blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Trefbeeld: Pretoria: Agterstraat en daklandskap-collage, 2006 2007-06-14
Johan Prinsloo


Weggesteek agter ZAR-styl en moderne geboue wat ongemaklik teenmekaar sit, lê ’n Pretoria stadslandskap van agterstrate, binnehowe en vuil venstertjies, weggooikatte en rooibaksteenmure. Onsigbaar vir die oë op straat, lê ’n Pretoria-daklandskap van antennas en duiwe, silwer oppervlaktes wat die son laatmiddag deur wasige wolke vang, en mooi uitsigte. Pretoria-landskappe ryp om in te leef. In hierdie ruimtes ingevleg tussen die hoofstroom ruitenet, kan nuwe plekke ontgin word - ’n verdigting van die stadsweefsel. Daar is ’n behoefte aan middestedelike woon – kyk na die muurpapier van koffiewinkels in voorstedelike winkelsentrums: tonele uit Chicago en New York. Petrol word duur. Grond raak op. Globale identiteit heers.    

Laat gemeenskappe vorm – sub-kulture (Afrikaners, hoop ek) - in die vergete ruimtes van Pretoria.

 


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=860
Artikel nagegaan:
    -