blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Gumede oor Afrika 2007-08-13

Ai, ek wens ons het meer Gumede’s in SA gehad en minder ANC-apparatsjieks! Sy boek oor Thabo Mbeki en die ANC het my geweldig beïndruk en sedertdien volg ek sy skrywes getrou. Hierdie artikel beeld die post-koloniale mentaliteit in Afrika absoluut uitstekend uit! Dis hierdie “onaantasbaarheid” van die regerende elite en die totale afwesigheid van selfkritiek wat Afrika gebring het waar hy hom vandag bevind. Wat hierdie afbrekende politieke kultuur verder bevorder, is ’n algemene beskouing dat demokrasie = verkiesings is en niks meer nie. Die Weste is ook deels te blameer vir die oordrewe klem wat hulle op verkiesings plaas as “paspoorte” vir internasionale aanvaarding. Sodoende word die vestiging van ware demokrasie nie gemoniteer en bevorder nie. Afrika-regimes moet tot die besef gebring word dat verkiesings slegs ’n deel uitmaak van demokrasie en dat verkiesings nie = demokrasie is nie.

– Gerrie Terblanche, Suid-Korea

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=898
Artikel nagegaan:
    -