blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Oor Flip Buys se “Solidariteit stig Afrikaanse beroepskollege” skryf Ina Dreyer van Kleinfontein in die distrik Rayton 2007-02-15

Ek is ’n dosent in verpleegkunde en bied tans weeklange vaardigheidskursusse in tuisversorging aan. Blanke Afrikaners wat belangstel kan die kursus bywoon, veral jongmense. Dit blyk dat daar ’n groot leemte bestaan vir hierdie tipe opleiding hoofsaaklik as gevolg van die toename in getalle van bejaardes en siekes (veral terminaal siekes) wat by die huis versorg moet word, die gebrek aan (onder meer) opleiding in Afrikaans by verpleegkolleges en ook die algemene gebrek aan fondse vir opleiding onder ons mense. Daar bestaan ’n groot leemte aan opleiding en werkers in verpleging op alle vlakke vir Afrikanerjongmense. Kan u help?

- Uitstekende inisiatief, Ina. Hoe nou gemaak met “nie-blanke” Afrikaners wat ook die kursus wil bywoon? Mag die kleurobsessie van die huidige elite nie Afrikaners se identiteit weer kleur nie – Red. 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=809
Artikel nagegaan:
    -