blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Opgeskorte SA staat 2007-06-14

“Wat daarna gebeur, sal geheel en al afhang van die vermoë onder verantwoordelike burger-, kerk-, sake-, opposisie- en vakbondleiers om hul beginsels te herontdek en om saam te staan om op ’n nuwe skikking vir die land aan te dring.” So eindig Lawrie Schlemmer se skrywe oor die natuurlike bestemming van die huidige SA staatsorganisme. Schlemmer is ’n baie ervare politieke analis. Hy het die einde van ’n staat beleef - die ou Suid-Afrika. En hy het gesien dat die nuwe staat begin het nadat verantwoordelike burger-, kerk-, sake-, opposisie- en vakbondleiers saamgestaan het in die aandrang vir ’n skikking. So ver die ooreenkomste tussen wat gebeur het, en wat Schlemmer logies insien weer sal moet gebeur. Maar die volgende keer sal die vermoë van die leiers groter moet wees, want let op die verskille tydens die onderskeie staatsopskortings. Die einde van die ou staat was tydens ’n supersterk staatsvermoë. Die einde van die ou staat was tydens groot ekonomiese groei. Die einde van die ou staat was tydens een Westerse wêreldorde. Die einde van die nuwe staat vind tydens ’n swakker staatsvermoë plaas. Die einde van die nuwe staat vind tydens ’n ekonomiese diskontinuïteit plaas. Die einde van die nuwe staat vind tydens ’n wankelende wêreldorde plaas. Al herontdek die verantwoordelike leiers dan hul beginsels, feit bly staan dat die Europese middelklas in SA se eiendomswaarde toegeneem het, terwyl die Afrikaanmiddelklas se eiendomswaarde sal daal met die komende staatsopskorting soos beskryf deur Schlemmer. Dat die natuurlike nuwe skikking dan ordelik en vreedsaam sal verloop, daarop wil ek ook aandring, maar die geskiedenis nog die gode doen dit nie. Sal die plaaslike leier(s) se vermoë groot genoeg wees om weer ’n soewereine SA staat te kan skep in ons globale 21ste eeu van absolute politiek gedrewe deur kultuur? Indien nie, sal hierdie multi-kulturele land beheer en verdeel word tussen nuwe Ryke, en eindig die bevrydingsstryd teen Westerse kolonialisme in ... Oosterse kolonies.

– Jacob Mouw, Middelburg

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=866
Artikel nagegaan:
    -