|
||||
Amanda du Preez se bondige artikel (“Paris Hilton: As die spieël in die spieël kyk”, DVA, 2007/02/16) waarin sy met die ontleedmes inklim onder Paris Hilton en haar situasie met dié van Marilyn Monroe vergelyk, is met een woord skitterend. (En ek sê dit nie net omdat ek ’n sagte plek vir Marilyn Monroe het nie!) In min woorde stroop Amanda hierdie twee fenomene tot die essensie van dit wat hul optrede gerig het. In Paris se geval, steeds rig -- ’n mens wonder net vir hoe lank nog: al pas dit jou ook soos ’n handskoen, het roem ’n manier om uiteindelik op die een of ander manier tog sy tol te eis. Dankie vir jou perspektief, Amanda. - Andriette Stofberg, Johannesburg |