blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Rock-rubriek: Cohen aan die meester se voete 2007-08-13
Shiloh Noone

*Skrywer van die rock-ensiklopedie, Seeker’s Guide to the Rhythms of Yesteryear, shiloh@telkomsa.net

 

Leonard Cohen het sy poësie na musiek geneem en die wêreld stilgemaak met sy skraal melancholie. Die euforiese “So Long Marianne”, “Sisters of Mercy” en die ysingwekkende “Who By Fire” bly steeds sidder deur die eensame tone van ’n man se hart. Tim Hardin het sy “Bird On The Wire” gesing, terwyl die 1990’s ons ’n meerdere weergawe van Leonard se “Halleluja” gegee het deur die oktaaf-begaafde Jeff Buckley (Tim se seun). Vir diegene wat nie meer kan huil nie, het hy die pyn geneem en dit in ons wese ingedryf sodat ons kan voel. Nog meer: hy was die waterdraer wat voor die Messias gekniel het toe Hy die kruis gedra het.

             Leonard het begin in ’n Joodse familie van Poolse afkoms wat afstam uit die hoogs geakklameerde Koanim. Leonard se eerste groep, The Buckskin Boys, was ’n country-onderneming totdat die intellek van McGill-universiteit sy eerste poësiebundel uitgegee het. Leonard se poësieswanesang, The Spice-box Of Earth, het hom verhef tot die Kanadese kring van poësie-aanvaarding. Die seksuele inhoud van sy Beautiful Losers en die sarkastiese toespeling van Flowers For Hitler het Kanadese resensente geskok.

             Leonard Cohen se passie vir Joni Mitchell by Newport in ’67 het daartoe gelei dat Joni “The Gallery” en “That Song of Midway” vir Leonard geskryf het. Dié het aanvanklik gevloei vanuit haar Clouds, wat vir haar die Grammy-toekenning vir die sanger-liedjieskrywer vir die beste folk-vertoning verower het. Van Leonard sê sy “You stood out like a ruby in a black man’s ear.”

             Leonard Cohen se eerste lewende optrede is halfpad deur “Suzanne” onderbreek toe plankevrees hom al hardlopende agter die skerms in gestuur het. Judy Collins het hom aan die hand gevat, terug verhoog toe gelei en die ballade saam met hom gesing. Leonard se debuuttreffer, wat nie opgedra is aan sy kunstenaarsvrou, Suzanne Elrod, nie, maar aan die vrou van die Quebecse beeldhouer, Armand Vaillancourt, Suzanne Verdaal, het met Judy Collins aan die lig gekom.

             “Suzanne” het Cohen se Gotiese debuutalbum Songs Of Leonard Cohen met die steun van Chris Darrow (voorheen van die Floggs) voorafgegaan. Leonard se 1969-kragtoer van ’n poësieversameling Songs From A Room was die kruin van poëtiese passie soos dit gegly het deur die politieke waters van “The Partisan”, ’n Franse weerstandslied deur Anna Marly en Emmanuel D’Asier, of werkersklashuldeblyke soos “A Bunch Of Lonesome Heroes”.

             Agter op die omslag het Marianne Jenson,  afgeneem op die eiland Hidra, gesit. Later sou Leonard die refrein van “A Bunch Of Lonesome Heroes” neem en volwaardige hulde bring aan Marianne Jenson met “So Long Marianne”, gerugsteun deur die volle Kaleidoscope. Leonard het homself duidelik gesien as ’n linksgesinde rebel met romantiese deugde, uitgebeeld in die prentjie van hom met ’n Che Guevara-baard en militêre vermoeidheid.

             Nadat hy die Kubaanse spanninge van 1961 beleef het, het Leonard homself geallieer met Fidel Castro deur te vaar deur “Field Of Commander Cohen”, nog ’n politieke saffier wat die militante New Skin For Old Ceremony verlig het. Leonard het hartstogtelik gevoel vir die sukkelende partisaan en ingestem dat sy opruiende “There Is A War” Gary Oldman se klankbaan van The Backwoods open. “There Is A War” is ook gelig vanaf 1974 se New Skin For The Old Ceremony (moontlik ’n antwoord op Tim Buckley se “No Man Can Find The War”) en bly tekenend van die destydse politieke tydsgees.

             Leonard se obsessie met die underdog het konstant gebly vanaf sy ode aan “The Partisan” of sy “The Old Revolution”, geskryf vanuit die gesigspunt van ’n verslane lojalis. Die album het ook Leonard se “#2 Chelsea Hotel” opgelewer, wat vertel van sy nag van passie met Janis Joplin, wat blykbaar op soek was na Kris Kristofferson en Leonard toe in die hysbak teëgekom het. Leonard, altyd die opportunis van wellus, het gesê dat hy Kris is. Op ’n sekere vlak het Janis hiervan geweet, maar toe sy eers omvou is in die lendene van Leonard se weeklaag, nie omgegee nie.

             Tim Hardin het Leonard se “Bird On A Wire” by elke optrede gesing, terwyl Roy Buchanan die “Story of Isaac” blues gemaak het met heelwat hulp van die violis Charlie Daniels. Leonard se Joodse erfenis is diep gewortel in die lirieke van “Who By Fire”, ’n weergawe van die Rosj Hasjanah liturgiese gedig geskryf deur Unetaneh Tokef in die 11de eeu.

             ´n Verdere Joodse vlug in “Hallelujah” beskryf Dawid se poging om die Here te behaag, of, om meer presies te wees, Saul. Leonard se eerste wêrelddeurbraak het gekom met Robert Altman se McCabe & Mrs Miller (1971). Leonard die ware lojalis het deur Israel getoer tydens die Jom Kippoer-oorlog, asook dikwels met Jennifer Warnes, wat Leonard se gewildheid in die VSA herstel het met haar huldeblyk Famous Blue Raincoat. Jennifer se roerende weergawe van “First We Take Manhattan” – moontlik ’n anti-dwelm aanval as jy ooit gestap het deur die strate van “Wir Kinderen Vom Bahnhof Zoo”, wat Bowie uitgebrei het met sy klankbaan van Christiane F. Jennifer; waad ook deur peinsende tone van ’n seksuele “Joan Of Arc”, ’n lied wat die sensuele illusies van ’n geestelike passie streel, of meer bondig vergroot is deur Martin Scorcese se The Last Temptation of Christ.

             Leonard was oral besig om ’n konjak met generaal Ariel Sharon te deel, en het sy Midde-Oosterse sabbatsverblyf opgesom met “Lover Lover Lover” vir die vrouens en soldate van sowel Arabier as Jood nadat hy deur die gestorwenes en gewondes gedemoraliseer is. Sy Various Positions (1984) het die onderspeelde “Halleluja” bevat. 1987 se I’m Your Man het ’n wending in sy musiek gemarkeer, soos dit sig aangekondig het in Nanni Moretti se rolprent Caro Diaro (1993), met Moretti wat besluit het om self op sy Vespa deur die strate van Rome op die klanke van “I’m Your Man” te ry.

                Die grunge-generasie het rompel en stompel geval vir Leonard deur die klankbaan van Natural Born Killers toe “Waiting For The Miracle”, “The Future” en “Anthem” gefigureer het. Vanaf die oorloggeteisterde jaar 2001 het Leonard ’n Boeddhistiese leefwyse opgeneem. 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=909
Artikel nagegaan:
    -