blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Gedig: O GOD dit brand! 2007-06-14
Floris Brown

TOTIUS

ek wou nog altyd

vir jou ’n gedig maak

’n gedig oor jou Passieblomme

wat hier diep in die

onderste diklaagvelle van

my hart kom gis het

met elk herlees van elk vers

het jy my dieper gekatrol

my traanbelaaide emosies

hoog in my oogkaste kom stoot

ek hoor hoe jou smart

teen my oordromme fluister:

“Ag, sy het nie gesterwe,

maar sy was somaar dood:”

ek klim in die meelewe van

die skielikheid, in die meelewe

van ’n passievolle vaderhart

verskoon my tog as ek my

neus skoon blaas die trane

wat wel, droog vee

ek in die swartste nag van

jou siel, ongenooid binnekom

verskoon my tog as ek

jou verse nie noú verder lees

as ek, saam met jou snik:

“o God, dit brand!” !!!


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=865
Artikel nagegaan:
    -