blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Grondhervorming 2007-06-14

Theo de Jager het baie knap daarin geslaag om by die kern van hierdie onderwerp uit te kom (“Grondhervorming: Ideologiese nag”, DVA, 2007/04/20). Ek is veral baie bly dat hy duidelik uitwys dat die ontwikkeling van verskeie plase tot stilstand geknars het weens restitusie-eise wat nie afgehandel is nie as gevolg van kansvatters en ongrondige eise. Die taakspan Landbou en Grondsake van die Afrikanerbond hou reeds hierdie onreg teenoor die mense van Suid-Afrika met arendsoë dop. Indien hierdie restitusie-eise verkeerdelik toegewys word, sal die regering van die dag voor stok gekry word. Dit het dringend noodsaaklik geword dat die Suid-Afrikaanse hantering van hierdie onderwerp onder die aandag van die wêreld gebring word. Sterkte aan Agri SA en Theo de Jager vir die belangrike werk wat hulle in belang van Suid-Afrika onder moeilike omstandighede doen.

– Jaco Schoeman, Barkly-Oos

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=868
Artikel nagegaan:
    -