|
||||
Hoewel die VSA se militêr-tegnologiese instrumente meer gevorderd as ooit is, is sy morele gesag en politieke invloed vinnig besig om te taan. Philip S. Golub gee ’n historiese oorsig van die redes hiervoor. Selig Harrison pas dit toe op hoe die Amerikaners logiese samewerking met die Irannese ondermyn. En Bruce Cumings verduidelik hoe Noord-Korea terugkeer uit isolasie ten spyte van die Amerikaners. |