blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Mbeki domastrant 2007-04-18

Ek het u hoofartikel (“Mbeki in krisis”, DVA, 2007/02/16) baie geniet. Dit wys duidelik uit hoe Mbeki voeling met die werklikheid verloor. Dis kommerwekkend dat hy blykbaar van die standpunt uitgaan dat, as mens bly swyg oor aangeleenthede, dit weldra sal weggaan. Wat ook geweldig pla van Mbeki, is die domastrante houding van “dis wat ek glo en daarom is dit soos dit is”.

Dan moet ons ook die volgende rondom die persoon van Mbeki besef: Hy wil onthou word as ’n “Afrika-leier”, “die man wat Afrika verenig en vrede op die vasteland gevestig het”. Daarom is sy fokus op Afrika en nie Suid-Afrika nie. Vir hom is vrede in die Demokratiese Republiek van die Kongo, Burundi, ens. baie belangriker as byvoorbeeld misdaadvlakke in SA.

Hy is ook regtig nie veel gepla met Afrikaners nie. Hy beskou Afrikaners as ’n “lastige noodsaaklikheid” en niks meer nie. Ek hoop ook die ANC kan ’n nuwe leier kies wat meer op SA self gefokus is. Ongelukkig het ek ’n nare voorgevoel dat Mbeki dalk kan maak soos Namibië se Sam Nujoma en steeds ANC-president bly, al kry SA ’n nuwe president.

- Gerrie Terblanche, Korea

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=838
Artikel nagegaan:
    -