blik.co.za    blik    meer
Wordpress Ander platforms Blogger Litnet www Byvoeg

Storie - blik se geskiedenis

blik het begin as 'n webprogram waar jy skakels kon bydra, met die doel om dit met ander gebruikers te deel. Dit was moontlik die eerste Afrikaanse webprogram, dws 'n webwerf wat nie net statiese html bevat het nie, maar geprogrammeer is om spesifieke interaksies met die gebruiker te voer. Dit was soortgelyk aan, en geinspireer deur muti en reddit.
Alle skakels en kommentaar wat voorheen bygedra is, is steeds beskikbaar by die adres waar dit was, bv https://blik.co.za/2547/
Daar was later 'n nuwe Reddit kloon by Veldbrand (gemaak deur Jan-Carel Brand)

Die ou blik was taamlik polities, en heelwat dinge is bespreek. Maar 'n forum het genoeg deelnemers nodig, en blik het nooit genoeg sulke deelnemers verkry nie.
Sommige bloggers en skrywers soos Gerrie Terblanche, Sean Jacobs, Chris van der Westhuizen, Annemarie Taylor en Reggie Nel het bygedra, en gehelp om dit interessant te hou.
Ongelukkig het SEO praktisyns en weirdos se deelname later die interessante goed oorskry, en dit kon nie so aangaan nie.
'n Nuwe, meer geoutomatiseerde soort webprogram was nodig, wat grootliks self nuwe Afrikaanse inhoud en webbladsye ontdek, en dit is wat blik vandag is.

Die ou blik is gemaak met CherryPy, Python, MySQL, en Apache. Sien hieronder hoe dit gelyk het.
Die huidige blik is gemaak met Django, Python, PostgreSQL, en Apache

blik.co.za