blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Jim Morrison: Raspoetin van ons tyd 2007-10-18
Shiloh Noone

 *Skrywer van die rock-ensiklopedie Seeker’s Guide to the Rhythms of Yesteryear, [email protected]

 

Verban deur twaalf Amerikaanse stede, het die flambojante digter Jim Morrison sy klaagensemble soos ’n groep slippedraers in die sterwende flowerpower van die laat 1960’s en 70’s ingelei. Aangekondig met dieselfde tydlose ikoonstatus as Jimi Hendrix, was die Doors ietwat uitmiddelpuntig en baie ver van die vlinderwaas van die 1960’s.

             Om mee te begin, was die Doors se genre hoogs psigoties soos hulle skisofrenies tussen delta blues en Jim se Freudiaanse oproepe beweeg het. Die eerste deure wat vir die Doors oopgegaan het, was toe Arthur Lee van Love die klawerbord- en baspedaalman, Ray Manzarek, by Elektra se D. Jac Holzman aanbeveel het. Ray is in Chicago getoë en het gespeel in ’n jazzgroep genaamd Rick & the Ravens saam met die toekomstige Spirit tromslaner Ed Cassidy en ’n skaam sanger van Florida genaamd Jim Morrison, wat Ray van die rolprentskool van die Universiteit van Kalifornië-Los Angeles geken het.

             Die Bach-geïnspireerde Ray het ook die voormalige Roosters / Psychedelic Rangers se kitaarspeler Robbie Krieger ingesluit, wat begin speel het saam met die toekomstige Spirit Randy California en die Psychedelic Rangers tromslaner John Densmore.

             Die vroeë stadiums van die Doors – ’n naam ontleen aan Aldous Huxley se Doors of Perception, of meer presies Blake se “If the doors of perception were cleansed, everything would appear to man as it is: infinite” – was hoofsaaklik ’n bluesgroep. Hulle eerste demo-opname, 1965 se “Moonlight Drive”, wat later weer sou voorkom op die stemmige Strange Days het ’n weifelende bottelnekkitaar deur Krieger bevat, wat later hipnoties deur “I Can See Your Face in My Mind” gedobber het.

             Iewers tussen 1966 en 1967 het die Doors hulle selfgetitelde debuutalbum opgeneem, terwyl hulle hoog gery het op die bossa nova-slag van hulle debuuttreffer “Break On Through (To the Other Side)”, kort daarna sterk opgevolg deur die verkorte solus sewe “Light My Fire”, wat later nagedoen is deur Jose Feliciano en BJ Thomas.

             Die Bach-beïnvloede Ray Manzarek sou die ganse Doors-repertorium met eksplisiete gesag oorheers, soos ervaar in die Hammondorrel-tollende “Light My Fire”, terwyl die baskitaris Doug Lubahn van Clear Light heelwat hulp verleen het. Hoewel die Doors hulle tot klawerborde bepaal het, het Robbie se Indiese sitaar heelwat gefigureer in lewende vertonings en is dit dramaties gebruik in die sinistere Freudiaanse vertelling, “The End”, waarvan die vlam aangesteek is op die selfgetitelde debuut. Die somber atmosfeer wat uit hierdie Tantriese droomlandskap gesyfer het, is met groot effek op die Apocalypse Now-klankbaan gebruik.

             Oosterse intrige was ’n substansieel klein onderdeel van die Doors se filosofie, maar dit het soms na die oppervlak gekom, soos in die woorde van die Maharishi se gunsteling-uitdrukking, “Take It As It Comes”. Nog meer verwoestend was die Dachau-bromtoon “End of the Night”, wat die debuut nageskadu het, en afkomstig was van ’n boek van Ferdinand Celine genaamd Journey to the End of the Night waarin hy sing, “Realms of bliss/ Realms of light/ Some are born to sweet delight/ Some are born to endless night.”

             Jim het sy hartseer versag met die mite van die hiasint waarvolgens daar vir elke jongeling wat sterf, ’n blom (hiasint) gebore sal word, soos opgeneem in Robbie Krieger se tuisateljee in 1969. Op die debuutalbum was daar ook Berlynse herinneringe oor die doodloop- “Alabama Song” (Whisky Bar), geskryf deur Brecht en Weil.

             ´n Jaar tevore het die Doors gefigureer in ’n Britse TV-dokumentêr, The Doors Are Open, met die dimensionele “Break On Through” wat twintig jaar later ook sy deurbraak na die wêreld van die film Forest Gump gemaak het. Die 1967 Kersfeesvrystelling Strange Days het ’n progressiewe inslag gehad met die mellotroonskuiwende “Strange Days” en die syferende “You’re Lost Little Girl”.

             Neem die grieselige “Horse Latitudes” waar hy sing van Spaanse conquistadores wat hulle perde in die Atlantiese Oseaan aflaai om die lading te verlig: “When the sea conspires an armor/ And her sullen and aborted currents breed tiny monsters/ True sailing is dead.” Die laaste gordyn word getrek op die epitaaf, “When the Music is Over”, wat werklik hard gespeel is by vertonings.

             Twee jaar later het die slang opgekrul en die draak ontwaak op die eksperimentele Soft Parade met sy tronende “Touch Me”. Die skuiwende baskitaarmanne was duidelik mobiel, en die volgende om deur die deur van waarneming te tree, was die jazzman Leroy Vinegar wat akoestiese bas gespeel het op 1968 se Waiting for the Sun. Weskus-jazz en ’n treffende flamenco-kitaar deur Robbie Krieger het aan die album ’n ontspanne latino-gevoel gegee, wat goed gemeet is op “Spanish Caravan” en “Yes, the River Knows”.

             Die hoogtepunte het ’n 1965-demo, “Summer’s Almost Gone” en die Kinkserige “Hello I Love You”, ontleen aan hulle “All Day and All of the Night”, ingesluit. Die spoormissiel wat Waiting for the Sun geprojekteer het, was die anti-oorlog treffer “Unknown Soldier”, aangehelp deur ’n kort promosiefilm waarin Jim deur ’n vuurpeloton geskiet word.

             Die lied “Waiting For The Sun” het eers verrys op hulle vyfde poging, Morrison Hotel, waar die Memphis baskitaarman Lonnie Mack ingeteken het.

             Laat ons een grondige feit beklemtoon: die Doors was nie ’n flower power-groep nie, maar eerder ’n punk-uitdrukking versterk deur die krag van poësie wat ’n verskeidenheid genres omvat het. Dus het hulle soos die Velvet Underground beweeg in die skaduwees waar die wrywing tussen waarheid en fantasie elektries geword het. Hulle het spoke geskep en vensters oopgemaak vir dié wat sukkel om te sien.

             Lonnie Mack het vir dekking gehardloop terwyl sy plaasvervanger, Jerry Scheff van Elvis Presley, binnegekom het tydens ’n oomblik van helderheid wat hulle beste album, LA Woman, voorafgegaan het. Die ware grint van die Doors het die nulpunt bereik met die stygende “LA Woman” en die ritmiese “Changeling”, wat die sintuie in genotlike wasigheid ingedoef het. Jim het ook hulde gebring aan ’n middernagtelike radioprogram met die kloppende “The Wasp” (Texas Radio & the Big Beat), later ook gedoen deur die bluesman Alexis Korner. Die snelwegmoordenaar van ’n “Riders On The Storm” is uitstekend versterk deur die stemmige klawerwerk van Ray Manzarek en was die skadu van die album se sentrale tema, terwyl dit later as verkorte treffer vrygestel is.

             Nogmaals in die gees van Virgo het die Doors 1970 se Absolutely Live gelanseer, ’n afgryslike uitstappie waar die akkedis uitgebroei het en karma sy gang sou neem. Hierdie poëtiese ekskursies het ook ’n grommerige weergawe van Van Morrison se “Gloria” bevat, wat later deur Patti Smith opgeneem is.

             Ofskoon die Doors miljoene albums verkoop het, het Jim die behoefte uitgespreek om terug te keer na die whsiky-a-go-go waar ’n besielde skare van 150 mense hulle opreg aan sy poësie sou oorgee. Jim was mal daaroor om in ’n skare uit te staan, en ’n skare was mal daaroor dat hy uitstaan.

             Dit was hierdie besielde sending wat gelei het tot sy sogenaamde dood in Parys op 3 Julie 1971. (´n Verdagte album genaamd An American Prayer, na bewering ou Morrison-transkripsieopnames, is na sy dood vrygestel.) Jim het sy doodsertifikaat ’n jaar voor hy gesterf het, geregistreer en glo my, hy was te groot vir die kis wat in die grond laat sak is. ’n Vreemde skaduwee van die eens flambojante Jim Morrison trek steeds tantieme van die verlede …


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=934
Artikel nagegaan:
    -