|
||||
Mikael Grut Deur Mikael Grut, Deense taalkundige tans woonagtig in Londen Die Afrikaanse taal het in Suid-Afrika uit Nederlands ontwikkel vanaf die 17e tot die 19e eeu. Dit het Nederlands in 1914 in skole vervang en in die NG Kerk in 1919, en in 1925 het dit saam met Engels 'n amptelike taal van Suid-Afrika geword. Dit het 'n ryk letterkunde, veral poësie, en 'n skat van wetenskaplike geskrifte. Trouens, dit is die oorheersende literêre taal in Suid-Afrika met 2 800 nuwe titels per jaar in die laat 1990’s (Giliomee, 2003, p.23). Tans praat 13% van Suid-Afrika se sowat 47 miljoen mense dit tuis, oftewel ongeveer 6 miljoen. 53% van hulle is “bruin”, 42% wit en die oorblywende 5% Afrikane of Asiërs (2001 Bevolkingsensus). Ten spyte van heelwat praatjies oor kulturele verskeidenheid en die “Reënboognasie” is die Suid-Afrikaanse regering vyandig teenoor die gebruik van Afrikaans, en sal hulle wil sien dat alle skole en universiteite volledig of gedeeltelik in Engels onderrig gee. In 1996 het die toentertydse President van Suid-Afrika in 'n toespraak by die Afrikaansmedium Universiteit Stellenbosch met verwysing na die taalkwessie gesê dat “nie-sprekers van Afrikaans nie onregverdig toegang” tot die universiteit “ontneem moet word nie”, bedoelende dat hulle in feite toegang daartoe moet kan geniet sonder kennis van Afrikaans. In November 2002 het die toentertydse Minister van Onderwys in 'n referaat getiteld Language Policy for Higher Education geskryf (met my kommentaar in hakies):
Dit is ondenkbaar dat die Minister van Onderwys in Kanada, Switserland of België sodanige voorwaardes sal neerlê vir die skole en universiteite wat in Frans onderrig gee, synde 'n minderheidstaal in daardie lande. Natuurlik is dit makliker vir die sprekers van die meerderheidstaal om onderrig in hul eie taal te volg, maar so is dit ook vir die sprekers van die minderheidstaal, en in elk geval is byna al die universiteite in Suid-Afrika nou Engelsmedium. As die vorige regime in Suid-Afrika nie meerderheidsregte verstaan het nie, verstaan die huidige regime nie minderheidsregte nie. In 2004 is die staatsubsidies aan die drie histories Afrikaansmedium-universiteite van Pretoria, Stellenbosch en die Vrystaat almal verminder, terwyl die subsidie aan sekere Engelsmedium-universiteite verhoog is. Die situasie lyk nie beter in Afrikaanse skole nie, waar die meeste Afrikaansmedium-skole vandag dubbelmedium is. Aan die begin van die 1990’s was daar amper 2 000 Afrikaanse skole; vandag is daar slegs sowat 300. Natuurlik is dit baie belangrik vir die goeie funksionering van die staat dat alle burgers vlot in die meerderheidstaal moet wees, maar heelwat Afrikaanssprekendes is vlot in Engels. 57% van die mense in die Wes- en Noord-Kaapprovinsies – wat saam die westerse 40% van Suid-Afrika se oppervlak beslaan – het Afrikaans as huistaal. Die tweede grootste taalgemeenskap in daardie area is die Xhosasprekende een, wat slegs sowat 20% van die bevolking uitmaak. 'n Mens sou dus verwag dat Afrikaans ook die oorheersende amptelike taal in daardie twee provinsies sal wees, soos Katalaans in Katalonië, maar dit is ver van die geval. Twee van die drie universiteite in die area is Engelsmedium, en daar is sterk regeringsdruk op die derde een in Stellenbosch om ook Engelsmedium te word. Die tegniese kollege in Kaapstad is nou feitlik volledig Engelsmedium. In slegs die Wes-Kaap – die provinsie waar Stellenbosch en Kaapstad is – is 55% van die 4,6 miljoen inwoners Afrikaanssprekend. En tog, in die Provinsiale Wetgewer:
As ons die Wes-Kaap vir 'n oomblik buite rekening laat en na die situasie in die hele Suid-Afrika kyk, oorweeg die volgende punte en vra uself telkens af of dieselfde kon gebeur het in die geval van byvoorbeeld die Franssprekende minderhede in Kanada, Switserland of België.
Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad wat ingestel is om die implementering van die Grondwet te moniteer, het reeds in 1997 in 'n ope brief aan President Mandela die skuif na eentaligheid op alle vlakke van regering betree en die volgende vrae gevra: “As die regering self die Grondwet verontagsaam, hoe kan dit dan van burgers verwag word om dit te gehoorsaam? As ons toelaat dat een aspek van die Grondwet verweer word, trek ons nie die sluise oop vir die verontagsaming van ander aspekte van ons Grondwet nie?” (Giliomee, 2003, p.20). 'n Kommerwekkende aspek omtrent dit alles is dat Afrikaanssprekendes self – getraumatiseer na apartheid en tans besig om so ver moontlik terug te buig om so ‘de mokraties’ moontlik te wees – dikwels lyk asof hulle die regering glo wanneer dié sê dat moedertaalonderrig onde mokraties is. Die eerste tree na taaldood is wanneer jy twyfel oor jou taal begin koester. Aan die anderkant, om op 'n positiewe noot te eindig, het Suid-Afrika ná die onlangse verkiesing 'n nuwe Minister van Onderwys, Naledi Pandor, 'n swartvrou met 'n Meestersgraad in linguistiek van die Universiteit Stellenbosch. Sy moet gewis beter wees. BRONNE: GILIOMEE, Hermann, The Rise and Possible Demise of Afrikaans as Public Language. Kaapstad: PRAESA, Occasional Paper no.14, Universiteit van Kaapstad, ISBN 1-919948-16-3, 2003. Gefinansier deur die Volkswagen-stigting. Die 2001-Bevolkingsensus, www.gov.za/reports/2003/census01brief.pdf Korrespondensie met die Suid-Afrikaanse Ministerie van Onderwys, die Wes-Kaapse Provinsiale Regering en ander instellings * Hierdie artikel is oorspronklik as privaatreferaat voorgelê aan die Agste Konferensie van die Stigting vir Bedreigde Tale in Barcelona, wat vanjaar vanaf 1 tot 3 Oktober 2004 oor die tema Endangered Languages and Linguistic Rights gehou is |