blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Redakteursbrief 2007-08-13

Geagte leser,

 

Terwyl die spanning opbou na die ANC se presidentsverkiesing in Desember, hou Die Vrye Afrikaan die oog alles wat dié gebeure beïnvloed. Daarom vandeesmaand se barshou van ’n voorbladartikel deur die Alliansie-veteraan, Dale McKinley, wat aantoon hoe kragteloos die SAKP en Cosatu geword het.

Daar is ook ons onderhoud met Noam Chomsky, wat verlede jaar in ’n internasionale meningspeiling as die wêreld se invloedrykste intellektueel beskryf is. Die sober feite oor Israel en die Palestyne word gestel deur Régis Debray. En Charles Malan skryf ’n ope brief aan die Minister van Kuns en Kultuur oor die goeie ou dae van die struggle … en nou.

Teken vandag nog op Die Vrye Afrikaan teen R30 per papieruitgawe, of teen ’n R20 maandelikse donasie vir die elektroniese uitgawe, wat ons help om die publikasie toeganklik op die internet te hou.

As u ’n lid van die FAK word teen R30 per maand, ontvang u Die Vrye Afrikaan gratis, sowel as al die FAK se openbare standpunte en mediaverklarings, en voorkeuruitnodigings na ons openbare geleenthede.

Maak u keuse en skakel Sarie Marais by ons kantoor, 012-301-1777, of stuur e-pos na [email protected]

 

Groetnis,

Johann Rossouw

Uitvoerende beampte, FAK

Redakteur, Die Vrye Afrikaan

[email protected]

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=888
Artikel nagegaan:
    -