blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Trefbeeld: Ongetiteld 2007-12-11
Henk Venter



In vandag se gejaagde lewe het die tyd om stil te raak ’n absolute luukse geword. My landskapfotografie is vir my ’n geestelike reis. Ek poog ook om vir die kyker ’n voorsmaak te gee van wat dit is om weer stil te word. Tradisioneel was fotografie gesien as ’n medium om ’n enkele moment vas te vang – ek breek weg van hierdie siening en maak gebruik van lang beligtings, soms so lank as vyf uur. Die tydverloop van elk van hierdie beligtings word dan saamgevat op een skyfie, wat dan gedruk en voorgestel word as ’n enkele moment. Dit kan vergelyk word met wanneer ’n mens al die beelde in ’n rolprent alles op een foto sou druk. Die eindresultaat is vir my simbolies van wat dit aan mens doen as jy die tyd afknyp om stil te word en by God uitkom. My hoop is dat dit die kyker sal aanmoedig om te reflekteer oor die doel van die lewe - om hopelik by die waarheid uit te kom.

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=941
Artikel nagegaan:
    -