blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Musiekrubriek 2006-07-19

*Inligting vir hierdie rubriek word hoofsaaklik voorsien deur die Internasionale Assosiasie vir Musiekinformasie-sentrums en die Musiekkommunikasiesentrum van Suider-Afrika. Die samesteller is Herman van Niekerk – [email protected] en Posbus 1010, AUCKLANDPARK, 2006.

 

Gegroet en welkom by Die Vrye Afrikaan se eerste doelgerigte rubriek vir musiekinligting! Terwyl ons musikaal nes skop, kan ons meld dat die hoofdoel met hierdie rubriek is om musiekinligting te kommunikeer vanuit die grenslose wêreld van musiek wat nie noodwendig algemeen en gereeld ons oordrempel bereik nie of waaraan ’n mens nie aldag blootgestel word nie. Die doel met dié musiekrubriek is hoofsaaklik inligtinggewend, soms aanbevelend en vertolkend. Ons wil veral fokus op nuwe en moontlik ‘minder toeganklike’ musiekinligting.

            U word genooi om inligting oor musiek aan ons te verskaf (of ons sommer bloot te laat weet van enigiets waarvan ons kan kennis neem), en ons sal blootstelling daaraan gee met inagneming van die doel van ons rubriek en die beskikbaarheid van bladruimte vir ’n spesifieke uitgawe.

            Pos mediaverklarings en inligting aan: Die Vrye Afrikaan-Musiek, Posbus 1010, Auckland Park 2006, of stuur ’n vonkpos aan [email protected].  Kommunikasie is altyd welkom, maar indien dit vir publikasie oorweeg moet word, moet inligting ons minstens 6 weke voor die verskyning van ’n spesifieke uitgawe bereik – byvoorbeeld: indien inligting vir Oktober 2006 oorweeg moet word, moet dit ons teen 15 Augustus 2006 bereik. Ons verneem graag van u!

 

EIETYDSE MUSIEK

·    Die Chanticleer Sangers van Suid-Afrika onder leiding van Richard Cock:  In hul spesifieke genre is die Chanticleer Sangers o.l.v. Richard Cock sekerlik een van die voorste kamerkore in Suid-Afrika.  Indien u die geleentheid kry om ’n uitvoering van hulle by te woon of opnames te bekom, moet u nie skroom om dit te doen nie!  Indien u hulle nie intussen raakloop nie, kan u na hulle kom luister om 20:00 op 3 Desember 2006 by geleentheid van hulle Kersfeeskonsert in die Holy Trinity-kerk op die kampus van die Universiteit van die Witwatersrand in Braamfontein, Johannesburg.

 

·    Die Estoniese Filharmoniese Kamerkoor onder leiding van Paul Hillier

Nuwe en uitsonderlike koorkomposisies uit die Baltiese lande het veral aandag gekry met die uitreiking van drie CD’s getiteld Baltic Voices (Volumes 1-3) vanaf 2002 tot 2005 onder die leiding en inisiatief van Paul Hillier.  Paul Hillier is onder meer die musikale leier van die Hilliard Ensemble; stigter van die ‘Theatre of Voices’, asook die artistieke leier van die Letlandse (Estoniese) Filharmoniese Kamerkoor – die kunstenaars van hierdie driestuk-koorsiklus.  Gevestigde, maar ook minder bekende komponiste se werke kan gehoor word in hierdie uitvoerings deur die Letlandse Filharmoniese Kamerkoor.  Komponiste ter sprake is onder andere Sven David Sandström (Swede), Einojuhani Rautavaara en Kaija Saariaho (albei van Finland) en Arvo Pärt, Veljo Tormis en Erkki-Sven Tüür – aldrie van Letland (Estonië).  Die CD’s is uitgereik deur Harmonia Mundi. (Baltic Voices 1: Harmonia Mundi HMU 907311. Estoniese Filharmoniese Kamerkoor o.l.v. Paul Hillier, saam met die Tallinn KamerorkesDie CD het nominasies ontvang vir ’n Grammy-toekenning vir beste Kooruitvoering en beste klassieke produksie deur Robina Young; Baltic Voices 2: Harmonia Mundi HMU 907331. Estoniese Filharmoniese Kamerkoor o.l.v. Paul Hillier – Grammy-nominasie ontvang vir beste kooruitvoering; Baltic Voices 3: Harmonia Mundi HMU 907391. Estoniese Filharmoniese Kamerkoor o.l.v. Paul Hillier saam met die Raschèr- Saksofoonkwartet..

 

 


Die Estoniese Filharmoniese Kamerkoor.  Die koor staan onder leiding van Paul Hillier.  Opnames van die koor word hierlangsaan bespreek.

 

 

FEESTE EN MUSIEKPLEKKE

·    Dié tyd van die jaar is die musiekbedryf uiters besig danksy – onder meer – die posisie van die son.  Die Noordelike halfrond is oorvloei van musiekgebeure.  

 

Musiekdinge elders:

·    Indien u na Amsterdam reis, kan u gerus ’n draai gaan maak by die nuwe MUZIEKGEBOU AAN’T IJ in Amsterdam (muziekgebouw.nl)

 


Die nuwe hartklop vir musiek in Amsterdam – die Musiekgebouw aan’t Ij wat in die Piet Heinkade in (‘uit’) die Amsterdamse hawe verrys het

·    Mostly Mozart in die Barbican vanaf 6 Junie - 29 Julie: barbican.org.uk

·    BBC Proms in die Royal Albert Hall 14 Julie - 9 September: bbc.co.uk/proms

·    Glyndebourne Operafees vanaf 19 Mei - 27 Augustus: glyndebourne.com

·    Cambridge se somerskool vir Vroeë musiek: 17 Julie – 19 Augustus: cemss.org

·    Cambridge Somermusiekfees: 13 Julie – 5 Augustus: cambridgesummermusic.com

·    37ste Fishguard Internasionale Musiekfees in Wallis: 22-29 Julie: fishguardfestival.org.uk

·    Verbier Musiekfees (Switzerland): 21 Julie – 6 Augustus: verbierfestival.com

·    Salzburg Musiekfees (Oostenryk): 23 Julie – 31 Augustus: salzburgfestival.at

·    Kuhmo Kamermusiekfees (Finland): 16-29 Julie: kuhmofestival.fi

·    München Operafees (Duitsland): 24 Junie – 31 Julie: muenchener-opern-festspiele.de

·    Puccini-fees (Italië): 18 Julie – 20 Augustus: puccinifestival.it

·    Dubrovnik-fees (Kroasië): 10 Julie – 25 Augustus: dubrovnik-festival.hr

·    Drottningholm-fees (Swede): 27 Mei – 9 September: dtm.se

·    Mostly Mozart in die Lincoln-sentrum, New York: 28 Julie – 26 Augustus: lincolncenter.org

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=642
Artikel nagegaan:
    -