blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Oor Marlene Malan se artikel “Wanneer Afrikanermans tot kindermoord gedryf word” skryf Schalk de Beer van Secunda 2007-02-15

Marlene Malan skryf: “Selfs in sy gunstelingsport, rugby, word die bestuur en besluite aan mans - wat nie wit is nie - oorgedra.” Natuurlik is hierdie een van die baie swaar wraakmaatreëls wat op Afrikaners gelê word. In dié verband is dit interessant dat TV- uitsendings oor die onlangse krieketreeks tussen Suid-Afrika en Indië voorsiening maak vir gelyktydige, volledige kommentare in Afrikaans en Engels. Rugby TV-uitsendings daarenteen maak slegs voorsiening vir volledige kommentaar in Engels op een kanaal en as die klankkanaal gemerk “Afrikaans” gekies word, word daar slegs Engelse kommentaar verskaf word met ’n Afrikaanse stem wat bloot die Engelse kommentator kan “agterna praat.” Hierdie gebruik, glo ek, is ’n berekende belediging vir Afrikaanssprekendes wat sekerlik by verre die grootste getal TV-kykers is wat na rugbywedstryde kyk. Of hierdie belediging vanuit die kantoor van die Rugbyraad voorgeskryf word, of deur die uitsaaier besluit word, of dalk deur die hoofborg, kon ek nie vasstel nie. Wat ookal die geval is, is dit nie tyd dat daar op ’n georganiseerde basis (deur die FAK ) by die regte oord beswaar gemaak word oor hierdie berekende beledigng nie?

- Berekend? Nie noodwendig nie – van alle kante geklap raak ons miskien ’n bietjie oorgevoelig. Maar dis beslis irriterend en onnodig. U idee van aksie is in die kol – Red.



 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=810
Artikel nagegaan:
    -