blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Redakteursbrief 2007-04-18

Geagte leser,

Diegene van u wat hierdie brief in ons papieruitgawe sien, sal merk dat Die Vrye Afrikaan in koerantformaat vanaf hierdie uitgawe aansienlik anders as voorheen lyk. Dit is nie net die resultaat van u terugvoer nie, maar ook van heelwat oorlegpleging met ander gesoute joernaliste en ontwerpers. Ons hoor graag wat u van ons nuwe styl dink.

      In hierdie uitgawe wy ons ’n dossier aan staatsvermoë en demokrasie in Suid-Afrika. Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, Cameron Dugmore, vertel van hulle planne met moedertaalonderwys. En danksy Christelle Terreblanche is Die Vrye Afrikaan vanjaar weer die enigste Afrikaanse publikasie wat aandag skenk aan die onlangse Maatskaplike Wêreldforum, waarvan ons die alterglobaliseringsagenda deel. Volledige inhoudsopgawe hieronder.

      Onthou ook dat Die Vrye Afrikaan nou slegs elke tweede maand verskyn. U kan dit gratis ontvang deur teen R30 per maand aan te sluit by die FAK. So nie, kan u inteken teen R30 per papieruitgawe, of ’n maandelikse donasie van R20 aan die elektroniese uitgawe gee, wat alles help om ons onafhanklikheid te verseker.

      Van intekening gepraat: die laaste maande het ons heelwat probleme met ons intekenadministrasie gehad. Dus het ons besluit om intekening voortaan self vanuit die FAK-kantoor te administreer. Rig alle navrae oor intekening aan Sarie Marais by 012-326-8646 of by [email protected]

      Let ook asseblief op ons nuwe posadres: Die Vrye Afrikaan, Posbus 2655, BROOKLYN SQUARE, 0075.

 

Groetnis,

Johann Rossouw

Uitvoerende beampte, FAK

Redakteur: Die Vrye Afrikaan

[email protected]

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=829
Artikel nagegaan:
    -