blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Skadukante van vandag se kapitalisme: Dossierinleiding 2006-12-11

Die Vrye Afrikaan is al by geleentheid beskuldig dat ons teen die kapitalisme of die mark is. Albei hierdie terme is kompleks en verander voortdurend. Ons pleidooi is eenvoudig vir ’n nuwe verhouding tussen die ekonomie en die gemeenskap. Hierdie dossier sit van ons kritiek op vandag se kapitalisme uiteen, en dit dien as inleiding vir ’n nuwe reeks waarmee ons in Februarie begin en waar ons gaan fokus op Suid-Afrikaanse sakelui wat voorbeelde van ’n gesonde balans tussen die ekonomie en die gemeenskap skep. Naas André Agenbag se verduideliking van hoe die ekonomie die godsdiens van ons tyd geword het, staan Danie Goosen en Carel Boshoff stil by ’n insiggewende boek van die sosioloog Richard Sennett, The Culture of the New Capitalism. 


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=788
Artikel nagegaan:
    -