blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Trefbeeld: Israel se Muur 2007-04-18
André Agenbag

- Soos gesien vanaf die Palestynse kant van Bethlehem, afgeneem gedurende Februarie 2007




“Ek en ons toergids het iets gemeen: beide van ons kom van Bethlehem. Die een is ’n Vrystater en die ander ’n Palestyn. Welkom in Jerusalem. Die Muur. Jerusalem, ryk aan simboliek – minstens drie religieë noem dit heilig. Om van Bethelehem na Jerusalem te reis, moes ons deur hierdie wagpos in Die Muur gaan. Jou pasboek word sorgvuldig deurgeblaai. Die Bethlehemiet van die Vrystaat en die bus vol Afrikaanse predikante gaan maklik deur. Dis net ons gids - die Palestynse Bethlehemiet - wat blykbaar vir die oponthoud verantwoordelik is. Die Palestynse kant van Die Muur is oortrek met kleurryke versetkuns. En wat se grafitti is teen die Jerusalemse kant van Die Muur gespuitverf? Niks nie.”

- André Agenbag

 

Fotograwe of kunstenaars word uitgenooi om van hulle werk elektronies te stuur na [email protected] 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=832
Artikel nagegaan:
    -