blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Kapitaal versus kultuurgemeenskappe en die armes: Dossierinleiding 2007-10-18

Die wyse waarop neoliberalisme tans funksioneer, bedreig sowel kultuurgemeenskappe as die armes en die demokrasie. As ’n mens hierdie verskynsel wil verstaan, is die beste instrumente uit sowel die gemeenskapsdenke as die Marxistiese tradisie nodig om nuwe wapens te smee. Uit die kulturele hoek kyk die Noorse taalkundige, Christoph Harbsmeier, na hoe afgewaterde Westerse denke in Basiese Engels nie net inheemse tale nie, maar ook inheemse denke verdring. Uit die Marxistiese hoek kyk Andrew Nash na hoe kapitaal die demokrasie in SA uithol, terwyl Gérard Duménil en Jacques Bidet wys hoe die tradisionele Marxisme in sy ontledings gefaal het om die mag van die bestuurders raak te sien.
 


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=923
Artikel nagegaan:
    -