|
||||
Adèl Steyn daardie nag in ’n louwarm hospitaal het die lewe jou uit my uit gebeur
en dadelik gaan my grypende hande uit en neem ek jou in my biesiemandjiearms
jy lê teen my met bloed gemerk
maar meteens moet jy gaan hulle moet jou weeg en meet en beskryf
my van jou afwas
jou dan vir ’n oomblik terugbring – soos prosedure vra – tot jy weer rammelend weggestoot word na ’n onherbergsame plek belig en skoon
ek druk die klokkie
“bring haar vir my ek ken iemand om haar te soog” |