|
||||
Die kwessie van Afrikaanse gemeenskaplikheid is vandag meer op die voorgrond as ooit – en tog is hierdie gemeenskaplikheid nog nie so sterk soos dit kan wees nie. Dit is maklik om sito-sito na “Afrikaanses” te verwys, maar die harde werklikheid is dat historiese, etniese en klasse-breuklyne nog deur die Afrikaanse wêreld loop. Daarom hierdie dossier, wat nie net poog om hierdie lyne te verstaan nie, maar ook hoe rekenskap daarvan gegee kan word in die strewe na groter Afrikaanse samewerking. |