blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Musiekrubriek 2006-09-13
Herman van Niekerk

Die hoofdoel van hierdie musiekrubriek is om musiekinligting te kommunikeer wat nie noodwendig algemeen en gereeld ons (oor)drempels bereik nie – of waaraan ’n mens nie aldag blootgestel word nie. Die doel van die inhoud is hoofsaaklik inligtinggewend, soms aanbevelend en partykeer vertolkend. Ons wil veral fokus op nuwe en moontlik minder toeganklike musiekinligting.

U word genooi om inligting oor musiek aan ons te voorsien (of sommer bloot te laat weet van musikale aksies waarvan ons kan kennis neem), en ons sal poog om blootstelling daaraan te verleen met inagneming van die doel van ons rubriek en die beskikbaarheid van bladruimte vir ’n spesifieke uitgawe. Stuur mediaverklaring en inligting aan: Die Vrye Afrikaan: Musiek, Posbus 1010, Auckland Park 2006, of stuur ’n vonkpos aan [email protected]. Positiewe en opbouende kommunikasie is enige tyd welkom, maar indien dit vir publikasie oorweeg moet word, moet inligting ons asseblief minstens ses (6) weke voor die publikasiedatum van ’n spesifieke uitgawe bereik. – byvoorbeeld: indien inligting vir Desember 2006 oorweeg moet word, moet dit ons asseblief teen 15 Oktober 2006 bereik.

Ons hoor graag van u!

 

 

 

JANNIE DU TOIT EN CHRISTA STEYN – 20 JAAR SAAM OP DIE VERHOOG

(overgesetsynde: Jannie en die Tannie)

 

Na hul woelige begin as solokunstenaars (Jannie gered uit die regsberoep) maak Jannie en Christa sedert 1986 saam musiek.

‘n DVD van Jannie en die Tannie is so pas uitgereik. Die DVD is beskikbaar by winkels en ook by [email protected].


 

 

’N RADIOSTASIE OM NIE TE VERSMAAI NIE

Toegang tot radio-uitsendings bly ’n unieke wyse van kommunikasie, en radio is by uitstek ’n medium vir musiek.

Daar is ’n sterk toename in die toeganklikheid en beskikbaarheid van internetradio. Maar as daar een radiostasie is wat (vir jare al) nie te versmaai is nie – wanneer dit kom by die blootstelling aan musiek- en musiek-inligting, is dit die BBC se Radio 3. Hierdie uitsendings – vanaf die magtige en omvangryke BBC – kan onder meer klokhelder via die internet gehoor word by www.bbc.co.uk/radio3/.

BBC Radio 3 beywer hulle vir die bevordering en beluistering van klassieke musiek, jazz, wêreldmusiek, dramas en kunsbesprekings.  Die radionetwerk fokus op die aanbieding van sowel lewendige uitsendings as spesiaal voorafopgeneemde musiek wat die beste kwaliteit van Brittanje en die wêreld weergee – dit sluit in uitvoering van die BBC se eie musiekgroepe.

Voordele van die gebruikersvriendelike webblad van die BBC – en dus dié van die BBC se Radio 3 – is die feit dat programinhoud deeglik vooruit bekend gemaak word, asook om weer na reeds uitgesaaide programme te luister – en dat ’n mens selfs beheer het oor die uitsending daarvan, en natuurlik die verskeidenheid van programme oor 24 uur. Wat is onder andere op die luisterspyskaart wanneer u Radio3 van die BBC bereik? (vinnig getel is daar 55 omroepers vir 90 programme wat weekliks uitgesaai word).

·                Onder die titel A Bach Christmas het BBC Radio 3 byvoorbeeld verlede jaar vanaf 16 tot 25 Desember gefokus op die komposisies van JS Bach en in daardie tydperk al Bach se komposisies uitgesaai;

·                Die BBC Proms het vanjaar uit meer as 70 musiekuitvoerings in die Royal Albert-Saal bestaan. Die seisoen het vanjaar gestrek vanaf 14 Julie tot 9 September – toe die laaste uitvoering onder die bekende Last night of the Proms plaasgevind het.

·               The Choir is ’n program op Sondae wat fokus op kore, koormusiek, koordirigente, koormusiekkomponiste en aanverwante onderwerpe. Suid-Afrikaanse koormusiek het byvoorbeeld op 4 Junie vanjaar aan die beurt gekom en kore en komponiste van Suid-Afrika het in die program hul buiging gemaak.


·                Nog ’n koorprogram op Radio 3 is die immergroen Choral Evening Song wat sedert 7 Oktober 1926 weekliks uitgesaai word – vanjaar dus in sy 80ste jaar. Die program fokus veral op kerkmusiek.

·               Composer of the week is ook een van die oudste programme op Radio 3. Tans bied Donald Macleod die programme daagliks aan tussen 12 en 1 nm. (GMT).

·                Dan is daar programme met titels soos The Decca Boys, Discovering Music, Late Junction (vir ongewone musiek), Lunchtime Concerts, Opera Quiz, Music Matters, New Generation Artists, Notes on Poetry, Stage and Screen, Voices en verskeie jazzprogrammeom ’n paar lokkers op te noem.

 

 

 VAN ALLES EN NOG WAT

·               Hans Potgieter is ’n Suid-Afrikaanse pianis wat hom al vir ’n geruime tyd in Europa (Switzerland en Frankryk) bevind. ’n CD van hom is pas uitgereik. Op die album voer hy werke uit van BRAHMS, Maurice OHANA en Alberto GINASTERA. Die CD is beskikbaar by Azania Musiek teen R120 (posgeld ingesluit) by [email protected].

·               The Red Door Intieme Teater is gesellig op die oewers van die Kliprivier in Henley-on-Klip naby Johannesburg en Vereeniging, en vorm deel van Irma Coetzee se landelike ruimte van ’n eetplek, slaapplek, winkel én ’n intieme teater. Vir meer inligting oor die teaterprogram vir die res van 2006, en inligting oor die restaurant wat van Woensdae tot Saterdae funksioneer, stuur ’n vonk aan [email protected], telefoneer na 082 413 6184 en ’n faks na 016 366 0892.

·                Die La Motte Klassieke Musiekreeks vind seisoenaal plaas in die historiese kelder op die landgoed net buite Franschhoek. Die komende seisoen begin op 7 Oktober met die Capella Catherinae-koor uit Stockholm. Kaartjies vir die uitvoerings op La Motte is telkens beskikbaar by Angela by 021-8763114 en [email protected] asook www.la-motte.com. Alle uitvoerings begin om 7nm.

·                Die Música Viva Musiekfees vind plaas in Lissabon, Portugal vanaf 23 September tot en met 27 Oktober 2006. misomusic@misomusic.com en www.misomusic.com/

·                ’n Fees vir nuwe musiek bekend as Arena vind in Riga, Latvia plaas vanaf 13-28 Oktober 2006. [email protected] en www.arenafest.lv.

·                In Frankryk vind die 9de Novelum Fees vanaf 14-27 November plaas. Die program fokus op die interaksie van verskillende kunsvorme met musiek. [email protected] en www.studio-eole.net.

·                Die Huddersfield Fees vir Kontemporêre Musiek word beskou as die grootste musiekfees van sy soort in die Verenigde Koninkryk. Vanjaar fokus die program op orkeswerke, vrye improvisasies, skootrekenaars, elektroniese kamer-opera, wit klank, radiomagnetiese klank, ensovoorts. [email protected] en www.hcmf.co.uk.

 

Vir KOMPONISTE:

·               Gesoek! ’n Komposisie vir robotte: Die Logos Stigting in Gent, België, is op soek na komposisies vir die M&M-orkes. Die M&M-orkes bestaan uit 30 musiekrobotte – sommige van die robotte is geoutomatiseerde instrumente (soos klaviere, orrels en vibrafone), en die res van die orkes bestaan uit nuutgeskepte musiekrobotte. Al die robotte word beheer deur ’n netwerk van rekenaars. Meer inligting is beskikbaar by die Logos Stigting, M&M, Kongostraat 35,B-9000 Gent, België en by [email protected].

·                Vir kreatiewe musici en komponiste bied die Gaudeamus Stigting in Amsterdam van 15-22 April 2007 die Internasionale Gaudeamus Interpreteerders kompetisie aan. Meer inligting is beskikbaar per epos aan: [email protected].

 

Inligting vir hierdie rubriek word onder andere voorsien deur MCCOSA (Die Musiekkommunikasiesentrum van Suider-Afrika en IAMIC ( Die Internasional Assosiasie vir Musiekinformasiesentrums). Die samesteller is Herman van Niekerk[email protected] en Posbus 1010, Auckland Park, 2006 Suid-Afrika.


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=707
Artikel nagegaan:
    -