blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Redakteursbrief 2007-06-14

Geagte leser,

 

Hartlike dank aan u almal wat terugvoer op ons nuwe papierformaat gegee het. U was oorwegend positief en die een probleem, naamlik agtergrondkleure wat leesbaarheid bemoeilik het, is nou hopelik uitgestryk.

Ons is besonder trots op hierdie uitgawe, wat een van die mees uiteenlopende uitgawes tot nog is. Benewens ons dossier oor ’n Afrikaanse “ons”, ontleed onder andere Aubrey Matshiqi die ideologiese spanninge in die ANC, William Mervin Gumede hoe Afrika haarself gevange hou, en gee Richard Gott ’n vernietigende terugblik op Tony Blair se bewind.

U kan steeds inteken op Die Vrye Afrikaan teen R30 per papieruitgawe, of teen ’n R20 maandelikse donasie vir die elektroniese uitgawe, wat ons help om die publikasie toeganklik op die internet te hou.

As u ’n lid van die FAK word teen R30 per maand, ontvang u Die Vrye Afrikaan gratis, sowel as al die FAK se openbare standpunte en mediaverklarings, en voorkeuruitnodigings na ons openbare geleenthede.

Maak vandag nog u keuse en skakel Sarie Marais by ons kantoor, 012-326-8646, of stuur e-pos na [email protected]

 

Groetnis,

Johann Rossouw

Uitvoerende beampte, FAK

Redakteur, Die Vrye Afrikaan

[email protected]

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=859
Artikel nagegaan:
    -