|
||||
Deur Hennie Aucamp
met apologie aan Jan Rabie
Sy oë bol uit van altyd maar kyk na die silwerwit maan wat hom tergend ontwyk.
Maar agter sy oë versamel mettertyd astrale gedagtes oor onsterflikheid
en as hy oplaas ’n maanstraal ontvang kwaak hy minagtend verlos van sy drang. |