blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Ekologie en gemeenskap: Dossierinleiding 2007-08-13

Die ekologiese krisis is vinnig besig om die vernaamste politieke wêreldvraagstuk van ons tyd te word. Maar hoe raak dit gemeenskappe? En kan gemeenskappe ’n oplossing vir die krisis wees? Die antwoorde op hierdie vrae kom van drie leidende Afrikaanse denkers: Ernst Conradie, Suid-Afrika se voorste eko-teoloog; Auke Compaan, wie se werk oor die verbruikersamelewing en die media al hoe meer aandag trek; en Danie Goosen, wat pas met sy nuwe boek, Die Nihilisme, ’n nuwe standaard in Afrikaanse denke gestel het. Saam nooi hierdie drie skrywers ons uit om met ander oë na die ekologie, religie en gemeenskap te kyk.

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=903
Artikel nagegaan:
    -