blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


 
Musiekrubriek 2006-08-17
Herman van Niekerk

Die hoofdoel van hierdie musiekrubriek is om musiekinligting te kommunikeer wat nie noodwendig algemeen en gereeld ons (oor-) drempels bereik nie – of waaraan mens nie aldag blootgestel word nie. Die doel van die inhoud is hoofsaaklik inligtinggewend, soms aanbevelend en partykeer vertolkend. Ons wil veral fokus op nuwe en moontlik minder toeganklike musiekinligting.

 

U word genooi om inligting oor musiek aan ons te verskaf (of sommer bloot te laat weet van musikale aksies waarvan ons kan kennis neem), en ons sal poog om blootstelling daaraan te verleen met inagneming van ons rubriekdoel en die beskikbaarheid van bladruimte vir ’n spesifieke uitgawe. Stuur mediaverklaring en inligting aan: Die Vrye Afrikaan: Musiek, Posbus 1010, AUCKLANDPARK 2006, of stuur ’n vonkpos aan [email protected]. Kommunikasie is enige tyd welkom, maar indien dit vir publikasie oorweeg moet word, moet inligting ons asseblief minstens ses (6) weke voor die publikasiedatum van ’n spesifieke uitgawe bereik. – byvoorbeeld: indien inligting vir Desember 2006 oorweeg moet word, moet dit ons teen 15 Oktober 2006 bereik.

Ons hoor graag van u!

 

 

Eietyds

 

Niel Immelman speel klaviermusiek van Josef Suk

Die pianis, Niel Immelman is in Bloemfontein gebore en sy eerste klavieronderrig was van sy ma - en bekende klavierpedagoog- Nettie Immelman. Hy fokus op klavierkomposisies van die Tjeggiese komponis, Josef Suk (1874-1934 - Dvořák was vir ’n tyd lank Suk se komposisie-leermeester, en lateraan vir ’n báie lang ruk ook sy skoonpa!) in nie minder nie as vier omvattende CD’s wat die afgelope paar jaar uitgereik is deur die Britse platemaatskappy, Meridian.

Na matriek in Bloemfontein, vertrek Niel Immelman na die Royal School of Music in Londen en studeer onder Cyril Smith, Ilona Kabos en Maria Curcio. Bernard Haitink het Niel as student ‘raak geluister’ en hom genooi om Rachmaninov se Rapsodie op ’n tema van Paganini saam met die Londense Filharmoniese orkes uit te voer. Hierdie voortreflike debuut is gevolg met uitnodigings vir verdere uitvoerings saam met dieselfde orkes en ander orkeste in die Royal Festival-saal, die Royal Albert-saal en ook in die Amsterdamse Concertgebouw – en so het Niel Immelman en sy klavierspel hom oor die wêreld bekend gemaak en geneem… Sy repertorium is omvattend en hy gee veral ook aandag daaraan om minder bekende werke bekend te stel van komponiste soos Bloch, Dale, Eisler, Roslavets en dan natuurlik Suk.

 

(SUK Piano Works Volume 1 Meridian CDE 84269; SUK Piano Works Volume 2; Summer Impressions, Meridian CDE 84317; SUK Piano Works Volume 3, Meridian CDE 84382; SUK Piano Works Volume 4, Meridian CDE 84442.)

 

Jazz in ons voorkamer…

Die jaarlikse Joy of Jazz van Standard Bank vind vanjaar vanaf 24 tot 26 Augustus in Johannesburg plaas. Die fees vorm deel van Standard Bank se jaarlikse Joy of Jazz-projek wat landswyd dwarsdeur die jaar plaasvind, en is ook telkens een van Johannesburg se voorste jazzgebeure. Hoe kan dit dan ook anders as daar name soos Jonathan Butler, Jamie Cullum, Jimmy Dludlu, Brandford Marsalis en Ramsey Lewis op die spyskaart is?

Die volledige program is soos volg:

·                     Standard Bank Arena:

Bespreekte sitplekke

Dag 1 Donderdag 24 Augustus / 19.00-23.00: Standard Bank Arena: Jonathan Butler en Jamie Cullum;

·                     Jazz Dome

Beperkte sit en -staanplek

Dag 2 Vrydag 25 Augustus / 19.30-01.00

Themba Mkhize, Brenda Russell en Jonathan Butler

Dag 3 Saterdag 26 Augustus / 19.30-01.00

Jimmy Dludlu, Brenda Russell en Jamie Cullum;

·                     Bassline

Onbespreekte sit- en staanplek

Dag 2 Vrydag 25 Augustus / 20.00-24.00

NYJB, Avishai Cohen en Branford Marsalis

Dag 3 Saterdag 26 Augustus / 20.00-01.00:

NYJB, Edith Klug met VOICE, Avishai Cohen en Branford Marsalis

·                     Markteaterkompleks se Hoofteater

Bespreekte sitplekke

Dag 2 Vrydag 25 Augustus / 19.30-23.30

Ramsey Lewis, Nonkukhanya Dlamini en Nnenna Freelon

Dag 3 Saterdag 26 Augustus / 19.00-23.30

Ramsey Lewis, Phinda en Nnenna Freelon

·                     Mbira Verhoog

Onbespreekte sit-en staanplek

Dag 2 Vrydag 25 Augustus / 20.30-00.30

Johnny Clegg, Tucan Tucan, die African Guitar Summit met Jimmy Dludlu, Alvin Dyers, Kunle en Louis Mhlanga

Dag 3 Saterdag 26 Augustus / 20.30-00.30

Lgbaja (van Nigerië), Concord Nkabinde en die African Soul Sisters met Nkykhanya Dlamini, Thembisile, Nombulelo Magethuka, Wanda Baloyi en Corlea Botha.

 

Besprekings is by Computicket (computicket.com) en verdere inligting by www.joyofjazz.co.za.

 

 

Van alles en nog wat…

·                     Musikale Seereis

Al ooit daaraan gedink om ’n musikale uitstappie ter see te onderneem? Nou is die geleentheid om te bespreek vir ’n 13-nag toer op die luukse passasiersboot, Die MV Deutschland vanaf 21 April tot 4 Mei 2007.  Die gashere vir die toer is Richard Cock (bekende musikus van Johannesburg) en sy vrou Sue. Die boot vertrek vanaf Venesië en die vaart eindig op 4 Mei in Bordeaux – met haltes in onder meer Spanje en Portugal.  Die toer kos ongeveer £1662. Vir meer besonderhede kontak Development Promotions (011-339-4865) en e-pos na [email protected].

 

·                     Karin Hougaard CD Hartstukke

(Uitgereik deur Next Music 011-880-7634 en [email protected]. www.karinhougaard.co.za.)

Die album met 24 snitte is onlangs uitgereik en kan gerus aangeskaf word. Karin het hoofsaaklik die teks geskryf en musiek gekomponeer. Ander medewerkers is onder andere Herman van Veen, Edith Leerkes, Henk van der Schalk, Charl du Plessis, Anne van Veen, Jonathan Crossley, Jacqueline Finley en Lulu van der Walt.


 

·                     Denise Jannah, wêreldbekende jazzsangeres en haar kitaarbegeleier, Wolf Martini, was onlangs op besoek in Suid-Afrika en het in Pretoria en Bloemfontein opgetree voor geesdriftige gehore. Sy het haar jongse CD, Gedicht Gezongen saamgebring waar sy – buiten gedigtetoonsetting uit Nederland en Suriname (haar geboorteland),  ook onder andere ’n toonsetting van C. Louis Leipoldt sing. Daar is ook gerugte dat sy verdere verwerkings uit Afrikaans vir komende CD’s gaan doen…

Hierdie CD van haar is uitgereik deur Plattèl Musiek en meer inligting is beskikbaar by www.denisejannah.com en [email protected].

 

·                     BBC Proms in die Royal Albert-saal in Londen – nog aan tot en met 9 September: www.bbc.co.uk/proms.

·                     Internasionale Gaudeamus Musiekweek vind van 3-10 September 2006 in Amsterdam plaas. Dis hoofsaaklik ’n week vir nuwe musiek en vanjaar was onder andere ’n Suid-Afrikaanse komponis, Jürgen Bräuninger, lid van die jurie. Vir meer inligting oor die Musiekweek, gaan na www.gaudeamus.nl.

·                      Nog ’n kompetisie wat deur die Gaudeamus Stigting in Amsterdam aangebied word, is die Internasionale Gaudeamus Interpreteerderskompetisie wat van 15-22 April 2007 plaasvind. Meer inligting is beskikbaar per e-pos na [email protected]

·                      Die Berlynse Festspiele vind plaas vanaf 1-17 September 2006. Meer inligting by [email protected] asook www.musikfest-berlin.de.

·                      In Pole vind die jaarlikse kontemporêre fees Warsaw Autumn  van 22-30 September 2006 plaas. Meer inligting beskikbaar op www.warsaw-autumn.art.pl en [email protected].

 

*Inligting vir hierdie rubriek word onder andere voorsien deur die Musiekkommunikasiesentrum van Suider-Afrika (MCCOSA) en die Internasionale Assosiasie vir Musiekinformasiesentrums (IAMIC). Die samesteller is Herman van Niekerk – [email protected] en Posbus 1010, AUCKLANDPARK, 2006 Suid-Afrika.

 


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=675
Artikel nagegaan:
    -