blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Gedig 2006-09-13
Linda Neethling

Liewe Oom Breyten.

(ons bring ’n ongeskilde pampoen vir jou verjaarsdag)

 

Hier, hoor ons nou:

raak ons in vervoering

oor vrou-voëltjies verse

wat stroopsoet

om die hart se kou

t-r-ê-k-k-e-rig deur die tande loop.

 

Oom dribbelbaard in die vodde groen trui

Oom yk-seer verlede

Oom toekoms so van agterstevoor

Pampoenskiller, brilkouer!

 

Ons staan tou met skottels vol grysdinges

en wie sou dit kam?

Hoe sou ons beentjies hul vryheid ken?

Is oom nie tog die een

wat ons leer hengel het

met wurms nie?

 

Verbeel jou! Ou wrakke?

die landskap in ons oë

die landskap van ons eendae

          van ons aanhoudende hou teen die houslae

Lê in jóu woorde sin en maak.

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=689
Artikel nagegaan:
    -