blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Ook oor Stefan Louw skryf Dankbare Ouma 2006-11-15

Hierdie is nie kommentaar nie. Hierdie is ’n dankie aan ’n man wat ek nie geken het nie, Stefan Louw. Dankie aan hom, want hy het my kinderlose kinders gehelp om ’n baba uit sy gemeente aan te neem, ’n dogtertjie wat sy naam dra. Na die lees van die gedig in Die Vrye Afrikaan van 20 Oktober 2006 het ek nie net André Agenbag se seer gelees nie; ek het aan ons pragtige kleinkind se biologiese mamma gedink - Stefan was haar anker in die donker tye van swangerskap en aanneming. Al was Stefan aan my onbekend, sal ek my kleinkind vertel waar haar naam vandaan kom en die gedig en foto’s veilig bêre vir die dag van “waar kom ek vandaan?” 


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=745
Artikel nagegaan:
    -