|
||||
Ek wil net vir Herman Gilliomee gelukwens met sy uitstekende artikel (“´n Regering wat sy burgers vrees”, DVA, 2007/04/20). Die genuanseerde wyse waarop hy die aksies van die regerende elite raakvat, is prysenswaardig! Ek wil ook net vir interessantheid noem dat ENB tans ’n webtuiste, www.sagoodnews.co.za, borg en dit word adverteer as ’n webtuiste “for positive South Africans”. Wanneer hierdie webtuiste begin is, weet ek nie, maar miskien probeer ENB nou boete doen … – Gerrie Terblanche, Suid-Korea |