blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Gesprek met die Freedom Park Trust 2004-11-08
Die FAK het in 'n verklaring aan Die Vrye Afrikaan gesê dat dié organisasie op Maandag die 8ste November 'n geslaagde gesprek met die Freedom Park Trust gehou het.

Die oogmerk van die gesprek was om die moontlikheid van deelname deur Afrikaners aan die "week van versoening" in Desembermaand te ondersoek.

Volgens die FAK was die ont moeting gekenmerk deur 'n lewendige gesprek oor die vraag hoe 'n balans tussen die algemene belang en die belange van die veelheid van partikuliere gemeenskappe 'n kenmerk van die komende Week van Versoening en in die besonder van Versoeningsdag kan word.

Tydens die gesprek het die FAK die hoop uitgespreek dat totaliserende benaderings met die oog op Versoeningsdag vermy sal word en dat eenheid dus nie ten koste van die gemeenskappe se eie historiese agtergrond beklemtoon sal word nie. 'n Breë konsensus is oor dié saak bereik.

'n Proses is in werking gestel om die praktiese haalbaarheid van dié benadering jeens die week van versoening te ondersoek.

Die FAK is verteenwoordig deur Danie Goosen (voorsitter), Roland Henwood (ondervoorsitter) en Hennie de Wet (uitvoerende direkteur). Die afvaardiging van die Freedom Park Trust is gelei deur Wally Serote, die besturende direkteur.


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=70
Artikel nagegaan:
    -