blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Oor ons Desember-uitgawe se voorbladartikel, “So, jy glo nie in Kersvader nie?” skryf een van ons gereelde ekonomiese medewerkers, James Blignaut van Pretoria 2007-02-15

Briljant! Weinig woorde beskryf die feitlike juistheid en analitiese vernuftigheid waarmee André Agenbag die teer sakie van Kersfees hanteer en tot die been oopvlek. Op grond van verskeie redes vier ek en my gesin nou al vir ’n paar jaar nie Kersfees nie (ons walg eerder daarin - tot gramskap van vele). Ek bedoel, Jesus is allermins gebore sodat ons onsself kan vergryp! Die kloof tussen Jesus se boodskap en Kersfees is so groot en duidelik dat almal dit kan sien - wel, natuurlik dié wat wil sien. Ten spyte van die feit dat ons al die “regte” redes waarom Kersfees ’n afgodsfees is, ken, was daar maar tog iets wat ontbreek het in my verstaan van Kersfees. André het “sluiting” van daardie ontbrekende skakel gebring. Dankie. 


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=805
Artikel nagegaan:
    -