog of webbladsy te vind.
As jou blog of webbladsy nie hier gewys word nie, kan jy dit byvoeg . As dit eers bygevoeg is en dit het 'n nuusvoer (RSS of Atom), sal blik automaties nuwe inskrywings wys. As dit nie 'n nuusvoer het nie, sal dit net by statiese webbladsye, en deur die soekfunksie vertoon word.

As jy wil kontak maak, 'n blog of webbladsy byvoeg, jou blog verwyder, of iets verander in verband met hoe jou blog hier vertoon word, kontak gerhard by blik dot co dot za
Maar soek eers hierbo, om te sien of blik van jou blog "weet".

Waar om te blog

Sommige platforms word nie aanbeveel om 'n blog te begin nie. Daar is baie gratis platforms waar jy kan skryf, so jy behoort nie vir 'n blog te betaal nie, tensy jy unieke behoeftes het.
Die meeste Afrikaanse blogs is by die volgende platforms:

Daar is ook blogs by plekke soos Blogger en elders. Maar ongeag die goeie kwaliteite wat Blogger miskien het, is Afrikaanse blogs daar geisoleer, omdat min mense van hulle weet, en hulle dus baie min kommentaar en lesers kry. Weens die verval en verwaarlosing van blogs.litnet.co.za en Blogs24, kan mens voorspel dat hierdie platforms beindig gaan word, net soos talle ander gratis platforms wat beindig is - Selfs Microsoft het hulle Spaces blog platform beindig.
Slegs Wordpress.com en miskien dalk Blogger blyk stabiel te wees vir die lang termyn.

Lys van Suid-Afrikaanse blog platforms wat verdwyn het

Sommige Suid-Afrikaanse maatskappye, selfs groot maatskappye soos Naspers en Mail & Guardian kan soos cowboys te werk kan gaan met jou blog, en het bewys hulle kan sommer net besluit om dit alles uit te wis, ondanks beloftes wat tot so min as 'n week tevore nog op hul webbladsye geadverteer was.

As jy Wordpress gebruik

Verstel jou skryftaal na Afrikaans. Dit maak dat jou blog gesien kan word by: Dit maak ook dat blik jou blog makliker vanself byvoeg. Kies jou skryftaal by http://example.wordpress.com/wp-admin/options-general.php (vervang example met jou blog se naam)

As jy 'n nuwe Wordpress.com blog wil begin, gaan na https://af.wordpress.com/signup/

Vir die meeste mense is dit baie slegte idee om 'n domain te koop wat jy dan jaarliks moet betaal, terwyl 'n .wordress.com naam gratis is

Ontdek

Wat is in 'n naam?
“Tannie Grietjie het my bekoor”
Because a hond barks, Meneer!
Perlemoen Poacher
Dirk Gysbert de Villiers (26 Julie 1924 tot 28 Desember 2009)
Bart Nel
Sako3006 vuur die skuilkoeëls af
Waar kronkel my moedertaal vandag?
Die WOW, moets en moenies van blog
Dit gaan alles oor die grond
Ek het nie ’n vaderland nie, maar ’n moedertaal.

Vrye Afrikaan Versameling

Nuut: 'n versameling artikels van die Vrye Afrikaan-tydskrif, wat van 2004 tot 2008 deur die FAK onder Johann Rossouw uitgegee is

Storie

Sien hier iets oor die storie en tegnologie van blik.

Ander twak: Woordelyste