blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Nuut bygevoeg: wys / wegsteek
blogger:
Blogger inligting Blogger was lank die tweede beste platform (na Wordpress.com), maar word nie goed teen spammers, scammers en hackers beskerm nie. Wordpress.com is tans die beste gratis blog platform, en het 'n invoer funksie waarmee jy jou Blogger blog kan invoer.


blogger nuut bygevoeg:
De Oude Huize and life in the slow dance at Kameel Huise tussen spore   
Ware Christene   
Brose Stad Blog   
Pleroma   
Van Sigbare en Onsigbare Dinge   
Wit Korbeel   
PW Buys   
AfriKlas   
Stofspore   
Afrikaanse Lirieke   
560 blogger items           Bladsy 3 van 12: vorige | volgende     
The following anecdote was told to me by my friend Kevin.  Friends Michael Jordan and Will Smith entered the elevator in a grand hotel.Inside was a white lady clutching a handful of chips she just won at the casino.  She was noticeably nervous when the two black gentlemangot into the lift.  In their typical afro-american slang Will told Michael to hit the floor, meaning to push the button to their hotel room floor.When the lady heard the words "Hit the floor!" she flung herself to the ground, chips scattering all over the place.  She pleaded with them not to hurt her, they could have all the chips.The two had the laugh of their life, helped the lady up and gathered the


Onlangse inskrywings

(oorspronklike blogdatum: 18 Mei 2018)Mei is Internasionale Lupus Bewusmakingsmaand. Dié wat my ken en ook op hoogte van my skryfwerk is, sal weet dat ek onlangs ‘n boek oor hierdie outoïmmuun siekte geskryf het. Ek het in my ma se skoene gestaan tydens die skryf van Die wêreld deur haar oë en die pad probeer stap wat elke Lupusvegter daagliks moet loop.Tydens Lupus Bewusmakingsmaand is daar verskeie veldtogte wat die rondte doen. Verlede jaar het ek self só veldtog geloods. Dit is veral gewild om ‘n pers strikkie te dra of om pers klere aan te trek tydens Mei. Op so manier erken jy hierdie deursigtige siekte en wys dat jy diegene wat daardeur beïnvloed word ondersteun.Dit is alles goed



Onlangse inskrywings

Die tandemuis is ’n rare dingwat enige kind se hart laat sing. Saggies sluip die sluwe muis rond in jou ouers se huis. Versigtig en stil skarrel hy rond opsoek na die tand uit jou mond. Niemand mag hom sien anders kry hy wat hy verdien: Liewe mens Slaap sag in jou bed en hierdie muis sal jou wed. ’n Geldjie in jou skoen en ’n muis wat sy werk kan aanhou doen.


Onlangse inskrywings

Persona: twee kante van dieselfde siel, suave Marcel van Heerden en zef Deon Lotz.Groot flieks - maak nie saak of dit Duck Soup of Ten Days That Shook The World is nie - seil selde ontbloot oor die water vir bewondering.Vir die grootste deel is dit amper-iets: die donker buitelyn van moontlikhede onderwater wat krag bymekaarmaak en dan - uit die bloute - een of twee keer, soos 'n walvis opskiet, jou asem wegslaan, en weer verdwyn.Koos Roets het 'n fliek gemaak van Jeanne Goosen se storie - 'n paw-paw vir my darling. Ek het nog nie die boek gelees nie, net die fliek gesien.Dit gaan oor die doen en late van twee arm-blanke gesinne langs mekaar in Danville, Pretoria



Onlangse inskrywings

Op Saterdag 23 Junie het 'n paar lede van Jbay se Geselsgroep die GGSA Oos-Kaap se genealogiese biblioteek besoek om navorsing te doen.Vooraf is 'n lys, van boeke beskikbaar, na lede gestuur om dit makliker te maak om voorbereiding te doen om die maksimum voordeel uit die oggend te kon kry. 'n Hele paar verlore voorsate is opgespoor maar die ontdekkings het in sekere gevalle gelei tot nuwe inligting met nuwe vrae en uitdagings.Ken Garvie het gehelp om inligting te deel en die nodige boeke aan te beveel en ook help soektogte doen op die internet. Eleanor het die besoekers bederf met eet en drinkgoed en 'n heerlike lasagne vir middagete.'n Baie suksesvolle oggend vir almal wat daaraan deelgeneem het



Onlangse inskrywings

AFFIRMATIVE RIGHT: THE WILL TO CENSOR: WHY EVERYONE WANTS EVERYONE EL...: by Ann Sterzinger Every day when I get up, rub the dust of regret out of my eyes, and crawl over to look at the Intertube, someone has...


Onlangse inskrywings

Dit waak oor myroep my naam my asem warm.Vingers koud en hard voete kaal en seerEk wil wegwil sinkEk wil verdrink.Dis geraasdie stilte verdoofen tog hoor ek jouek wil verdwynek wil wegkwynStil. Net ek.Wil vrek.


Onlangse inskrywings

ZELDA KRUGER (1969 - 2018 ~) Ek blaai deur facebook foto's van haar lewe. Haar glimlag is oral.Getuienisse oor haar impak word gedeel deur dosyne mense:"Jy was n ongelooflike mens gewees en het soveel mense se lewens geraak.""JY was die een wat altyd die wêreld 'n spesiale plek gemaak het Zelda." "May your smile and joy light up heaven.""You were one of the strongest people I knew and your light shone the brightest. You were my mentor and close friend for 15 years."Zelda het altyd gelag en geborrel van vreugde. Sy het baie lewens aangeraak. Sy los n groot legacy." Kanker? 4 jaar stryd? Genuine nie geweet nie. Nie 'n woord is gerep op sosiale media nie. Hoe



Onlangse inskrywings

Dit lyk vir my dat liberaliste glad nie ’n begrip het van die denke en houding van ’n groot stroom konserwatiewe Afrikaners nie. Ek sien dit in die koerante waar ek briewe geskryf het en het dit ook op Morgenzon ervaar. In dié verband wil ek sê wat op Mogenzon gebeur het, wat toon dat die konserwatiewe Afrikaner wat vir sy eie volk stry, nie oor die algemeen deur swartes as hatig teenoor hulle gesien word nie. Eers, wat twee mede-Afrikaners op Morgenzon gesê het: met ons poging om ’n groeipunt daar te vestig, het iemand beswaar gemaak toe een van ons as ouderling gekies is, seker omdat ons swartes haat. Gelukkig is die beswaar nie gehandhaaf nie, maar


Onlangse inskrywings

Maria van Riebeecktak is op 2 Februarie 1952 gestig, drie honderd jaar nadat Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het. Dit is eintlik beskou as die herstigting van die Erasmustak wat in die dertigerjare doodgeloop het. (Mev. Mes was destyds die hoofbestuurslid.) Die stigtingsvergadering is op ’n plaas in die Jakhalsfontein omgewing gehou. Mev. A. Zeeman is verkies as voorsitter, A. Meyer was die sekretaresse en mej. Lettie du Preez die tesouriere. Daar was twee-en-twintig lede. Hierdie tak het ’n baie prominente plek in die dorp beklee en het die voortou geneem met heelwat aangeleenthede wat tot voordeel van die dorp gestrek het, soos die ontstaan van die skietklub en die verplegingsdiens waaruit “Ons Herberg”, die plaaslike



Onlangse inskrywings

Spore tussen klippe en wolke is hierdie naweek 6 jaar oud. Met hierdie geleentheid het ek besluit dat dit tyd is om hierdie blog na 'n nuwe platform te skuif, wat meer nuttige volg-funksionaliteite bied. Spore | tussen klippe en wolke sal daarom van nou af tuisgaan by nielknoblauch.wordpress.com. Kom lees gerus verder daar.For the English speaking people that didn't quite catch that: my blog is moving to the above address. See you there!


Onlangse inskrywings

Inligting, kortliksOns verskaf eerstens, kortliks, hoe om 'n gratis tydlyn af te laai, en tweedens hoe om vollengte tydlyne aan te koop. Daarna word bykomende inligting voorsien, onder die opskrif “Bykomende inligting.” Gratis tydlynOns verskaf gratis aan u die hele tydlyn (swart gedruk) in twee pdf-lêers (Lêer 1) Tydlyn-WH_ble 1– 8) en (Lêer 2: Tydlyn-WH_ble_9-16). Elke lêer bevat 8 pdf-A4-bladsye, Klik op die volgende skakels (genoem "Eerste" en "Tweede") om die lêers te sien, of af te laai en te druk. Skakel vir Lêer 1: Eerste . Indien voltooi, dan die skakel van Lêer 2: Tweede . Bestelling vir vollengte tydlyne U kan met ons in aanraking kom per epos of sel: [email protected] , of


Onlangse inskrywings

Vandag is so droewig buite en soos dit ook nou maar altyd gaan is dit een van die dae wat ek met my rug teen die muur staan en my kop in die sand... die moeilikste is seker om n ouer te wees en moet voel dat jy konstante opofferings maak om hul gelukkig te sien maar waarom is dit dan so maklik vir sommige ouers om net beloftes aan hul kinders te maak en net volkome nie na te kom nie ? Die situasie is n riem onder my hart en skeur my in stukke .. jou luis skaam jou !!! Hoe kan jy vir jou kinders leer dat dit reg is om n belofte te verbreek en oneerlik


Onlangse inskrywings





Onlangse inskrywings

Welkom in 2018. Watter nuwe avonture gaan die jaar vir ons almal in ons Tuisonderwys reis oplewer?Groot verskoning vir die min inskrywings die laaste paar maande.Vir diegene wat nuut is met die avontuur en ook by my blog, loer gerus rond. Daar is baie oulike bronne wat ek alreeds in Afrikaans oor vertaal het en ek hoop om nog nuwes te plaas.My raad aan die nuwelinge: vat elke dag soos dit kom. Los die klokkie en horlosie, geniet elke dag en maak die beste van elke dag. Al kon jul nie in 'n dag vermag het soos wat jy dit beplan het nie, elke bietjie tel op die einde.Aan almal wat Tuisonderwys, wat is julle doelwitte vir 2018? Vir my


Onlangse inskrywings

Twee afgetredenes het langs mekaar ingetrek. Een van hulle was ‘n afgetrede onderwyser en die ander ‘n assuransie agent. Die afgetrede assuransie agent was vreeslik geintresseerd in tegnologie en het voortdurend gepoog om die nuutste tegnologiese inligting te gebruik in al sy projekte.Beide van hulle het tuintjies aangelê en verskeie plante geplant in die beddings en akkers. Die afgetrede onderwyser het sy plantjies min water gegee en het nie altyd sy volle aandag net aan die plantjies toegewy nie. Die afgetrede assuransie agent daarinteen het al sy aandag aan sy plantjies gegee en het hulle dag en nag versorg. Hulle het baie water gekry en is gepamperlang met die nuutste plantvoedings en kunsmis beskikbaar.Die afgetrede onderwyser se plante was



Onlangse inskrywings

Jy't my nooit ontmoet nie,aangename kennis nie te wel.Mag nie met jou praat nie,maar die stilte maak my mal.Ek hoop jy hoor die woorderegtig diep van uit my hart, so:Sorry Vreemdeling,iewers ver van hier,daar's geen meer geheime,niks om te vertel.Ek weet jy sien in vrede eneintlik wou ek jou net vra:Ek het haar lank voor joual rerig lief gehad, so sal jy haar beskerm,te veel hartseer is daar klaar?Ek sal eendag dankie se.Sorry Vreemdeling.Jou rusplek in die skemer,agter die laaste, verste ster,maak my kindersiel nog bang,maar my sitplek is bespreeken ek kry jou by die stasie,reg anderkant die skadu van die maan.


Onlangse inskrywings

Ons het 29 gruwelstories ontvang vir ons Lekkerlees Boekrak gruwelkompetisie en hier is ons 3 wenners:Tot in die derde geslag - Lindi de JagerSy slaaptaai oë sukkel om oop te gaan. Die geluid van ‘n venster wat oopskuif dwing hom om wakker te word. Sy liggaam ruk in hoogste versnelling soos die besef tot hom deurdring: iemand probeer inbreek. Frannie! Hy spring uit die bed en hardloop met lang treë na haar kamer. Die deur is oop en hy hardloop tot by die oop venster. In die verbygaan sien hy haar bed is leeg. Die wasige gordyne vee sag oor sy gesig toe hy naby kom. Koue sweet loop teen sy



Onlangse inskrywings

Kunstenaar se voorstelling van 'n Persiese Koningin. Sien die NOTA aan die einde van die stuk vir meer oor die prent.“Ons het hierdie skat egter maar net in kleipotte – die allesoortreffende krag kom van God en nie van ons nie.”2 Korinthiërs 4:7Mens en dier ding raserig mee om gebruik van die besige roete uit Susan na die res van die magtige Persiese Ryk. Dit was nog altyd so, veral daardie dag meer as drie jaar gelede, toe die honderd-en-tagtig dae fees tot ‘n einde gekom het, op die sewende dag van die spesiale fees in die paleistuin. Ek het op daardie dag ook my lewensmoë . oë by die venster van my kamers uit laat



Onlangse inskrywings




Onlangse inskrywings

Welkom by die PW Buys-weblog.Die digter, skrywer en teoloog PW Buys is reeds byna twintig jaar oorlede en sou in Oktober 2018 sy 95ste verjaardag gevier het. Hierdie blog poog om sy geskrewe nalatenskap lewendig te hou. Die opstellers wil probeer om mettertyd 'n klein deursnee van PW Buys se skryfwerk hier te publiseer. U is welkom om kommentaar te lewer of versoeke te rig: [email protected]. Verdere leesstof is ook te vinde op Wikipedia.Gerrit, Mietsie, Susan en Louise *(kinders)*Ons broer Johan het ons op 26 Augustus 2016 ontval


Onlangse inskrywings



Ons hokkie-spanne doen dit weer!Horison is baie trots op ons vier ons hokkie-spanne wat almal hul liga-wedstryde teen Helderkruin gewen het.o/10-Span wen 4 - 2 o/11-Span wen 7 - 0 o/12-Span wen 2 - 0 o/13-Span wen 3 - 0Baie geluk aan al die spelers en hul afrigters!



Onlangse inskrywings

1. Dis nogal ’n uitdaging om biografiese inligting oor jou op die internet op te spoor – waarskynlik omdat Google duisende bladsye oor jou naamgenote, die bekende komponiste, het! Vertel my ’n bietjie meer oor jouself.Jy's reg, my naamgenote het nogal aansienlik meer as ek bereik ... dankie vir die herinnering, Jaco. Dankie.My oorsprongstorie sluit ongelukkig nie iets interessants soos Krypton of ’n spinnekopbyt in nie, maar bloot ’n klein dorpie in die Vrystaat genaamd Virginia. Dis een van daardie dorpies waar die tannies in die straat nog bymekaargekom het om te skinder oor die tannies aan die ander kant van die straat en al wat hulle saambring, is om te kla oor



Onlangse inskrywings

Vergifnis tussen menseInleidingOmdat daar vrae was wat my gepla het, o.a. oor ontoepaslike vergifnis-aksies, het ek van tyd tot tyd oor jare aan hierdie stuk gewerk. Hier volg die resultaat.Twee soorte vergifnis Daar is ’n onderskeid tussen Godgegewe vergifnis (oral kursief gedruk) en menslik vergifnis: (1) God die Vader vergewe die sondes van gelowiges, maar nie van ongelowiges nie, behalwe in gevalle waar hulle genade vind en met God versoen word. (2) Enige mens kan net oortredings van ander mense vergewe, maar nie sonde nie. Bykomend kan gelowiges sonde-vergifnis van God verkry. ( (1) Gelowiges se vergifnis teenoor mekaar .Eerstens word slegs gelowiges se handelswyse hier behandel.Gelowiges is met wedergeboorte prinsipiëel regverdig verklaar, en heilig. Vanaf daardie


Onlangse inskrywings

Vandag presies 3 jaar gelede, op 'n koue Vrydagmiddag, het ons ons voete in die Suid-Kaap geplant. Onseker oor die wat en waar van ons toekoms. 3 jaar!! Aan die een kant voel dit soos nou die dag, en aan die ander kant soos ‘n leeftyd gelede.Vandag kan ons terugkyk na 3 jaar van seën, geluk, voorsiening, harde klippe kou, alleen tye, nuwe vriendskappe, onsekerheid, wonderwerke, uitdagings, oorwinnings ....kortom LEWE.Die aanpassing was by tye moeilik, en ek het in die begin gesukkel om in te skakel by my nuwe gemeenskap. Met goeie raad van vriendinne wat al self moes ontwortel en verplant, het ek gedink ek weet wat vir my voorlê. Tog het die intensiteit van



Onlangse inskrywings

* Mild spoilers for Wonder Woman (2017). You have been warned *....So I've just gone to watch Wonder Woman. Again. And there is actually quite a lot I want to say about it, but I think I will let it simmer in my psyche for a little bit longer. For now: over the past few years I have been on a path of... let's call it self-awakening? It includes lots of thinking, lots of listening and many hours of tea with my therapist. And I'll probably write more about that as well sometime, but what triggered a big part of this was Brené Brown's TED Talk on vulnerability. It was like lightning in my soul: I've seen the flash and



Onlangse inskrywings

Eerste, gaan na tabs.co.za, kies 'n liedjie, kyk dan hieronder op die diagram en kies jou mondfluitjies. Onthou, die rooi pyltjies is vir BLAAS en die blou pyltjies is vir SUIG. As die liedjie nie op tabs.co.za is nie, werk die sleutel uit deur op 'n paar mondfluitjies te blaas totdat jy met die wysie kan saamspeel, dit is dan jou sleutel, kies dan net jou mondfluitjies hieronder en volg hierdie basiese koord handleiding:F# C# G# D# A# F C G D A E B as die liedjie in C is kies dan net die ander koorde langsaan die C bv. FCGen vir A = DAE vir F = A#FC ens. Geniet!!



Onlangse inskrywings

Onnies!TEACHA! is twee jaar oud. Om dit te vier is daar tans ‘n uitverkoping aan die gang.Gaan kyk vandag nog!*Hulpmiddels tot 50% afgemerk. Geldig tot 21 Mei.



Onlangse inskrywings

Finding Pretty Again: Waterkloof Wine Estate, Somerset West: Sometimes I think that certain places are kept quiet to keep themselves from being discovered, almost like a little secret. I&...


Onlangse inskrywings

Ek het oorgeskakel na 'n ander blog adres ter wille van 'n wyer lesersforumhttp://woestynkind.wordpress.comBaie dankie vir elkeen se belangstelling.


Onlangse inskrywings

“Ken en/of gebruik julle die woord megafter?”So steek Rita van Rooyen verlede week in die groep Argaïese Afrikaanse Uitdrukkings is Cool by Facebookers kers op. “Die g word uitgespreek soos die g in gholfstok,” sê sy (en voeg dan, tussen hakies, ’n stukkie bog by: “Ek twyfel of daar werklik so ’n woord in Afrikaans of Engels bestaan, al gebruik of ken mense dit.” Bog, ja, want as mense – let op die meervoud – ’n bepaalde woord of taalbousel ken, dit gebruik en betekenis daaraan heg, bestaan dié woord of bousel tog duidelik. Selfs al hét geen woordeboek nog deur opname daaraan erkenning verleen nie.)Terug na megafter, dus. Wat is (’n?)


Onlangse inskrywings

ek wil al my paaie saam met jou loopen as die paaie opraak sal ek my siel vir jou verkoopek wil my hart vir ewig in jou hande lêek wil al my mooi woorde net vir jou ore sêek wil vir ewig die rede wees vir jou lagjou gister, jou more, jou elke dag



Onlangse inskrywings

Vandeesweek, op soek na 'n knipsel op versoek van 'n vriend, haal ek die groot plakboek uit waarin ek gedurende die tagtigerjare alle knipsels, boekresensies, artikels ensomeer geplak het. En op die ingewing van die oomblik besluit ek om van die foto's by die koerantberigte met my selfoon af te neem, bietjie te manipuleer om hulle duideliker te maak. Hier is die resultate: Dié het verskyn


Onlangse inskrywings

Valentyns KaartjieMet 'n swaaiende arm en groot glimlag groet ek julle liewe vriende en vriendinne! 🙋Julle wonder seker wat van my geword het want ek hou my lyf maar baie skaars. Daar is 'n spreekwoord wat sê: Goeie goed is skaars! (grappie julle 🙈) Tussen voltyds werk en ouma wees bly daar nie veel tyd oor vir ander dinge nie. Kom ons sê maar net dat die lewe gebeur en ons probeer maar ons beste om by alles uit te kom. Ek is baie dankbaar om vandag 'n tydjie te kon afknyp om weereens so ietsie met julle te mag deel!!!Met Valentynsdag wat om die draai loer deel ek 'n lekker maklike idee met julle. Hekel 'n paar



Onlangse inskrywings

Hoe lank is ses-en-veertig jaar? In ure, dae en maande gemeet is dit 'n bàie lang tyd. In onthou van wat toe gebeur het en hoe dit was, is dit soos gister. Kort. En vinnig verby. Amper 'n halwe eeu, eintlik net 'n oogwink. Op 15 Des. 2016 kry ek 'n facebook-boodskap: "Hi, dis ekke , die klein Portugeuse seuntjie van 46 jaar terug my juffrou. Ek is so bly om te sien jy lyk nog goed en dis duidelik jy geniet die lewe." Ek val amper net daar van my stoel af! Rui Cajada! Ek onthou hom sò goed. Ses-en-veertig jaar verdwyn soos 'n asempie voor die son. Ek staan wéér in my klaskamer in Laerskool Barberton. Jonk, lewensbly



Onlangse inskrywings

Ons goeie vriend, dieselfde gesiene man wie ek vroeë beskinder het, vier sy sewentigste verjaarsdag. Sy vrou en dogters het 'n verrassingspartytjie vir hom gereël.Omdat die affêre so in die geheim gereël word, is ons nie seker presies wat om te wagte te wees nie. Die geselligheid begin om half drie die middag, 'n geskikte tyd vir "oumens koek en tee." Die verwarring ontstaan egter toe Manlief gevra word om die tafelgebed te doen. Nou dink ons die gekuier kan dalk tot laataand aanhou.Ek weier om soos Stomme Siek Sinatjie te lyk, en doen baie moeite met my uitrusting en so.Tot ek besef ek is eintlik aan die verkeerde kant van sestig.Dit het begin by die rok.


Onlangse inskrywings

Gesëendes en goeie mense. Ek het dringend u hulp nodig. Ons het 5 families in ons omgewing wat dringend hulp benodig met voedsel, kombuis benodighede, badkamer produkte en persoonlike higiëniese produkte. hierdie is mense wat onlangs hul werk verloor het. Ons gaan in 'n tyd van gee en goeie dade. ons benodig dringend fondse om kos en items te koop. U kan bydrae deur met u Android foon op die Snapscan hieronder te Scan met die QR scanner op u foon. Hierdie is vir ons eie mense. Help asseblief.



Onlangse inskrywings

ek gee vir jou my hartelke donker hoekie sodat jou lig daarin kan skynek gee vir jou my mondsodat joune vir ewig daarin kan verdwynek gee vir jou my lyfsodat jy jou volgende storie woord vir woord daarop kan skryfek gee vir jou my lewe, my trane en my lagmy elke oomblik, my dag, my nag.want jy maak my hele wêreld heel met jou arms wat my veilig houen jou woorde wat in my ore speeljy laat my weer in liefde glojy leer my van voor af droom en hoopjy is die die klop waarop my hart ritme houdie spore wat oor my siel loopen van vandag en totdat tyd ophou



Onlangse inskrywings

Elkeen het sy droom ... 'n ambisie, motivering.... iets wat hom of haar se are vinniger laat klop ... elke dag, elke minuut ... 'dit is my eindbestemming ... my doelwit'.....In my lang kort lewetjie het ek baie goeters beleef ... baie soorte mense ontmoet, dinge gehoor en beleef …. Normaal, nie so normaal, absurd maar ook realisties … maar nog nooit gehoor van die perfekte drop nie!In sy eie woorde: ‘Dit moet die perfekte uitsig he, ‘n uitsig so nimmereindigend soos die drop’!Kom ek verduidelik:So kom hy een oggend sy gewone koffietjie drink … lekker geselser hy … oor alles en nog wat … so sit ons dan en kuier oor ‘n koppie boeretroos (dit moet



Onlangse inskrywings

Hierdie blog het behoort aan Gustav Odendaal. Ons vier sy lewe 09 April 1973 - 03 Mei 2010.


Onlangse inskrywings

Terwyl ons nog in Ednastraat gewoon het na al die huisverbeteringe aangebring was het Hennie begin praat daarvan dat ons dalk iewers by die see moet gaan aftree. Ons het toe besluit om Kaap toe te ry en die wêreld daar rond te gaan verken. Ons het van die Kaap af al met die tuinroete langs getoer en toe uiteindelik in Jeffreysbaai ‘n erf gesien wat moontlikhede ingehou het. Hennie het die erf gekoop en ons huis in Ednastraat verkoop. Ek het begin met huisplanne opstel en dit baie geniet om daaraan te werk. Uiteindelik was die planne gereed en het Hennie begn reëlings tref vir bouers. Ons was van plan om ‘n huis te huur in Jeffreysbaai totdat die



Onlangse inskrywings

Ek moet bieg, maar ek vind die sielkunde rondom die mens en verhoudings baie fasinerend en nes die kosmos, glo ek - there is still much that remains to be discovered. Van kleins af word daar vir jou "waardes" en "morale" geleer; die "reg" en "verkeerd" van wat sosiaal aanvaarbaar is. Ek plaas hierdie woorde in aanhalingstekens, want dit (wat meeste mense as standaard-optrede sou noem) was lank terug deur iemand uitgedink (opgemaak om dit verder te vat) nes die term daarvoor in 'n woordeboek. Van generasie tot generasie word hierdie "gelowe" of moraliteit oorvertel en oorvertel - en ek kan nie help om te dink aan hoe ons, as kind, telefoontjie gespeel het en hoe verkeerd die boodskap nou



Onlangse inskrywings

Nou kyk, eks nou nie ‘n Megan of Heidi nie, eks maar die Mounster en om die Mounster te wees beteken jy’s nie ‘’normaal’’ nie. Jy’s kort, jou tulips is ‘n size 3 (kiddies special), al jou jeanpants kort ‘n naaimasjien en die spieël by Mr Price lag vir jou.Om kort te wees, effe vet (varkvet as jy my vra, maar jy vra nie dus sê ek) en nie regtig te mode bewus kan ‘n dilemma wees. Keer op keer, gaan ek mall toe en keer na keer koop ek maar niks, want niks pas nie. Dis asof almal dink dis nog die sixties en Twiggy oorheers. Surprise! Die die jaar jaar 2016 en almal


Onlangse inskrywings





Onlangse inskrywings

Dit is nou weer hierdie tyd van die jaar... Die geleentheid waaroor ons droom om na te gaan... Die San Diego Comic Con! Comic Con is 'n nie-winsgewende organisasie wie se doelwit dit is om bewusmaking en waardering vir comics en soortgelyke platforms te skep. Dit is in 1970 begin deur 'n groep comic liefhebbers en is in die kelder van 'n hotel gehou met ongeveer 300 bywoners. Meer onlangs het die bywoningsgetal gegroei tot ongeveer 130 000 mense wat amper die maksimum kapasiteit van die San Diego Convention Centre is. Hierdie convention is hierdie jaar van 21-24 Julie gehou en daar was soveel opwinding verbind aan 2016 se International Comic Con!Van die panele het ingesluit: Televisieprogramme soos



Onlangse inskrywings

A poem for the long-lostyou can make noiseyou can litteryou can annoy me by being in my wayyou can upset me by hanging around meI cannot be threatenedyou do not existyou can be lazyyou can neglect thingsyou can damage thingsyou can irritate me all you wantI cannot be threatenedyou do not existyou can throw stones through windowsyou can lie to meyou can let me downyou can steal my thingsyou can burn down things and placesyou can set another train alight(it will bring you nowhere!)I cannot be threatenedyou do not existyou can destroy my houseyou can burn down whatever you want toyou can beat someone to deathyou can kick and beat and burn whomever you want toyou can bring about as


Onlangse inskrywings

Ons bly nou al amper 'n jaar in die Kaap. Dit was 'n groot aanpassing om van Bloemfontein af hierheen te skuif, is seker maar steeds, maar dit was 'n goeie skuif. Met ons huissoek-operasie verlede jaar, beland ek en my vroutjie een mooi, winters middag op Houtbaai se hawe. Daar loop ons toe die eerste keer hierdie kleurvolle man raak. Die ander mense op die hawe ken hom as Boetie, maar hy het homself, ewe beleefd, aan ons voorgestel as Professor Joe of Hout Bay.Hy stink soos vis en nogiets wat mens nie kan uitmaak nie.Vol stories van hoe hy al deur die polisie kom haal is en van hoe die regter hom maar weer laat gaan het. Dit



Onlangse inskrywings