blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers

Radio Rosestad

Diefstal en die vandalisering van Eskom se toerusting ook as rede vir beurtkrag aangevoer
2021-10-25
Eskom se bedryfshoof Jan Oberholzer sê daar is ‘n toename in voorvalle van diefstal en die vandalisering van die kragverskaffer se toerusting en dit beinvloed sy vermoë om elektrisiteit te voorsien. Vroeër is berig Eskom se voorspelling vir beurtkrag in die somer-seisoen lyk nie goed nie.Volgens Eskom se gebeurlikheidsplan word daar in een scenario 3 maande se fase-3 beurtkrag voorspel. Oberholzer het by ‘n nuuskonferensie gepraat oor Eskom se bedryfsvermoë en die toepassing van beurtkrag nadat dit die afgelope naweek weer ingestel is. Hy sê hulle werk op ‘n 24-uur grondslag om die ligte aan te hou.

Mees onlangse inskrywings




Hierdie bladsy is 'n wyser na:
    Radio Rosestad
    platform: ander
    merker: nuus
Die doel van die wyser is:
1. Sodat mense kan sien watter detail van hulle blogs of webladsye hier geindeks is.
2. Vir nuwe blogs en webbladsye help dit dat soekmasjiene hulle kan opspoor.