|
||||
Fanie Olivier
- ’n Gedig vir die Pase deur Fanie Olivier
ons moes die bovertrek met die voorsomer deel
die lig deur die venster was diepdonkergeel
skerp het die aandlug geboord en prieel
en laatlammers êrens het blêerig gespeel.
daar het hy rustig die plat brood verdeel
homself weer betrek by die korrels en meel
en toe ook die wyn se omgang gereël.
sy oë op my hand was gebroke, heel.
die aand is van mosterd en brand in my keel. |