blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


SA staatsvermoë en demokrasie: Dossierinleiding 2007-04-18

Die staat bly die belangrikste politieke en selfs ekonomiese instelling in Suid-Afrika, ongeag van hoe positief of negatief dit beoordeel word. Ofskoon Die Vrye Afrikaan verbind is tot ’n Suid-Afrika van selfstandige, selfrespekterende gemeenskappe, kan dié ideaal nie sonder besinning oor die staat nagejaag word nie.

In Suid-Afrika word dikwels baie energie aan beleidsontwikkeling bestee. Kommoditeitsgedrewe ekonomiese groei het die afgelope jare die staat se koffers gevul. Maar wat help beleid en fondse as die staat se vermoë afneem? En watter bedreigings hou gebrekkige staatsvermoë vir die demokrasie in? Dit is nie verniet dat Suid-Afrika tans die hoogste per capita-proteskoers ter wêreld het nie.

Terwyl die gegoede klasse in Suid-Afrika tot ’n mate self in hulle maatskaplike behoeftes kan voorsien, geld dit nie die armes nie. Vir hulle is ’n funksionele staat van die allergrootste belang. Daarom vra ons in hierdie dossier na die stand van staatsvermoë in Suid-Afrika. 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=831
Artikel nagegaan:
    -