blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Trefbeeld: Taalkaarte 2007-08-13
Johan Prinsloo en Cilna Van Wijk

Die ironiese frase “Ek is ’n vreemdeling in my land, Suid-Afrika” is na al elf amptelike tale van Suid-Afrika vertaal en herhalend in kolomme geskryf. Taalkaart 1 dui die bestaan van Suid-Afrika as ’n geografiese feit aan voordat dit deur mense as ’n konsep verbeel is. Taalkaart 2: Die buitelyn van Suid-Afrika dui op die definitiewe grense wat deur die koloniste ingestel is; binne hierdie grense is die segregasie van groepe aangespoor. Taalkaart 3: Die totale inweef van die kolomme en onuitkenbare vorm van Suid-Afrika dui op ’n scenario waar absolute individualisme, globalisering en die soeke na een “Afrika-identiteit” lei tot die nietigwording van kulturele diversiteit. Taalkaart 4: Die buitelyn van Suid-Afrika is steeds uitkenbaar, maar nie meer so absoluut soos dié van ’n nasionalisties-verbeelde land nie. Die kolomme is ook uitkenbaar, maar oorvleuel op plekke – ’n scenario van eenheid in diversiteit.

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=889
Artikel nagegaan: Nee.
Indien die artikel se inhoud hierbo nie vertoon nie, sal dit mettertyd bygevoeg word wanneer die artikel nagegaan word.

    -