blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Na aanleiding van Marinus Schoeman oor Hannah Arendt skryf Die Afrikaner van Kaapstad 2006-11-15

 

Ek weet ek steek nou my nek uit maar ongelukkig kan ek nie langer my teleurstelling verberg nie. Ek soek ook nie konfrontasie van enige aard nie. Die feit is dat daar van elke Afrikaanssprekende verwag word om Engels magtig te wees. Die rede waarom ons inskakel op Afrikaanse programme en/ of tydskrifte/ nuusblaaie koop, is om Afrikaans te hoor of te lees. Die skrywe oor die politieke denker Hanna Arendt, is die grootste gedeelte in Engels. Net so word meer en meer onderhoude gevoer in Engels op radio/ TV. In die verlede het die skrywer of omroeper dit in Afrikaans oorgedra aan die lesers/ luisteraars. Met hierdie skrywe van Marinus Schoeman is ek weereens teleurgestel in die hoop op ’n suiwer vrye Afrikaanse blad. Ek wens u alle sukses toe met die nuwe blad en vertrou dat ons in die toekoms berigte in Afrikaans sal kan lees, al is dit vertalings. Jammer dat ek so ’n onkundige Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner is.

 

- Dis darem ’n bietjie dik vir ’n daalder om in die lig van u (hoogs verstaanbare!) frustrasie met die wye druk tot verengelsing Marinus Schoeman dit ten laste te lê dat “die grootste gedeelte” van sy artikel in Engels is, terwyl dit eintlik die aanhalings uit Arendt se werk was. Nietemin sal ons voortaan alle en nie net die meeste aanhalings vertaal. Dit mag u interesseer dat Schoeman, buiten die feit dat hy een van die fynste Afrikaanse stiliste is wat tans skryf, een van bittermin Afrikaanse filosowe is wat deurgaans - ook in sy onlangse proefskrif as boek gepubliseer - in Afrikaans werk.

Eweneens sou u darem seker waardering hê vir die enorme aanbod van artikels uit ander tale, veral Frans, wat maandeliks in Die Vrye Afrikaan verskyn, en wat nêrens elders in Suid-Afrika in enige ander taal beskikbaar is nie? – Red.

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=746
Artikel nagegaan:
    -