Jaarliks in Desember maak woordeboeke, taalgenootskappe, webblaaie, noem maar op, een ná die ander hul “woord van die jaar” (WVDJ) bekend. Soms val die eer ’n nuutskepping te beurt; soms ’n ouer woord. Woorde wat dinge en gebeurtenisse vasvang wat op die jaar hul stempel afgedruk het. Party, veral niewoordeboeke, vra nominasies. Soos LitNet, wat in 2013 sy eerste WVDJ-kompetisie hou en sedertdien elke jaar vra, wanneer die ou jaar op sy rug lê: Watter Afrikaanse woord het jou vanjaar ontstel of geprikkel? Watter woord som, volgens jou, hierdie jaar die beste op? In 2013 was dit e-tol, gevolg deur beurtkrag, die hutsmerk (#), staatskaping, fopnuus, grondonteiening en droogte. Verlede jaar se wenner, COVID-19, het niemand verras nie. Nou
Onlangse inskrywings
Oorgegee aan avontuur,pelgrimstog beplan –’n goed-geoefen-geloof-gevuldefamilie-vriende-span. Gly vir gly,selfs tuimel-terugslaeten goede mee gewerk.Gesprekke strek van Tolkien, Lewis,verby musiek, mushrooms en kerk. Oats en tuna,droeëwors, noodles,Rehydrate en Game.Rys is swaar en melk is luuks,lunch is “more of the same”. Op en op en op en open bietjie plat,en op.Af en af en af en af,en bietjie plat,en stop. Asemrowende lewensgevaar.“Eerder nat as plat.”Engel-skans in die vorm van hand en klipbank bewaarwat afgrond-mistrap maklik sou kon vat. Siele-landskap inge-etsmet woudvallei en bergtop misgordyn.Kamerade in die soms-saam-sukkel,die vreugde troef die pyn. ’n Dankbaar hart.’n Seerblaas toon.’n Pelgrimslied’n Siel, weer skoon. Selah.
Onlangse inskrywings
Onlangse inskrywings
Onlangse inskrywings
Onlangse inskrywings
Onlangse inskrywings