|
||||
Die eerste deel van die opskrif van prof. Sampie Terreblanche se artikel “’n Miljoen Afrikaners ryker as ooit: Mag en onverdiende rykdom in Suid-Afrika” (DVA, 2007/02/16) strook nie heeltemal met die inhoud van die artikel nie, en dié uitspraak kom ook nie woordeliks in die artikel voor nie. Prof. Terreblanche wys daarop dat op grond van sy berekenings, soos in die artikel vermeld, ongeveer 4 miljoen blankes ryker as ooit is, waaronder na raming dan sowat 2 miljoen Afrikaners. Daarenteen kan ongeveer 500 000 blankes vandag as arm beskou word, waarvan ’n beduidende deel waarskynlik Afrikaners. |