Nuut bygevoeg: wys / wegsteek
MarkPurnell: Voorslag evangelis, motiveringspreker en intersessor wat weet wat gehoorsaamheid aan sy Skepper is. Marks Framing vir die raam van skiderye, foto's, en sertifikate. MarkPurnell: Obedient evangelist, motivation speaker and intercessor who knows the voice of his Creator. Marks Framing for framing of pictures, paintings, photo's and certificates Die wêreld van Mark Purnell Besoek Stof se tuisblad AV UitgewersJou voorste uitgewer Ontmoet Mark Mark Purnell nooi jou om saam met hom te reis deur die Evangelisasiewerk en opheffingswerk wat hy doen. Reis ook saam met hom deur sy raambesigheid en leer wat hierdie besigheid alles vir jou kan aanbied. Lees meer oor Mark as Evangelis en motiveringspreker. Lees meer oor Mark se raam-besigheid, vir voorslag diens. Kontak Mark en sy span: Mark Purnell: Tel: 0795142088 Faks: 0866717383 Webwerf: www.markpurnell.sukijaki.co.za Epos: [email protected] Studio: Mackenziestraat 160, Brooklyn, Pretoria Posadres: Posbus 36313, Menlo Park, 0102 soekterme moet nog hier kom
Petisie om Afrikaans as ‘n inheemse taal te erken SecuredPetisie om Afrikaans as ‘n inheemse taal te erken Click here to sign this petition in English Die Minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, verdedig steeds sy department se taalbeleidsraamwerk vir hoër onderwys, wat Afrikaans haatlik en ongrondwetlik as ‘n “uitheemse” taal klassifiseer. Die DA sal meedoënloos ons stryd voortsit vir die erkenning van Afrikaans as ‘n inheemse taal. Hiermee rig die DA, tesame met alle persone wat hierdie petisie onderteken, die onderstaande eise aan die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding: Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding moet dadelik die Beleidsraamwerk vir Hoëronderwysinstellings wysig om Afrikaans as ‘n inheemse Suid-Afrikaanse taal te erken. Die Beleidsraamwerk erken tans slegs tale wat aan die “suid-Bantoe taalfamilie behoort” as inheemse tale. Hierdie definisie is onwetenskaplik, strydig met die Grondwethof se uitspraak in die Unisa-saak, en kwetsend en haatdraend teenoor die diverse Afrikaanssprekende taalgemeenskap. Nadat die Beleidsraamwerk aangepas is om Afrikaans se regmatige status as ‘n inheemse Suid-Afrikaanse taal te erken, moet Minister Nzimande die Afrikaanssprekende gemeenskap in die openbaar om verskoning vra vir die wyse waarop hy hierdie gemeenskap se grondwetlike regte tot waardigheid, moedertaalonderrig en gelykheid ondermyn het. Nadat Afrikaans se status as inheemse taal erken is, moet Nzimande alle openbare universiteite – insluitend die Universiteit van Stellenbosch – versoek om hul taalbeleide dienooreenkomstig met Afrikaans se status as ‘n volwaardige inheemse taal aan te pas sodat moedertaalonderrig in Afrikaans uitgebrei eerder as ingeperk word. Onderteken asseblief hierdie petisie!8234 Ondersteuners11766 om 20000 ondersteuners te behaalOnderteken aseblief hierdie petisie om Afrikaans as ‘n inheemse taal te erkenJou NaamJou E-pos AdresJou Kommentaar Ek stem hiermee in dat die Demokratiese Alliansie my inligting mag verwerk vir wettige doeleindes, wat in lyn is met die aktiwitei..
Terloops - Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk. Menu terloops Gewildste Pick of the month Jy sal hou van Gewildste Pick of the month FeaturesHow-tosLekker menseLysie-lysieRedakteurskeuseWat om te kyk Op Showmax Op DStv Op Netflix Oor ons Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk. Jou regte Gebruikersvoorwaardes Privaatheid Kopiereg Kontak ons [email protected] Some rights reserved As jy hou van sexy scenes 10 10 vurige reekse om te stroom Smeulende tonele is volop in dié reekse. Meer ‘Seinfeld’: 180 episodes van lag oor net mooi boggerôl Al 180 episodes van die invloedryke en immergewilde sitkom, 'Seinfeld', is nou op Netflix in Suid-Afrika. Meer Vier jaar, 11 moorde, een affair Tarren-Lee Habelgaarn vertel hoe die Showmax-dokkiereeks 'Devilsdorp' haar teruggeneem het na haar dae as joernalis toe sy oor die Krugersdorp-moorde berig en die gevoellose getuienis van die beskuldiges uit die hofbanke aanskou het. Meer Die handskoene kom af in Succession S3 Die goue reël is: Die man met die goud maak die reëls. Maar eers, die grootse stryd vir dáái goud. Meer Van Mej. Suid-Afrika-model tot ‘7de Laan’ se Shady Die aktrise en model Beàta Bena Green staan vir niks terug nie. Deur Tarren-Lee Habelgaarn Meer Wat, waar en wanneer? Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk. Gewildste Sien alles Seinfeld S1-9 Succession S1-3 Blood & Water S1-2 Nêrens, Noord-Kaap Squid Game Sex Education Editor's pick of the month: Speletjies, seks, en snorre Sex Education, Colin in Black & White, Wie word ’n miljoenêr? en Squid Game tel as ons top TV-keuses vir Oktober. Meer Nuwe stories Sien alles Ram vir ’n Rus Ram vir ʼn Rus volg hubare bachelors in hul soektog na (Russiese) liefde. Meer ‘Seinfeld’: 180 episodes van lag oor net mooi boggerôl Al 180 episodes van die invloedryke en immergewilde sitkom..
Clinton V du Plessis - Biografie CLINTON V. DU PLESSIS Kontak Biografie Aantekeninge teen die skemeruur Woorde roes in die water Rangeer Flitse Gedigte, talk show hosts & reality shows Tussentydse Verslag in god's country:no 2 - 21 Curriculum Vitae geloofsbelydenis van 'n kluisenaar Brunch met twee Kort van draad Gedigte Fiksie Artikels, onderhoude en resensies Bekgevegte en die pennestryd Luister na voorlesings Bekkighede Biografie (Foto: Gallo Images) Clinton V. du Plessis is op 20 Februarie 1963 op Kookhuis, in die Oos-Kaap, gebore. Hy gaan daar en op Somerset-Oos skool en matrikuleer aan die Senior Sekondêre Skool Holy Rosary op Cradock. In 1984 debuteer hy by Perskor en publiseer daarna nog sewe digbundels en een kortverhaalbundel onder eie beheer. Sy werk is ook in verskeie bloemlesings, plaaslik en in die buiteland, opgeneem. Hy woon tans op Cradock en is ‘n voltydse syfersmid en deeltydse woordverwerker. Hy het o.a: 1) Geweier om sy gedigte in Groot Verseboek te laat opneem, 2) Die kortste gedig, in Afrikaans, gepubliseer, 3) Een van die kortste resensies vir een van sy bundels ontvang. Digter, uitgewer, skrywer, sosiale kommentator Posbus 547, Cradock, 5880 KNOOP Die lewe is soms ’n kwatryn wat nie ’n fok wil rym. Today, there have been 16 visitors (19 hits) on this page! This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website? Sign up for free
Rooibaard Produkte Facebook Instagram 0 Items 082 944 9280 [email protected] Home Winkels Home Winkels Tuis | Winkels Rooibaard is ‘n matige peri-peri sous. Jy hoef nie die toiletpapier in die yskas te sit nie – die sous is net flippen lekker. Jou rand gaan net brand as jy die goed drink en groot slukke vat. Eet net bietjie bietjie op jou kos. waarskuwing: Die sous is verslawend, as jy dit eers eenkeer op jou slap chips, bully beef of Pronutro geëet het, gaan jy dit nooit weer sonder Rooibaard wil eet nie. Jy sal jou eie skoonma slaan vir nog n bottel as hy klaar is. rooibaard souse & speserye Nie getoets op lewendige diere nie rooibaard Rooibaard is ‘n matige peri-peri sous. Jy hoef nie die toiletpapier in die yskas te sit nie – die sous is net flippen lekker. Jou rand gaan net brand as jy die goed drink en groot slukke vat. Eet net bietjie bietjie op jou kos. Waarskuwing: Die sous is verslawend, as jy dit eers eenkeer op jou slap chips, bully beef of Pronutro geëet het, gaan jy dit nooit weer sonder Rooibaard wil eet nie. Jy sal jou eie skoonma slaan vir nog n bottel as hy klaar is. groen trui Die sous gaan jou meer hoendervleis gee as Joel se 1995 drop goal. Werk dit maar in op jou maandelikse begroting, want jy sal nie meer sonder Rooibaard sous kan lewe nie! Steek ‘n vuurtjie aan, gooi ’n trippel Riekie Louw, trap ‘n hoender plat, sit sy lyfie in ‘n Groen Trui Sousie en luister bietjie na Oom Leon se “Pretty Kabousie”. Hierdie sal ‘n Vaaldam Kurper en selfs jou eks-vrou se kos laat lekker smaak. laeveld braai spice Gemeng deur broers. Laeveld Braai Spice werk lekker op vis, hoender, vark, skaap, steak, groente en tot op Pronutro. Jy sal nie weer sonder Rooibaard se Laeveld Braai Spice wil eet nie. Jy sal tot jou eie skoonpa slaan vir nog ‘n bottel as hy klaar is! hy brand bloedrooiAs jy Kwaadbaard geëet het mag jy maar huil, dis OKAY. Bel die brandweer! Los die toiletpapier en kry gevriesde wetwipes! Moenie die goed eet nie, dit brand meer as deepheat op jou klokke. Dit is die kwaad in die lewe wa..
Tuis ONS SPAN KOSTES KONTAK ONS KURSUSSE BESTAANDE INTEKENARE - LOG HIER IN Konkrete en kinestetiese onderrig.Hulp en leiding vir vroeë kinderontwikkelingspesialiste Jou oase op die onderrigpad Is jy nuut ? Teken hier in Is jy 'n bestaande intekenaar ? Dan kan jy inlog bo-aan hierdie bladsy (pienk knoppie). Kliek hier UITDRUKBAAR OF AANLYN Hulpmiddels en idees vir jou klas of huis.Ons aanlyn materiaal is nie aflaaibaar nie, maar wel uitdrukbaar. Druk soveel kopieë uit as wat jy wil, selfs in hoë gehalte kleur. Kliek hier WERKSWINKELS EN SEMINARE Graad R sonder Werkskaarte (aanlyn), ons gewilde Kleuter seminare en nog vele meer.Werk deur die materiaal in jou eie tyd en vra vrae vir ons paneel kundiges per Whatsapp na die tyd. Kliek hier KURRIKULUM EN TUISPROGRAM Ons volledige kurrikulum vir ouderdomme 4 jaar tot graad 1, sowel as 'n mamma-vriendelike tuisprogram (2 jaar oud tot Graad R). Al 33 temas, aanlyn assesserings (met riglyne) - als selfoon-vriendelik! Maand-tot-maand, geen kontrakte nie (gratis demo ook). Ouers Kliek hier vir programme spesifiek vir skoolgereedheid Als wat ouers nodig het vir hul 2 - 6 jariges se onderrig. Of jy nou tuis jou kroos onderrig weens Covid 19 en of jy ekstra materiaal soek - ons kan help! Onderwysers Kliek hier vir opleiding en hulpmiddels vir onnies. Seminare, werkswinkels, temas en meer - ons is ook 'n SACE geakkrediteerde verskaffer.Tema-gerigte hulpmiddels en aktiwiteit idees. Hoofde en eienaars Kliek hier vir hulpbronne rondom bestuur, Covid 19 en jou kurrikulum. Raad en riglyne vir 'n suksesvolle klein-kinder onderrigsentrum. Ons bied 'n volledige CAPS belynde kurrikulum. Aanlyn tuisprogram wat jou leerlinge tuis en by jou sentrum laat leer sonder onderbrekings. Blaai deur al ons programme hier onder 1500+ DEELNEMERS Landswyd het ons al meer as 1500 onderwyseresse, ouers en assistente opgelei. Dit sluit hoofde in. Ons fokus is telkens op die vroeë kinderontwikkeling spesialis en is ons passievol oor korrekte onderrig praktyke. 1 miljoen NOG OP PAD Ons idees en drome is no..
Stroom die Biltong Sessies regstreeks en Wim TV met Wimpie en Stem | Wim TV Kontak ons op [email protected] Volg ons: AFR | ENG AFR | ENG Heroes Heroes Restaurant Biltong Sessies Wim TV Bok Boost Die Biltongfees Bok Radio Gholfdag Winkel Hulp Teken In/Registreer Bok Radio Gholfdag Dinsdag 2 November om 10:00 R 4000 .00 Koop jou kaartjie nou! Kurt Darren Daar waar Kurt Darren is, is dit altyd lekker! Kom ons maak van die Donderdag, ‘n “Klein Saterdag” soos in “Die goeie ou dae” Belangrike inligting: Deure vir die vertoning maak Vrydag en Saterdag 18h00 oop, sodat jy rustig voor die tyd iets kan eet. Die vertoning begin stiptelik om 19h30. Deure vir die vertoning maak Sondag 12h00 oop en die vertoning begin om 13h30. Ons moedig ons gaste aan om kos te bestel voor die vertoning te begin. Die huis ligte word afgeskakel tydens die vertoning en dis aansienlik moeiliker om in die donker te eet ? Daar sal ‘n gastelys by die deur wees met die naam op van die persoon wie die kaartjies gekoop het. Dit is nie nodig om enige papierwerk saam te bring nie. Jou gaste wat saam met jou aan tafel sit, kan net jou naam by die deur gee. Agv Covid regulasies spasieer ons met elke vertoning die tafels sodat almal inpas, dus is die tafel nommers nooit dieselfde nie. Sodra jy by die deur kom, sal sekuriteit vir jou, jou tafel nommer gee en die kelner sal jou na jou tafel toe neem. Alle kaartjies wat onder dieselfde naam gekoop is, sal aan een tafel sit. Koop jou kaartjie nou! Nadine Belangrike inligting: Deure vir die vertoning maak 18h00 oop, sodat jy rustig voor die tyd iets kan eet. Die vertoning begin stiptelik om 20h00. Ons moedig ons gaste aan om kos te bestel voor die vertoning te begin. Die huis ligte word afgeskakel tydens die vertoning en dis aansienlik moeiliker om in die donker te eet ? Daar sal ‘n gastelys by die deur wees met die naam op van die persoon wie die kaartjies gekoop het. Dit is nie nodig om enige papierwerk saam te bring nie. Jou gaste wat saam met jou aan tafel sit, kan net jou naam by die deur gee. Agv Covid regu..
Samespraak 0 Skip to Content Current Page: Tuis Oor ons Ons visie en missie Samespraaklede Program Skrywersresidensies Opkomende seminare Afgelope seminare Blogs Registreer Open Menu Close Menu Current Page: Tuis Oor ons Ons visie en missie Samespraaklede Program Skrywersresidensies Opkomende seminare Afgelope seminare Blogs Registreer Open Menu Close Menu Current Page: Tuis Folder: Oor ons Back Ons visie en missie Samespraaklede Folder: Program Back Skrywersresidensies Opkomende seminare Afgelope seminare Blogs Registreer SamespraakNagraadse Studiegroep vir Afrikaans en NederlandsAs ’n manier om belangstelling in die vergelykende bestudering van Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse literatuur te kweek, bied Samespraak ’n aanlyn platform vir nagraadse studente en postdoktorale ondersoekers van die Lae Lande en Suid-Afrika (maar ook Pole, Tsjeggië, Duitsland, Namibië, Suriname, Curacao en Aruba). Die forum dien as ’n platform waarop seminare, leesgroepe en werkswinkels gefasiliteer word. Meer oor ons Oproep om lidmaatskap Daar word slegs 18 lede gekeur om deel te neem aan Samespraak se program vir 2021. Voornemende lede moet vir ‘n MA of PhD in Afrikaans en/of Nederlands by ‘n universiteit geregistreer wees om oorweeg te word. Postdoktorale ondersoekers en akademici wat belangstel in die vergelyking van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde word ook uitgenoooi om deel te neem. Die vereiste is dat kandidate ‘n vergelykende studie in Afrikaanse en Nederlandse prosa of poësie onderneem.Indien jy belangstel om deel te word van die Samespraakgemeenskap, voltooi asseblief die onderstaande vorm en stuur dit voor of op Maandag 16 November 2020 aan die Samespraakbestuur. Begin hier Opkomende seminare Die eerste semester skop op Woensdag 20 Januarie 2021 af met ’n virtuele bekendstellingsgeleentheid vir alle Samespraaklede. Opkomende seminare vir die eerste semester bestaan uit werkswinkels in Februarie, Maart en April. ’n Spesiale skrywerswerkswinkel word vir Mei beplan. Dié werkswinkel fokus op die bekroonde Nederlandse dig..
Inheemse bome | Tuisblad (+27) 082 654 9344 [email protected] Toggle navigation Tuisblad Lys van Bome Dienste Dienste Projekte gedoen Kontak Ons Welkom by Inheemse Bome Hierdie webwerf is nie ontwikkel met die doel om bome te identifiseer nie. Dit is geskep om U te help om n idee te vorm van hoe die betrokke boom sal lyk wanneer hy volwasse is en of hy in U area sal groei. Sodoende kan dit U help om n ingeligte besluit te maak. Ons het 'n besonderse liefde vir die bome van Afrika, en in die besonder vir die bome wat endemies aan Suider Afrika is. Ons glo dat elke persoon sy of haar kant moet bring om so 'n paar inheemse bome te plant, hetsy in jou tuin of op jou plaas, of enige ander plek waar jy 'n nalatenskap kan lewer. Verskaffing van kwaliteit bome ( van klein tot groot aan privaat persone, kwekerye, myne, landskapsargitekte ,boere ens). Kweking van bome ( Ook op kontrak basis vir bv spesifieke projekte soos o.a. rehabilitasie-projekte ens). Aflewering en plant van bome (Kommersieel, industrieel, privaat en op sub kontrak basis). Gratis advies met die keuse en plasing van bome. Ons verskaf bome in ALLE groottes en kan dus ook uiters meeding in die verskaffinng van bome aan stadsrade en landskapsargitekte vir spesifieke projekte. Wees verseker van ons absolute toegewydheid om die beste diens en prys ooit te verskaf! SWARTAPIESDORING 5L - 500L R40 - R5500.00 Koop Nou GEWONE HAAKDORING 5L - 500L R40 - R5500.00 Koop Nou KAMEELDORING 5L - 500L R40 - R5500.00 Koop Nou APIESDORING 5L - 500L R40 - R5500.00 Koop Nou SOETDORING 5L - 500L R40 - R5500.00 Koop Nou SWARTHAAK 5L - 500L R40 - R5500.00 Koop Nou KNOPPIESDORING 5L - 500L R40 - R5500.00 Koop Nou LEKKERRUIKPEUL 5L - 500L R40 - R5500.00 Koop Nou Kliente Terugvoer Ek wil net graag baie baie dankie se vir die professionele advies en uitstekende diens wat ek van jou ontvangs het. Niks was ooit te veel moeite vir jou gewees nie, ek waardeer ook die tyd wat jy aan my spandeer het om die keuses vir my makliker te maak. Jou bome is van uitstkende en hoe gehalte, ge..
HTA Afslaers | Hugo & Terblanche Afslaers | Eiendomsagente Toggle navigation Tuisblad Meer Oor Ons Ons Dienste Veilings Eiendom Dokumente Kontak Ons English Submit HTA AFSLAERS Hugo & Terblanche Afslaers is sedert 1983 ʼn markleier in die afslaersbedryf in Suid-Afrika. Ons kantoor is geleë te Petrusburg in die Suid-Wes Vrystaat. Ons sentrale ligging stel ons in staat om die hele Suid-Afrika te bedien. Die besigheid word bestuur onder leiding van Jan Hugo en Dewald van der Berg. Jan en Dewald is beide prokureurs en is in staat om na die belange van ons kopers en verkopers om te sien en alle regsaspekte van ons transaksies te hanteer. Lees Meer GerEgIstreer by: South African Institute of Auctioneers Estate Agents Affairs Board South African Council for the Property Valuers Profession Komende Veilings VEILING VAN WESSELSBRON PERSEEL GEHOU op 09-06-2021 Besigtig Besonderhede Plek: KONTAK ONS KANTOOR Tyd: MAAK 'N AANBOD VEILING VAN KROONSTAD GEBOU GEHOU op 02-07-2021 Besigtig Besonderhede Plek: KONTAK ONS KANTOOR Tyd: MAAK 'N AANBOD INSOLVENTE BOEDEL VEILING - DONDERDAG 14 OKTOBER 2021 10:00 BRANDFORT HUIS 11:00 PLAAS, BAKKIES, SLEEPWAENS, TREKKERS, IMPLEMENTE, SPUITE EN PLANTERS op 14-10-2021 Besigtig Besonderhede Plek: DUKESTRAAT 66 Tyd: 10:00 VOLMAG VEILING VAN STEYNSRUS PLASE op 22-10-2021 Besigtig Besonderhede Plek: DRIEPUNT/PALMIETSPRUIT Tyd: 12:00 INSOLVENTE BOEDEL VEILING VAN PERSELE, SPILPUNTE, BAKKIES, SLEEPWAENS, TREKKERS, IMPLEMENTE, SPUITE, PLANTERS EN PLOEë op 03-11-2021 Besigtig Besonderhede Plek: VAALHARTS NEDERSETTING A Tyd: 11:00 Copyright © 2014 HTAA | Admin | Website designed and developed by Bikbrein Media
Meneer die President, dringende ingryping en verskoning jeens plaasaanvalle en -moorde nodig SecuredMeneer die President, dringende ingryping en verskoning jeens plaasaanvalle en -moorde nodigOnderteken die DA se ope brief aan President Ramaphosa wat vra dat hy om verskoning vra vir die feit dat hy ontken het dat mans en vroue in landelike gebiede in vrees moet leef wyl hul onverpoos werk om die land te voed. Ons vra ook vir dringende ingryping jeens plaasaanvalle en -moorde. Please click here to sign this letter in English. Meneer die President, Tydens ’n onderhoud in September 2018 met die finansiële nuusdiens, Bloomberg, het u gesê daar is “geen moorde op boere … in Suid-Afrikaâ€�. "There’s no land grab in South Africa." President Cyril Ramaphosa says Trump's tweet about the country's land reform was misinformed pic.twitter.com/PBniYJQcQZ— Bloomberg QuickTake (@QuickTake) September 27, 2018 Maar boere, plaaswerkers, en besoekers aan plase (van alle rasse) was destyds vermoor, en word steeds vandag vermoor. Hierdie moorde gaan dikwels met vreeslike marteling van die boere en plaaswerkers, hul ouers, hul vrouens, en hul kinders, gepaard. Wat u destyds kwytgeraak het was ’n leuen. Inteendeel, ten tye van u onderhoud was daar 54 boere en plaaswerkers gruwelik op Suid-Afrikaanse plase vermoor, en daar was 394 aanvalle. Plase in Suid-Afrika is steeds vier keer gevaarliker as enige ander gebiede in die land. In 2018 was daar 395 plaasaanvalle en 56 plaasmoorde. In 2019 was daar 419 plaasaanvalle en 56 plaasmoorde. En tydens die Covid-19 grendelperiode het plaasaanvalle en -moorde die hoogte in geskiet. Ons vra, Meneer die President, dat u nie net u verklaring terugtrek nie, maar ook onomwonde die mans en vrouens wat in vrees in landelike gebiede woon, maar steeds 24/7 werk om die land te voed, om verskoning vra. Ons vra ook weer dat u dringende aandag aan die kwessie van plaasaanvalle en -moorde gee. Die Demokratiese Alliansie, ook DA Skadu Minister van Staatsveiligheid, Dianne Kohler Barnard LP (sien video h..
Tuis | Die Ickabog Skip to main content Die Ickabog Menu Tuis Lees die storie Kompetisie Nuus Oor die skrywer Afrikaans (ZAR) Jy’s nou op die webwerf van my nuwe storie, Die Ickabog. Ek het die idee vir Die Ickabog lank gelede gekry en dit saans hoofstuk vir hoofstuk vir my twee jonger kinders gelees terwyl ek daaraan gewerk het. Maar toe dit tyd word om dit te publiseer, het ek besluit om eerder boeke vir grootmense te skryf. Dit is hoe Die Ickabog bo in my solder beland het. Ek het met ander dinge besig geraak, en al het ek baie van die storie gehou, het ek deur die jare daaraan begin dink as iets wat ek net vir my eie kinders geskryf het. Toe kom die inperking. Dit is veral vir kinders moeilik, daarom het ek Die Ickabog op die solder gaan haal en dit ná jare weer gelees, hier en daar stukkies oorgeskryf en dit toe van voor af vir my kinders gelees. Hulle het gesê ek moet van die stukkies waarvan hulle gehou het toe hulle klein was weer terugsit, en hier is dit nou! Die Ickabog sal oor die volgende sewe weke gratis in aflewerings van ’n hoofstuk (of twee, of drie) op hierdie webwerf gepubliseer word. Dit is nie Harry Potter nie, en daar is geen towerkuns nie. Dis ’n heeltemal ander storie. Vir my is die opwindendste deel van die projek dat ek jou wil nooi om Die Ickabog vir my te illustreer. Ek sal elke dag voorstelle maak oor wat jy dalk kan teken. Jy kan inskryf vir die amptelike kompetisie wat my uitgewers hou. Wie weet, dalk word jou kunswerk gebruik in die gedrukte weergawe van die boek wat later vanjaar gaan verskyn. Al gaan ek voorstelle maak oor wat om te teken soos ons verder gaan, kan jy jou verbeelding vrye teuels gee. Ek gaan nie die kompetisie beoordeel nie. Elke uitgewer gaan besluit wat die beste vir sy spesifieke uitgawe sal werk. Maar as jy, jou ouer of voog jou kunswerk graag op Twitter met ander wil deel, gebruik gerus die hutsmerk #TheIckabog sodat ek dit kan sien en miskien daarop reageer. Wanneer die boek in November gepubliseer word, gaan ek my skrywersfooi skenk om mense wat deur die kor..
About - Dewald Steyn Musiek Skip to content Dewald Steyn Musiek Menu About Bookings Gallery Musiek Video Shows Scroll down to content About Sneeuwitjie https://www.youtube.com/watch?v=hpcdCdPtyTo Dewald Steyn se musiek loopbaan het onoffiseel begin toe sy Ma (Tersia) en haar tweeling suster (Myra) n duet groep begin het in hulle jonger jare. Tersia en Myra Botes was bekend as “Die Singende Tweeling” en het saam bekendes soos Sonja Heroldt en Lieb Bester langspeelplate opgeneem en luisteraars bekoor met hul engel stemme. Steyn se loopbaan het offisieel einde 2008 begin, toe hy VONK genader het met n demo opname, en van daar af heelwat promosie werk saam die agentskap gedoen het. Dewald het einde 2010 n lied geskryf vir die Blou Bulle getiteld “Blou Bloed In My Lyf” en die lied het dadelik aanklank gevind by die Blou Bul ondersteuners. Dewald bring toe n enkelsnit album uit met "Blou Bloed", met die hulp van Gerhard Steyn se orkes en Dale Schnettler (Prime Circle dromspeler), waarna die album sorg vir groot blootstelling en selfs n paar kuiers op televisie. "Blou Bloed" speel op verskeie radiostasies, onder andere “Oosrand Stereo, Jakaranda Stereo, Kosmos Stereo, Radio Kragbron, RSG, Overvaal Stereo, Radio Tygerberg... Dewald span toe kragte saam met die eienaars van die "Blou Bloed" energiedrankie, en Blou Bloed loop van krag tot krag! Dewald kuier saam die "Tonge Los" span op die kassie, asook DKNT advertering, en die massiewe Gospel Produksie, "Gospel In Afrikaans", saam Nedine Blom, Andries Hendrik Potgieter, Ronell Erasmus, Willie en Natasha Joubert. Dewald het die verhoog met meeste van ons land se grootste kunstenaars op verskeie kere gedeel. Saam : Snotkop, Juanita du Plessis, Gerhard Steyn, Nicholis Louw, DJ Ossewa, Kurt Darren, Ray Dylan, Bok van Blerk, Eden, Die Cambells, Lianie May, om maar net n paar te noem, vermaak hy die gehoor waar hy gaan. Dewald spits hom toe op die Afrikaanse Pop Rock genre. Dewald voltooi sy debuut album getiteld, “Sneeuwitjie”. Die album vind aanklank by luisteraars landwyd, e..
FAK - Internasionale Afrikaans-Ekspo Toggle navigation Skryf In Internasionale Afrikaans-Ekspo vir skoolleerders en studente Lees Meer Skryf Aanlyn In Wat is die Internasionale Afrikaans-Ekspo? Die Internasionale Afrikaans-Ekspo is ’n opwindende skryf- en kreatiewe kunstekompetisie wat fokus op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans. Tesame met die feit dat dit pret is om deel te neem, word leerders ook gehelp met hulle skryfproses deurdat hulle terugvoer kry van die beoordelaars. Algemene Inligting Wie kan deelneem? Alle graad 1- tot 12-leerders en studente in Suid-Afrika en Namibië asook enige land ter wêreld waar Afrikaans as moedertaal of nie-moedertaal gebruik word of bestudeer word. Graad 1- tot 5-leerders kan deelneem aan voordrag, skilderkuns en poësie, alle ander leerders en studente kan aan al die kategorieë deelneem. Hoe neem ek deel? Inskrywings kan op 2 maniere ingedien word: Aanlyn by ekspo.fak.org.za Per hand of koerier na die FAK-kantoor (Slegs kunswerke kan op die manier ingedien word.) Sperdatum Alle inskrywings moet teen 12 Julie 2021 ingehandig wees. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Inskrywingsvorm vir Skilderkuns of Tekenkuns Skryf Aanlyn In Vanjaar se tema is BOEKE Lank lank gelede ... Reeds in 1856 gee Afrikaanse sy eerste tree met die eerste gepubliseerde Afrikaanse teks. Van daar af ontstaan die eerste gewilde stories in Afrikaans. Stories soos die Drie varkies, Aspoestertjie, Kringe in ’n bos, Maasdorp, Trompie, Saartjie en vele meer. Nou honderd vyf en sestig jaar later is Afrikaanse boeke steeds ’n gewilde tydverdryf waar oud en jonk hulle in die verhale van karakters kan inleef. Ons dink aan legendes soos o.a. Dalene Matthee, Stella Blakemore, Bettie Naudé en Topsy Smith wat baanbrekerswerk verrig het. Natuurlik is daar ook vandag skrywers soos o.a. Jaco Jacobs, Christien Neser, Carina Diedericks-Hugo en Cathy Hopkins wat nuwe pret en plesier tot Afrikaanse BOEKE voeg. Natuurlik baljaar ons nie net in die stories van ons karakters nie, maar leer ook lesse..