blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Rock-rubriek: Cat: Wear your Love like Heaven 2007-04-18
Shiloh Noone

*Skrywer van die rock-ensiklopedie Seeker’s Guide to the Rhythms of Yesteryear, [email protected]

 

Terwyl folk in die 1950’s en -60’s ’n stem vir politieke bewegings geword het, het dit in die 1970’s ’n radikale romantiese regsomkeer gemaak en feeverhaaldrome gegee aan die hippies wat aan’t worstel was met die moontlikheid om hulle binne die stelsel te vestig.

      Een van die suksesvolste sanger-liedjieskrywers van die middel 1960’s tot -70’s was Cat Stevens (gebore as Steven Demetre Georgiou), ’n mistiese musikant wat agt goue albums na mekaar met ’n aantal top-tien treffers behaal het. Mike Hurst, voorheen van Springfields, het sy eerste treffer, “I Love My Dog”, geregisseer, terwyl ’n wandeling in die kleurvolle “Portobello Road” (1966), geskryf saam met Kim Fowley, ’n suiwer ontdekking is. Donovan het die mode vroeër begin met die vrystelling van sy knap “Sunny South Kensington”, kompleet met die ‘terloopse’ noem van name soos Allan Ginsberg en Jean-Paul Belmondo, en Cat het die les geleer.

      Min mense weet dat ’n jong fluitspeler genaamd Peter Gabriel dikwels langs Cat op straat sou sing lank voor die dae van Genesis to Revelation. In 1967 het Cat die Arbeidersparty oorverhit met sy sosialistiese “Matthew and Son” wat tot by #2 gepols en as speerpunt vir die gelyknamige album gedien het.

      Die daaropvolgende jaar het Cat die treffersparades binnegeskiet met die belowende “I’m Gonna Get Me a Gun”, wat verby #6 geskram het, terwyl heelwat van sy repertoire sukses onder die hande van ander kunstenaars behaal het, by name “Here Comes My Baby” – Tremeloes en P.P. Arnold se “The First Cut Is the Deepest”.

Cat se groot deurbraak het gekom toe ’n psigegroep Koobas die donsmusikante stilgemaak het met hulle weergawe van “The First Cut Is the Deepest”, wat lugtyd op BBC se Radio One geniet het. Die “Cut” is weer oopgemaak deur Steve Ellis van Love Affair, wat die klankbaan van Loot langs die Hammond-rollende Mansfield geskryf het.

Met die hulp van Radio Caroline het Cat-koors deur Engeland en Europa posgevat. Die meeste Cat Stevens-albums is as goud gesertifiseer, ofskoon sommige, soos “Catch Bull at Four” en “Foreigner”, nie enige treffers opgelewer het nie. Rick Wakeman se behendige vingers het gefigureer op die 19de eeuse Galliese deuntjie “Morning Has Broken” (#6), geskryf deur die digter Eleanor Farjeon, ofskoon Rick tot op datum nog nooit enige tantieme of krediet gekry het nie.

Cat was duidelik onkeerbaar en teen 1970 het hy die sigeunergekleurde “Lady D’Arbanville” op sy Mona Bone Jakon onthul, na bewering oor die aktrise Patti D’Arbanville. Op die album is ook geboorte gegee aan die opruiende “Katmandu” met Peter Gabriel op fluit.

Dit was min of meer in hierdie tyd wat die Harold & Maude-klankbaan van 1971 wêreldwyd met Cat gespog het, vernaamlik “Where Do The Children Play”. Dié retoriese post-hippie klankbaan het gevloei deur “Tea for the Tillerman”, “I Think I See The Light” en “Miles From Nowhere”. Dit is opmerklik dat twee snitte, “Don’t Be Shy” en “If You Want to Sing Out, Sing Out” eers in 1984 beskikbaar gemaak is op Footsteps in The Dark/ Greatest Hits Volume Two en later die Box Set.

Intussen het manjifieke albums soos Tea for the Tillerman, Buddha & the Chocolate Box en Teaser & the Firecat gewemel van melodieë wat oor die afgronde van die tyd sou span. Jy moet ry op die “Peace Train” (#7) met Alan Parker wat die mees asemrowende hoofkitaarwerk lewer om die Cat-passie te voel. Dis selfs nog beter om “Oh Very Young” (#10) en die intrinsieke “Sad Lisa” te beskou, of saam te neurie met “Moon Shadow” (#30) wat Cat geskryf het na ’n middernagtelike tog oor maanverligte rotse in Spanje.

Die unieke dubbelstem “Father & Son” bly sy mees epiese advies-prestasie, dikwels vergelyk met Harry Chapin se “Cats In The Cradle” wat ironies soos die Cat Klink.

In 1981 het Cat al sy aardse besittings opgeveil en hom tot die Islamse geloof bekeer, tot die punt toe dat hy sy naam na Yusuf Islam verander het. Hierdie religieuse ommekeer was heelwaarskynlik simptomaties van die turberkulose in 1968 waarvan hy by die dood omgedraai het, en sy byna-verdrinking in Griekeland in die middel 1970’s.

’n Amperse Cat-oplewing danksy Maxi Priest se treffer “Wild World” en 10.000 Maniacs se weergawe van “Peace Train, asook klankbane van Rushmore en die onlangs vrygestelde Cameron Crowe-prent Almost Famous, het tragies tot stilstand geknars weens Amerikaanse radiostasies se boikot van sy werk – na hy verklaar het dat Salman Rushdie die dood verdien vir laster teen Islam in The Satanic Verses.

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=853
Artikel nagegaan:
    -